Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • “Ons moet . . . aan God as heerser gehoorsaam wees”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
    • 7, 8. Watter uitwerking het die engel se opdrag ongetwyfeld op die apostels gehad, en wat kan ons ons gerus afvra?

      7 Terwyl die apostels in die tronk gesit en wag het om verhoor te word, het hulle dalk gewonder of hulle vyande hulle ’n marteldood sou laat sterf (Matt. 24:9). Maar gedurende die nag het iets heeltemal onverwags gebeur – “Jehovah se engel [het] die deure van die tronk oopgemaak” (Hand. 5:19).b Die engel het hulle spesifieke instruksies gegee: “Gaan na die tempel en hou aan om die hele boodskap . . . te verkondig” (Hand. 5:20). Hierdie bevel het die apostels ongetwyfeld verseker dat wat hulle gedoen het, reg was. Die engel se woorde het hulle moontlik ook versterk om standvastig te bly ongeag wat gebeur. Met sterk geloof en groot moed het die apostels “met dagbreek in die tempel ingegaan en die mense begin leer”. – Hand. 5:21.

  • “Ons moet . . . aan God as heerser gehoorsaam wees”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
    • b Dit is die eerste van sowat 20 spesifieke verwysings na engele in die boek Handelinge. Vroeër, in Handelinge 1:10, word daar indirek na engele verwys as “mans in wit klere”.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel