Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jy hfst. 55 bl. 134-bl. 135 par. 10
  • Jesus se woorde skok baie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus se woorde skok baie
  • Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Soortgelyke materiaal
  • Baie dissipels hou op om Jesus te volg
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Baie dissipels hou op om Jesus te volg
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • “Die brood van die lewe” is vir almal beskikbaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Die ewige lewe vir jou – Maar hoe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2024
Sien nog
Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
jy hfst. 55 bl. 134-bl. 135 par. 10
Terwyl Jesus met sy 12 apostels praat, kyk Judas vol twyfel weg; ander dissipels begin kla en verlaat Jesus

HOOFSTUK 55

Jesus se woorde skok baie

JOHANNES 6:48-71

  • SY VLEES MOET GEËET WORD EN SY BLOED MOET GEDRINK WORD

  • BAIE STRUIKEL EN HOU OP OM HOM TE VOLG

In ’n sinagoge in Kapernaum leer Jesus mense dat hy die ware brood uit die hemel is. Jesus bou blykbaar voort op wat hy gesê het vir die mense wat teruggekeer het van die oostelike kant van die See van Galilea, dié wat daar van die brood en die vis geëet het.

Jesus gaan verder met sy bespreking en sê: “Julle voorvaders het die manna in die wildernis geëet en tog het hulle gesterf.” In teenstelling hiermee verduidelik hy: “Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As enigiemand van hierdie brood eet, sal hy vir ewig lewe. Die brood wat ek sal gee, is in werklikheid my vlees sodat die wêreld kan lewe.” – Johannes 6:48-51.

In die lente van 30 HJ het Jesus vir Nikodemus gesê dat God die wêreld so liefgehad het dat hy sy Seun as ’n Redder voorsien het. Nou beklemtoon Jesus dat mense sy vlees moet eet deur geloof te beoefen in die offerande wat hy sal bring. Dit is hoe die ewige lewe verkry kan word.

Maar die mense neem aanstoot as gevolg van wat Jesus sê. “Hoe kan hierdie man sy vlees vir ons gee om te eet?” vra hulle (Johannes 6:52). Jesus wil hê hulle moet verstaan dat hy dit figuurlik bedoel, nie letterlik nie. Dit word duidelik uit wat hy daarna sê.

“As julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. Enigiemand wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, . . . want my vlees is ware voedsel, en my bloed is ware drank. Enigiemand wat my vlees eet en my bloed drink, bly in eenheid met my.” – Johannes 6:53-56.

Dink net hoe dit Joodse luisteraars moet aanstoot gee! Hulle dink dalk dat Jesus van kannibalisme praat of sê dat hulle God se wet moet oortree deur bloed te eet (Genesis 9:4; Levitikus 17:10, 11). Maar Jesus sê nie dat hulle letterlik vlees moet eet of bloed moet drink nie. Hy wys dat almal wat die ewige lewe wil hê, geloof moet beoefen in die offerande wat hy gaan maak wanneer hy sy volmaakte menseliggaam opoffer en sy lewensbloed uitstort. Maar selfs baie van sy dissipels verstaan nie wat hy bedoel nie. Party sê: “Hierdie woorde is skokkend! Wie kan daarna luister?” – Johannes 6:60.

Omdat Jesus besef dat party van sy dissipels hieroor kla, sê hy: “Laat dit julle struikel? Wat sal julle dan sê as julle die Seun van die mens sien opvaar na waar hy voorheen was? . . . Die woorde wat ek vir julle gesê het, is gees en lewe. Maar daar is party van julle wat nie glo nie.” Wanneer hy dit sê, verlaat baie dissipels hom en hou hulle op om hom te volg. – Johannes 6:61-64.

Dan vra Jesus sy 12 apostels die volgende vraag: “Wil julle nie dalk ook weggaan nie?” Petrus antwoord: “Here, na wie toe sal ons weggaan? U het woorde van die ewige lewe. Ons het geglo en weet dat u die Heilige van God is” (Johannes 6:67-69). Petrus en die ander apostels bewys hulle lojaliteit, al verstaan hulle op hierdie stadium nie heeltemal wat Jesus hulle oor hierdie saak wil leer nie!

Jesus is bly oor Petrus se antwoord, maar hy sê: “Ek het die twaalf van julle uitgekies, nie waar nie? Tog is een van julle ’n lasteraar” (Johannes 6:70). Jesus praat van Judas Iskariot. Dit is moontlik dat Jesus op hierdie stadium agterkom dat Judas ’n verkeerde weg begin inslaan.

Nogtans maak dit Jesus beslis bly om te weet dat Petrus en die ander apostels nie ontmoedig is om hom te volg en om deel te neem aan die lewensreddende werk wat hy doen nie.

  • Hoe gee Jesus sy vlees aan mense, en hoe kan iemand ‘Jesus se vlees eet’?

  • Hoekom is mense geskok deur wat Jesus oor sy vlees en bloed sê, maar wat beklemtoon hy?

  • Hoe reageer Petrus wanneer baie ophou om Jesus te volg?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel