Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die “reikhalsende verwagting” van die skepping
    Die Wagtoring – 1998 | September 15
    • “Die reikhalsende verwagting van die skepping”

      12, 13. Hoe is die menseskepping “aan nietigheid onderwerp”, en waarna verlang die ander skape?

      12 Het die ander skape ook iets waarvoor hulle met reikhalsende verwagting kan lewe? Hulle het beslis. Nadat Paulus van die glorieryke hoop gepraat het van diegene wat deur Jehovah as sy geesverwekte “seuns” en “mede-erfgename met Christus” in die hemelse Koninkryk aangeneem is, het hy gesê: “Die reikhalsende verwagting van die skepping wag op die openbaring van die seuns van God. Want die skepping is aan nietigheid onderwerp, nie uit eie wil nie, maar deur hom wat dit onderwerp het, op grond van hoop dat die skepping self ook van die slawerny van die verderflikheid vrygemaak sal word en die glorieryke vryheid van die kinders van God sal hê.”—Romeine 8:14-21; 2 Timoteus 2:10-12.

  • Die “reikhalsende verwagting” van die skepping
    Die Wagtoring – 1998 | September 15
    • 14. Wat sal “die openbaring van die seuns van God” behels, en hoe sal dit daartoe lei dat die mensdom “van die slawerny van die verderflikheid vrygemaak” sal word?

      14 Die oorblyfsel van die gesalfde “seuns van God” moet eers ‘geopenbaar’ word. Wat sal dit behels? Op God se bestemde tyd sal dit vir die ander skape duidelik word dat die gesalfdes finaal “verseël” is en verheerlik is om saam met Christus te heers (Openbaring 7:2-4). Die verrese “seuns van God” sal ook ‘geopenbaar’ word wanneer hulle saam met Christus deelneem aan die vernietiging van Satan se goddelose stelsel van dinge (Openbaring 2:26, 27; 19:14, 15). Dan sal hulle, gedurende Christus se Duisendjarige Heerskappy, verder ‘geopenbaar’ word as priesterlike kanale waardeur die voordele van Jesus se losprysofferande ten behoewe van die ‘menseskepping’ aangewend sal word. Dit sal daartoe lei dat die mensdom “van die slawerny van die verderflikheid vrygemaak” sal word en uiteindelik “die glorieryke vryheid van die kinders van God” sal geniet (Romeine 8:21; Openbaring 20:5; 22:1, 2). Met sulke wonderlike vooruitsigte, is dit dan enigsins verbasend dat die ander skape met “reikhalsende verwagting . . . wag op die openbaring van die seuns van God”?—Romeine 8:19.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel