Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die nuwe geboorte—Hoe belangrik is dit?
    Die Wagtoring — 2009 | April 1
    • Let op hoe Jesus die belangrikheid van die nuwe geboorte in sy gesprek met Nikodemus beklemtoon het. Hy het gesê: “Tensy iemand weer gebore word, kan hy die koninkryk van God nie sien nie” (Johannes 3:3). Die uitdrukkings “tensy” en “kan . . . nie” beklemtoon die noodsaaklikheid van die nuwe geboorte. Ter toeligting: As iemand sê: “Tensy die son skyn, kan daar nie daglig wees nie”, bedoel hy dat sonskyn absoluut noodsaaklik is vir daglig. Op soortgelyke wyse het Jesus gesê dat wedergeboorte absoluut noodsaaklik is om God se Koninkryk te sien.

  • Die nuwe geboorte—’n Persoonlike besluit?
    Die Wagtoring — 2009 | April 1
    • ’n Noukeurige ondersoek van Jesus se woorde bring aan die lig dat Jesus nie geleer het dat ’n persoon self kan kies of hy die nuwe geboorte gaan ondergaan of nie. Waarom sê ons so? Die Griekse uitdrukking wat vertaal word met “weer gebore word”, kan ook weergegee word as “moet van bo gebore word”.a Volgens hierdie alternatiewe vertaling kom die nuwe geboorte “van bo”—dit wil sê “van die hemel” of “van die Vader” (Johannes 19:11; voetnoot in NW; Jakobus 1:17). Ja, dit word deur God teweeggebring.—1 Johannes 3:9.

  • Die nuwe geboorte—’n Persoonlike besluit?
    Die Wagtoring — 2009 | April 1
    • a Etlike Bybelvertalings gee Johannes 3:3 op hierdie manier weer. Byvoorbeeld, A Literal Translation of the Bible sê: “As iemand nie die geboorte van bo ontvang nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel