Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wend jou tot Jehovah om vertroosting
    Die Wagtoring – 1996 | November 1
    • 14. (a) Watter belofte het Jesus die nag voor sy dood gemaak? (b) Wat moet ons doen as ons ten volle baat wil vind by die vertroosting van God se heilige gees?

      14 Die nag voor sy dood het Jesus aan sy getroue apostels verduidelik dat hy binnekort van hulle sou weggaan en na sy Vader sou terugkeer. Dit het hulle verontrus en bedroef gemaak (Johannes 13:33, 36; 14:27-31). Omdat Jesus besef het dat hulle voortdurend vertroosting nodig het, het hy belowe: “Ek sal die Vader versoek, en hy sal julle ’n ander trooster gee om vir ewig by julle te wees” (Johannes 14:16, voetnoot in naslaanuitgawe). Jesus het hier na God se heilige gees verwys, wat 50 dae ná sy opstanding op sy dissipels uitgestort is.a God se gees het hulle onder meer vertroos tydens hulle beproewinge en hulle versterk om voort te gaan om God se wil te doen (Handelinge 4:31). Maar ons moenie dink dat ons hierdie hulp outomaties ontvang nie. Om ten volle daarby baat te vind, moet elke Christen voortdurend bid vir die vertroostende hulp wat God deur sy heilige gees voorsien.—Lukas 11:13.

  • Wend jou tot Jehovah om vertroosting
    Die Wagtoring – 1996 | November 1
    • a Een van die vernaamste werkinge van God se gees in die eerste eeu was om Christene te salf as aangenome geestelike seuns van God en broers van Jesus (2 Korintiërs 1:21, 22). Maar net 144 000 dissipels van Christus word gesalf (Openbaring 14:1, 3). Vandag het die meeste Christene goedgunstiglik die hoop op ewige lewe in ’n paradysaarde ontvang. Al is hulle nie gesalf nie, ontvang hulle ook die hulp en vertroosting van God se heilige gees.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel