Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hoe om regte Christene te identifiseer
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 3. Watter werk doen regte Christene?

      Jesus het vir sy dissipels werk gegee. “Hy het hulle uitgestuur om die Koninkryk van God te verkondig” (Lukas 9:2). Die vroeë Christene het nie net gepreek in die plekke waar hulle God aanbid het nie, maar ook op ander openbare plekke en by mense se huise. (Lees Handelinge 5:42; 17:17.) Net so preek regte Christene vandag vir mense waar hulle ook al is. Hulle is lief vir ander mense, en daarom gebruik hulle graag hulle tyd en energie om mense te vertel van die Bybel se boodskap van hoop en vertroosting. – Markus 12:31.

  • Hoe word die goeie nuus bekend gemaak?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • Hoe word die goeie nuus bekend gemaak?

      Jehovah sal binnekort, deur middel van sy Koninkryk, al ons probleme wegneem. Hierdie nuus is te goed om vir onsself te hou. Jesus wou hê dat sy volgelinge hierdie boodskap vir almal moet vertel! (Matteus 28:19, 20). Hoe doen Jehovah se Getuies wat Jesus vir sy volgelinge gesê het om te doen?

      1. Hoe sien ons hoe die woorde in Matteus 24:14 vandag waar word?

      Jesus het voorspel: “Hierdie goeie nuus van die Koninkryk sal oor die hele bewoonde aarde verkondig word” (Matteus 24:14). Dit maak Jehovah se Getuies baie gelukkig om hierdie belangrike werk te doen. Ons vertel mense wêreldwyd van die goeie nuus in meer as 1 000 tale! Baie tyd en energie is nodig om hierdie groot werk te doen, en dit moet goed georganiseer word. Dit kan nie sonder Jehovah se hulp gedoen word nie.

      2. Hoe preek ons vir mense?

      Ons preek vir mense waar hulle ook al is. Soos die Christene in die eerste eeu, preek ons “van huis tot huis” (Handelinge 5:42). Omdat ons hierdie deeglike metode gebruik, kan ons elke jaar met miljoene mense praat. Mense is nie altyd by die huis nie, en daarom preek ons ook op baie openbare plekke. Ons soek altyd na geleenthede om mense van Jehovah te vertel, en van alles wat hy in gedagte het vir die mens.

      3. Wie het die verantwoordelikheid om mense van die goeie nuus te vertel?

      Alle regte Christene het die verantwoordelikheid om mense van die goeie nuus te vertel. Ons neem ons verantwoordelikheid ernstig op. Ons preek soveel as wat ons kan omdat ons weet dat dit mense se lewens kan red. (Lees 1 Timoteus 4:16.) Ons word nie betaal om hierdie werk te doen nie, want die Bybel sê: “Julle het verniet ontvang, verniet moet julle gee” (Matteus 10:7, 8). Baie mense luister nie na ons boodskap nie, maar ons hou aan preek, want as ons dit doen, is ons gehoorsaam aan Jehovah en maak ons hom gelukkig.

      SOEK DIEPER

      Leer meer oor hoe Jehovah se Getuies regoor die wêreld preek, en kyk hoe Jehovah ons help.

      A. Twee van Jehovah se Getuies preek vir ’n man op ’n groen heuwel in Costa Rica. B. Jehovah se Getuies preek vir vissermanne by ’n skeepsdok in die Verenigde State. C. Twee van Jehovah se Getuies preek vir ’n man in ’n plattelandse dorpie in Benin. D. ’n Getuie preek vir ’n vrou by ’n drywende mark in Thailand E. Twee van Jehovah se Getuies preek vir ’n vrou voor groot plat klippe in Jap. F. Twee van Jehovah se Getuies preek vir ’n vrou op ’n sypaadjie vol sneeu langs ’n kanaal in Swede.

      Jehovah se Getuies preek regoor die wêreld: (A) Costa Rica, (B) Verenigde State, (C) Benin, (D) Thailand, (E) Jap, (F) Swede

      4. Ons werk hard om alle mense van die goeie nuus te vertel

      Jehovah se Getuies doen baie moeite om mense regoor die wêreld van die goeie nuus te vertel. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

      VIDEO: “Die mees afgeleë deel van die aarde” hoor die goeie nuus (7:33)

      • Wat beïndruk jou oor die moeite wat Jehovah se Getuies doen om te preek?

      Lees Matteus 22:39 en Romeine 10:13-15, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Hoe wys die feit dat ons preek, dat ons lief is vir ander mense?

      • Hoe voel Jehovah oor mense wat ander van die goeie nuus vertel? – Sien vers 15.

      5. Ons werk saam met God

      Baie ondervindinge wys dat Jehovah ons lei wanneer ons preek. Byvoorbeeld, in Nieu-Seeland het ’n broer met die naam Paul ’n vrou ontmoet terwyl hy een middag van huis tot huis gepreek het. Daardie oggend het die vrou tot God gebid en God se naam, Jehovah, gebruik en hom gevra dat iemand haar moet kom besoek. Paul sê: “Drie ure later was ek by haar deur.”

      Lees 1 Korintiërs 3:9, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Hoe wys ondervindinge soos die een in Nieu-Seeland dat Jehovah ons lei wanneer ons preek?

      Lees Handelinge 1:8, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Hoekom het ons Jehovah se hulp nodig om te preek?

      Het jy geweet?

      By elkeen van ons vergaderinge in die week kry ons opleiding wat ons help om te preek. As jy al een van hierdie vergaderinge bygewoon het, wat het jy gedink van hierdie opleiding?

      Twee van Jehovah se Getuies demonstreer gedurende ’n vergadering hoe om die goeie nuus bekend te maak.

      6. Ons is gehoorsaam aan God se opdrag om te preek

      In die eerste eeu het vyande probeer om Jesus se volgelinge te keer om te preek. Vroeë Christene het hulle reg om te preek, verdedig deur “die goeie nuus . . . wetlik [te] bevestig” (Filippense 1:7). Vandag doen Jehovah se Getuies dit ook.a

      Speel die VIDEO.

      VIDEO: Die goeie nuus word wetlik verdedig (2:28)

      Lees Handelinge 5:27-42, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Hoekom sal ons nie ophou preek nie? – Sien vers 29, 38 en 39.

      IEMAND VRA DALK: “Hoekom gaan Jehovah se Getuies van deur tot deur?”

      • Hoe sal jy antwoord?

      WAT ONS GELEER HET

      Jesus het vir sy volgelinge gesê om alle nasies van die goeie nuus te vertel. Jehovah help sy aanbidders om hierdie werk te doen.

      Hersiening

      • Hoe word mense regoor die wêreld van die goeie nuus vertel?

      • Hoe wys die feit dat ons preek, dat ons lief is vir ander mense?

      • Dink jy dat dit ons gelukkig kan maak om te preek? Hoekom?

      Doelwit

      LEER MEER

      Kyk hoe Jehovah se Getuies vir mense in groot stede preek.

      Spesiale metro-getuieniswerk in Parys (5:11)

      Wat het Jehovah se Getuies gedoen om vlugtelinge te help?

      Vlugtelinge se geestelike dors word geles (5:59)

      Luister hoe ’n vrou verduidelik hoekom dit haar gelukkig gemaak het om in die voltydse diens te wees.

      Ek is bly dat ek hierdie loopbaan gekies het (6:29)

      Lees oor party belangrike besluite wat die hof gemaak het wat dit makliker gemaak het om ander van die goeie nuus te vertel.

      “Koninkrykspredikers stel hulle saak in die hof” (God se Koninkryk regeer!, hoofstuk 13)

      a God het ons die opdrag gegee om te preek. Daarom het Jehovah se Getuies nie regerings se toestemming nodig om ander van die goeie nuus te vertel nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel