Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lff les 45 punte 1-4
  • Wat dit beteken om neutraal te wees

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat dit beteken om neutraal te wees
  • Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • SOEK DIEPER
  • WAT ONS GELEER HET
  • LEER MEER
  • Bly neutraal in ’n verdeelde wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Waarom bly Jehovah se Getuies polities neutraal?
    Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • “Hulle is geen deel van die wêreld nie”
    Aanbid die enigste ware God
  • Neutrale Christene in die laaste dae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Sien nog
Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
lff les 45 punte 1-4
Les 45. ’n Jong suster staan respekvol tydens die eed van getrouheid maar sy sê dit nie op nie en sy sit ook nie haar hand op haar hart soos die ander leerlinge nie.

LES 45

Wat dit beteken om neutraal te wees

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

Jesus het gesê dat sy volgelinge “geen deel van die wêreld” moet wees nie (Johannes 15:19). Dit sluit in dat hulle neutraal moet wees – dit beteken dat hulle nie kant kies in die wêreld se politiek en oorloë nie. Maar dit is natuurlik nie altyd maklik om neutraal te wees nie. Ons word dalk gespot as gevolg hiervan. Hoe kan ons neutraal bly en altyd lojaal wees aan Jehovah God?

1. Hoe beskou ware Christene menseregerings?

Christene respekteer die regering. Ons doen wat Jesus gesê het en “betaal aan die keiser terug wat aan die keiser behoort” – dit wil sê ons is gehoorsaam aan die wette van die land, soos die wette wat sê dat ons belasting moet betaal (Markus 12:17). Die Bybel leer dat menseregerings net regeer omdat Jehovah hulle toelaat om te regeer (Romeine 13:1). So ons besef dat menseregerings minder gesag as God het. Ons vertrou op ons God en sy hemelse Koninkryk om mense se probleme op te los.

2. Hoe kan ons wys dat ons neutraal is?

Soos Jesus raak ons nie betrokke by die politiek nie. Toe die mense een van Jesus se wonderwerke gesien het en hom hulle koning op die aarde probeer maak het, het hy nie toegelaat dat hulle dit doen nie (Johannes 6:15). Hoekom nie? Want, soos hy later gesê het: “My Koninkryk is geen deel van hierdie wêreld nie” (Johannes 18:36). Net soos Jesus se dissipels wys ons op verskillende maniere dat ons neutraal is. Byvoorbeeld, ons neem nie deel aan oorloë nie. (Lees Miga 4:3.) Ons respekteer nasionale simbole – soos die vlag – maar ons aanbid dit nie (1 Johannes 5:21). En ons kies nie kant vir of teen enige politieke party of kandidaat nie. Op hierdie en ander maniere wys ons dat ons heeltemal lojaal is aan God se regering – sy Koninkryk.

SOEK DIEPER

Kyk na situasies waarin dit dalk vir ons moeilik kan wees om neutraal te bly, en kyk hoe jy besluite kan maak waarmee Jehovah tevrede sal wees.

’n Man bly neutraal. Hy luister nie na die politieke kandidate wat met groepe mense praat nie.

3. Ware Christene is neutraal

Jesus en sy volgelinge het vir ons die voorbeeld gestel. Lees Romeine 13:1, 5-7 en 1 Petrus 2:13, 14. Speel dan die VIDEO, en bespreek die volgende vrae.

VIDEO: Ware Christene is neutraal – Deel 1 (4:28)

  • Hoekom moet ons menseregerings respekteer?

  • Wat is ’n paar maniere hoe ons wys dat ons gehoorsaam is aan hulle?

Gedurende oorloë sê party nasies dalk dat hulle neutraal is, maar hulle ondersteun al twee kante in die oorlog. Wat beteken dit regtig om neutraal te wees? Lees Johannes 17:16. Speel dan die VIDEO, en bespreek die volgende vraag.

VIDEO: Ware Christene is neutraal – Deel 2 (3:11)

  • Wat beteken dit om neutraal te wees?

Wat as ’n regering wil hê dat jy iets moet doen wat teen God se wet is? Lees Handelinge 5:28, 29. Speel dan die VIDEO, en bespreek die volgende vrae.

VIDEO: Ware Christene is neutraal – Deel 3 (1:18)

  • As die wet van mense nie ooreenstem met God se wet nie, aan wie se wet moet ons gehoorsaam wees?

  • Kan jy aan enige situasies dink waarin Christene nie gehoorsaam sal wees aan menseregerings nie?

4. Wees neutraal in wat jy dink en doen

Lees 1 Johannes 5:21. Speel dan die VIDEO, en bespreek die volgende vrae.

VIDEO: Ware Christene het moed nodig – Om neutraal te bly (2:49)

  • Hoekom het Ayenge nie by die politieke party aangesluit nie of deelgeneem aan nasionalistiese seremonies, soos om die vlag te salueer nie?

  • Dink jy dat hy ’n goeie besluit gemaak het?

Watter ander situasies kan ons neutraliteit toets? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

VIDEO: Lesse uit Die Wagtoring – Bly neutraal in ’n verdeelde wêreld (5:16)

  • Hoe kan ons neutraal bly wanneer dit kom by internasionale sportgeleenthede?

  • Hoe kan ons neutraal bly selfs wanneer die besluite van politieke leiers ons persoonlik affekteer?

  • Hoe kan dinge wat ons hoor in die nuus of by mense met wie ons assosieer, ons neutraliteit affekteer?

Collage: 1. ’n Groep mense wat kwaad is, hou plakkate vas en betoog. 2. ’n Man skree opgewonde en hou ’n vlag op by ’n sportgeleentheid. 3. ’n Leerder sê ’n eed van getrouheid op. 4. ’n Soldaat hou ’n masjiengeweer vas. 5. Twee politieke kandidate debatteer. 6. ’n Vrou sit haar stem in ’n stembus.

In watter situasies moet ’n Christen neutraal bly in wat hy dink en doen?

IEMAND VRA DALK: “Hoekom salueer jy nie die vlag nie of sing jy nie die volkslied nie?”

  • Hoe sal jy antwoord?

WAT ONS GELEER HET

Christene werk hard om neutraal te bly wanneer dit kom by wat hulle dink, sê en doen.

Hersiening

  • Wat skuld ons menseregerings?

  • Hoekom kies ons nie kant in die politiek nie?

  • Watter situasies kan ons neutraliteit toets?

Doelwit

LEER MEER

Watter opofferinge moet ons dalk maak om neutraal te bly?

Jehovah het ons nog nooit in die steek gelaat nie 3:14

Wat kan gesinne voor die tyd doen om voor te berei vir toetse van hulle neutraliteit?

Bly neutraal by openbare geleenthede 4:25

Hoekom is die verdediging van ’n persoon se land nie die grootste eer wat hy kan hê nie?

“Vir God is alles moontlik” 5:19

Kyk hoe om geen deel van die wêreld te wees wanneer jy besluite oor werk moet maak nie.

“Elkeen sal sy eie vrag dra” (Die Wagtoring, 15 Maart 2006)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel