-
Jehovah se gees lei sy volkDie Wagtoring – 1992 | September 15
-
-
Hoe die gees help
9. (a) Hoe is die heilige gees ’n “helper”? (b) Hoe weet ons dat die heilige gees nie ’n persoon is nie? (Sien voetnoot.)
9 Jesus Christus het die heilige gees ’n “helper” genoem. Hy het byvoorbeeld vir sy volgelinge gesê: “Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ’n ander Trooster [“helper”, NW] gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.” Daardie “helper” sou onder andere ’n onderrigter wees, want Christus het belowe: “Die Trooster [“helper”, NW], die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” Die gees sou ook van Christus getuig, en hy het sy dissipels verseker: “Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster [“helper”, NW] nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur.”—Johannes 14:16, 17, 26; 15:26; 16:7.a
10. In watter opsigte is die heilige gees ’n helper?
10 Jesus het op Pinksterdag, 33 G.J., die beloofde heilige gees uit die hemel op sy volgelinge uitgestort (Handelinge 1:4, 5; 2:1-11). As ’n helper het die gees hulle ’n beter begrip van God se wil en voorneme gegee en sy profetiese Woord vir hulle geopen (1 Korinthiërs 2:10-16; Kolossense 1:9, 10; Hebreërs 9:8-10). Daardie helper het Jesus se dissipels ook die krag gegee om getuies tot aan die uiterste van die aarde te wees (Lukas 24:49; Handelinge 1:8; Efesiërs 3:5, 6). Vandag kan die heilige gees ’n toegewyde Christen help om in kennis toe te neem as hy die geestelike voorsienings gebruik wat deur middel van “die getroue en verstandige dienskneg” van God af kom (Mattheüs 24:45-47). God se gees kan help deur die nodige moed en krag te voorsien om as een van Jehovah se knegte te getuig (Mattheüs 10:19, 20; Handelinge 4:29-31). Maar die heilige gees help God se volk ook op ander maniere.
-
-
Jehovah se gees lei sy volkDie Wagtoring – 1992 | September 15
-
-
a Al word die heilige gees as ’n “helper” verpersoonlik, is dit nie ’n persoon nie, want ’n onsydige Griekse voornaamwoord (wat met “dit” vertaal word) word met betrekking tot die gees gebruik. In Hebreeus word vroulike voornaamwoorde eweneens met betrekking tot die verpersoonliking van wysheid gebruik (Spreuke 1:20-33; 8:1-36). Daarbenewens is die heilige gees “uitgestort”, wat nie met ’n persoon gedoen kan word nie.—Handelinge 2:33.
-