Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 4/15 bl. 8-9
  • By die See van Galilea

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • By die See van Galilea
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • By die See van Galilea
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • By die See van Galilea
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Jesus verskyn aan die vissermanne
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Hy het gestry teen vrees en twyfelgedagtes
    Volg hulle geloof na
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 4/15 bl. 8-9

Jesus se lewe en bediening

By die See van Galilea

DIE apostels keer nou na Galilea terug, soos Jesus hulle vroeër opdrag gegee het om te doen. Maar hulle is onseker oor wat hulle daar moet doen. Na ’n rukkie sê Petrus vir Thomas, Natanael, Jakobus en sy broer Johannes en twee ander apostels: “Ek gaan visvang.”

“Ons gaan ook saam met jou”, antwoord die ses.

Gedurende die hele nag vang hulle niks nie. Net toe dit egter begin lig word, verskyn Jesus op die strand, maar die apostels weet nie dat dit Jesus is nie. Hy roep: “My kinders, het julle nie iets om te eet nie?”

“Nee”, skree hulle oor die water terug.

“Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry”, sê hy. En toe hulle dit doen, kan hulle nie hulle net intrek nie omdat daar soveel visse in die net is. “Dit is die Here!” roep Johannes uit. Petrus trek sy bo-kleed aan, duik in die see en swem omtrent negentig meter strand toe. Die ander apostels volg in die skuitjie en sleep die net met visse saam.

Toe hulle op die strand kom, is daar ’n koolvuur met visse wat daarop lê, en daar is brood. “Bring van die visse wat julle nou gevang het”, sê Jesus. Petrus klim in die skuit en trek die net land toe. Daar is 153 groot visse in die net!

“Kom eet”, nooi Jesus.

Nie een van hulle het die moed om te vra: “Wie is u nie?” omdat hulle weet dat dit Jesus is. Dit is Jesus se sewende verskyning ná sy opstanding, en sy derde aan die apostels as ’n groep. Hy bedien nou ontbyt en gee vir elkeen brood en vis.

Toe hulle klaar geëet het, kyk Jesus moontlik na die groot visvangs en vra vir Petrus: “Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier?” Hy bedoel moontlik: Is jy meer geheg aan die vissersbedryf as aan die werk wat ek jou voorberei het om te doen?

“Ja, Here, U weet dat ek U liefhet”, antwoord Petrus.

“Laat my lammers wei”, sê Jesus.

Hy vra hom weer ’n tweede keer: “Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief?”

“Ja, Here, U weet dat ek U liefhet”, antwoord Petrus.

“Pas my skape op”, beveel Jesus weer.

Dan vra hy weer ’n derde keer: “Simon, seun van Jona, het jy My lief?”

Petrus is nou bedroef. Hy wonder dalk of Jesus sy lojaliteit in twyfel trek. Trouens, toe Jesus onlangs verhoor is, het Petrus drie keer ontken dat hy hom ken. Petrus vra dus: “Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet.”

“Laat my skape wei”, beveel Jesus ’n derde keer.

Jesus het Petrus sodoende as ’n spreekbuis gebruik om ook aan die ander te toon hoe belangrik die werk is wat hy wil hê hulle moet doen. Hy sal die aarde binnekort verlaat, en wil hê dat hulle die leiding moet neem om na diegene om te sien wat in God se kudde sal inkom.

Net soos Jesus gebind en tereggestel is omdat hy die werk gedoen het wat God aan hom opgedra het, toon hy nou dat Petrus ’n soortgelyke ondervinding sou deurmaak. “Toe jy jonger was”, sê Jesus vir hom, “het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en ’n ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie.” Ten spyte van die marteldood wat op Petrus wag, spoor Jesus hom aan: “Volg My.”

Toe Petrus omdraai, sien hy vir Johannes en vra: “Here, maar wat van hom?”

“As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom”, antwoord Jesus, “wat gaan dit jou aan? Volg jy My.”

Baie van die dissipels het gemeen dat hierdie woorde van Jesus beteken dat die apostel Johannes nooit sou sterf nie. Maar soos die apostel Johannes later verduidelik het, het Jesus nie gesê dat hy nie sou sterf nie, maar Jesus het net gesê: “As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan?” Johannes 21:1-25; Mattheüs 26:32; 28:7, 10.

◆ Wat toon dat die apostels onseker was oor wat hulle in Galilea moes doen?

◆ Hoe herken die apostels Jesus by die See van Galilea?

◆ Hoeveel keer het Jesus nou sedert sy opstanding verskyn?

◆ Hoe beklemtoon Jesus die werk wat hy wil hê sy apostels moet doen?

◆ Hoe toon Jesus op watter manier Petrus sal sterf?

◆ Watter woorde van Jesus oor Johannes is deur baie van die dissipels verkeerd verstaan?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel