Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wt hfst. 21 bl. 184-191
  • Jehovah se voorneme behaal glorieryke sukses

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah se voorneme behaal glorieryke sukses
  • Aanbid die enigste ware God
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Israel verloor sy begunstigde posisie
  • “Die dinge in die hemele” word byeengebring
  • “Die dinge op die aarde” word byeengebring
  • Wonderlike vryheid lê voor
  • Die God van die “Vredevors” word “alles vir almal”
    Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors”
  • “Kyk, Ek maak alles nuut”
    “Kyk, Ek maak alles nuut”
  • ’n Administrasie om God se voorneme te verwesenlik
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Wat God se Koninkryk gaan doen
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Sien nog
Aanbid die enigste ware God
wt hfst. 21 bl. 184-191

Hoofstuk Een-en-twintig

Jehovah se voorneme behaal glorieryke sukses

1, 2. (a) Wat is Jehovah se voorneme met betrekking tot sy intelligente skepsele? (b) Wie is in God se verenigde gesin van aanbidders ingesluit?

ALLE intelligente skepsele verenig in die aanbidding van die enigste ware God terwyl hulle almal glorieryke vryheid as kinders van God geniet—dit is Jehovah se liefdevolle voorneme. Dit is ook wat liefhebbers van regverdigheid opreg begeer.

2 Jehovah het begin om hierdie wonderlike voorneme te vervul toe hy met sy skeppingswerke begin het. Sy eerste skepping was ’n Seun wat sedert sy opstanding “die weerspieëling van [God se] heerlikheid en die presiese afdruksel van sy wese” is (Hebreërs 1:1-3). Hierdie Seun was uniek, aangesien hy deur God alleen geskep is. Daarna sou alle ander skepsele deur middel van hierdie Seun in aansyn kom: eers die engele in die hemel, dan mense op aarde (Job 38:7; Lukas 3:38). Hulle het almal een universele gesin uitgemaak. Jehovah was vir hulle almal God, die Universele Soewerein en hulle liefdevolle Vader.

3. (a) Wat het ons almal van ons eerste ouers geërf? (b) Watter liefdevolle voorsiening het Jehovah vir Adam se nakomelinge gemaak?

3 Toe ons eerste menseouers as moedswillige sondaars ter dood veroordeel is, is hulle uit Eden gesit en deur God verwerp. Hulle was nie meer ’n deel van sy universele gesin nie (Genesis 3:22-24; Deuteronomium 32:4, 5). Ons almal is hulle nakomelinge, en daarom is ons met sondige neigings gebore. Maar Jehovah het geweet dat party van Adam en Eva se nakomelinge regverdigheid sou liefhê. Hy het dus ’n liefdevolle voorsiening gemaak waarvolgens hulle “die glorieryke vryheid van die kinders van God” kan verkry.—Romeine 8:20, 21.

Israel verloor sy begunstigde posisie

4. Watter voorreg het Jehovah aan eertydse Israel gegee?

4 Sowat 2 500 jaar ná Adam se skepping het Jehovah aan sekere mense die voorreg gegee om ’n spesiale verhouding met Hom te hê. Hy het eertydse Israel gekies om sy volk te wees en sy Wet aan hulle gegee (Genesis 12:1, 2). Hy het hulle ’n nasie gemaak en hulle in ooreenstemming met sy voorneme gebruik (Deuteronomium 14:1, 2; Jesaja 43:1). Maar hulle was nog steeds in slawerny aan sonde en die dood en het dus nie die glorieryke vryheid geniet wat Adam en Eva oorspronklik gehad het nie.

5. Hoe het die Israeliete hulle spesiale posisie voor God verloor?

5 Die Israeliete het nietemin ’n begunstigde posisie voor God gehad. Hulle het ook die verantwoordelikheid gehad om Jehovah as hulle Vader te respekteer en om in ooreenstemming met sy voorneme op te tree. Jesus het beklemtoon hoe belangrik dit was dat hulle daardie verpligting nakom (Matteus 5:43-48). Maar die nasie Israel het dit nie gedoen nie. Hoewel daardie Jode beweer het: “Ons het een Vader, God”, het Jesus gesê dat hulle dade en die gees wat hulle aan die dag gelê het, hierdie bewering weerspreek (Johannes 8:41, 44, 47). In 33 G.J. het God ’n einde gemaak aan die Wet, en Israel se spesiale verhouding met hom het geëindig. Maar het dit beteken dat mense nooit ’n begunstigde verhouding met God kan geniet nie?

“Die dinge in die hemele” word byeengebring

6. Wat is die doel van die “administrasie” wat Paulus in Efesiërs 1:9, 10 genoem het?

6 Die apostel Paulus het getoon dat party onder die mensdom ’n spesiale verhouding met God kan geniet. Aangaande Jehovah se reëling waarvolgens diegene wat geloof beoefen, lede van Sy huishouding kan word, het Paulus byvoorbeeld geskryf: “[God het] die heilige geheim van sy wil aan ons bekend gemaak . . . . Dit is volgens sy welbehae wat hy in homself voorgeneem het om aan die voleinding van die vasgestelde tye ’n administrasie te hê, naamlik om alles weer byeen te bring in die Christus, die dinge in die hemele en die dinge op die aarde” (Efesiërs 1:9, 10). Daar bestaan ’n noue verband tussen hierdie “administrasie” en Jesus Christus. Deur hom word mense in ’n goedgekeurde toestand voor God gebring. ’n Beperkte aantal van hulle het die vooruitsig om in die hemel te wees. Baie meer sal vir ewig op die aarde lewe.

7. Wie is “die dinge in die hemele”?

7 Eerstens is daar vanaf Pinkster 33 G.J. aandag gegee aan “die dinge in die hemele”, dit wil sê diegene wat mede-erfgename met Christus in die hemelse Koninkryk sou wees. Op grond van hulle geloof in die waarde van Jesus se offerande is hulle deur God regverdig verklaar (Romeine 5:1, 2). Uiteindelik het dit Jode en nie-Jode ingesluit, en “die dinge in die hemele” sou 144 000 tel (Galasiërs 3:26-29; Openbaring 14:1). Net ’n oorblyfsel van hulle is nog op aarde.

“Die dinge op die aarde” word byeengebring

8. Wie is “die dinge op die aarde”, en wat is hulle verhouding met Jehovah?

8 Dieselfde administrasie bring ook “die dinge op die aarde” byeen. Miljoene mense word nou byeengebring met die vooruitsig om vir ewig op die aarde te lewe. In eenheid met die oorblyfsel Koninkrykserfgename verheerlik hulle Jehovah se naam en verhef hulle sy aanbidding (Jesaja 2:2, 3; Sefanja 3:9). Hulle spreek Jehovah ook aan as “Vader” omdat hulle hom as die bron van die lewe erken. En hulle geniet ’n goedgekeurde posisie voor hom op grond van hulle geloof in Jesus se vergote bloed (Openbaring 7:9, 14). Maar aangesien hulle nog onvolmaak is, sal hulle eers in die toekoms ten volle as God se kinders erken word.

9. Watter belofte hou Romeine 8:21 vir die mensdom in?

9 Dié met die aardse hoop wag nou gretig op die tyd wanneer die menseskepping “van die slawerny aan die verderflikheid vrygemaak sal word” (Romeine 8:21). Hierdie bevryding sal begin nadat Christus en sy hemelse leërs die groot verdrukking deur middel van die klimaks by Armageddon tot ’n einde bring. Dit sal die vernietiging van Satan se hele goddelose stelsel van dinge beteken, waarop die seëninge van die Duisendjarige Heerskappy van Christus in Koninkryksmag sal volg.—Openbaring 19:17-21; 20:6.

10. Watter loflied sal Jehovah se knegte sing?

10 Hoe opwindend sal dit tog wees wanneer Jehovah se knegte op aarde eensgesind die gevoelens van sy hemelse knegte uitdruk wat met vreugde uitroep: “Groot en wonderbaar is u werke, Jehovah God, die Almagtige. Regverdig en waaragtig is u weë, Koning van die ewigheid. Wie sal u nie werklik vrees nie, Jehovah, en u naam nie verheerlik nie, want u alleen is lojaal? Want al die nasies sal kom en voor u aanbid, omdat u regverdige verordeninge openbaar gemaak is” (Openbaring 15:3, 4). Ja, al Jehovah se knegte sal verenig wees in die aanbidding van die enigste ware God. Selfs die dooies sal opgewek word en die geleentheid gegee word om ook hulle stemme tot lof van Jehovah te verhef.—Handelinge 24:15.

Wonderlike vryheid lê voor

11. Watter wonderlike vryheid sal oorlewendes van die groot verdrukking geniet?

11 Nadat die groot verdrukking, met sy klimaks by Armageddon, die aarde van goddeloosheid gereinig het, sal Satan die Duiwel nie meer “die god van hierdie stelsel van dinge” wees nie. Aanbidders van Jehovah sal nie meer teen Satan se bose invloed hoef te stry nie (2 Korintiërs 4:4; Openbaring 20:1, 2). Valse godsdiens sal Jehovah nie meer verkeerd voorstel en ’n verdelende invloed op die mensegemeenskap hê nie. Knegte van die ware God sal nie meer onregte ondervind en deur menseowerhede uitgebuit word nie. Watter wonderlike vryheid tog!

12. Hoe sal almal van sonde en die gevolge daarvan bevry word?

12 As “die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem”, sal Jesus die waarde van sy offerande aanwend om die sondes van die mensdom uit te wis (Johannes 1:29). Wanneer Jesus iemand se sondes vergewe het toe hy op die aarde was, het hy die een wat vergewe is, genees as bewys daarvan (Matteus 9:1-7; 15:30, 31). Net so sal Christus Jesus, as hemelse Koning van God se Koninkryk, die blindes, die stommes, die dowes, die verminktes en dié met ’n geestesiekte of enige ander kwaal wonderdadig genees (Openbaring 21:3, 4). “Die wet van die sonde” sal vir alle gehoorsame mense nietig verklaar word sodat hulle gedagtes en dade vir hulleself sowel as vir God welgevallig sal wees (Romeine 7:21-23). Hulle sal teen die einde van die Millennium tot menslike volmaaktheid gebring wees, na die ‘beeld en gelykenis’ van die enigste ware God.—Genesis 1:26.

13. Wat sal Christus aan die einde van die Duisendjarige Heerskappy doen, en met watter gevolg?

13 Wanneer Christus die mensdom tot volmaaktheid gebring het, sal hy die gesag wat hy ontvang het om hierdie werk te doen, aan die Vader teruggee: “Hy [sal] die koninkryk aan sy God en Vader oorgee, wanneer hy alle regering en alle gesag en mag tot niet gemaak het. Want hy moet as koning heers totdat God alle vyande onder sy voete gestel het” (1 Korintiërs 15:24, 25). Die Duisendjarige Heerskappy van die Koninkryk sal sy doel ten volle bereik het; hierdie sekondêre regering sal dus nie langer tussen Jehovah en die mens nodig wees nie. En aangesien sonde en die dood heeltemal verwyder en die mensdom losgekoop sal wees, sal dit nie meer vir Jesus nodig wees om as Verlosser op te tree nie. Die Bybel verduidelik: “Dan sal die Seun self hom ook onderwerp aan die Een wat alles aan hom onderwerp het, sodat God alles vir elkeen kan wees.”—1 Korintiërs 15:28.

14. Waaraan sal alle volmaakte mense onderwerp word, en waarom?

14 Hierna sal die volmaakte mensdom die geleentheid gegee word om te toon dat dit hulle keuse is om die enigste ware God vir ewig te dien. Gevolglik sal Jehovah, voordat hy al daardie volmaakte mense in die volste sin as sy kinders aanneem, hulle aan ’n finale toets onderwerp. Satan en sy demone sal uit die afgrond vrygelaat word. Dit sal diegene wat Jehovah waarlik liefhet, geen blywende skade berokken nie. Maar almal wat dislojaal is en toelaat dat hulle oorgehaal word om ongehoorsaam aan Jehovah te wees, sal vir ewig vernietig word, saam met die oorspronklike rebel en sy demone.—Openbaring 20:7-10.

15. Watter situasie sal weer eens onder al Jehovah se intelligente skepsele bestaan?

15 Jehovah sal dan al die volmaakte mense wat God se soewereiniteit gedurende daardie finale toets ondersteun het, as sy kinders aanneem. Van daardie tyd af sal hulle as deel van God se universele gesin die glorieryke vryheid van die kinders van God ten volle geniet. Alle intelligente skepsele in die hemel en op aarde sal weer eens verenig wees in die aanbidding van hom as die enigste ware God. Jehovah se voorneme sal glorieryke sukses behaal het! Wil jy ’n deel wees van daardie gelukkige, ewige, universele gesin? Indien wel, spoor ons jou aan om ter harte te neem wat die Bybel in 1 Johannes 2:17 sê: “Die wêreld gaan verby en so ook sy begeerte, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.”

Hersieningsbespreking

• Watter verhouding het alle aanbidders van Jehovah voor die opstand in Eden met hom gehad?

• Watter verantwoordelikheid rus op diegene wat God se knegte is?

• Wie sal nog kinders van God word, en hoe hou dit verband met Jehovah se voorneme met betrekking tot verenigde aanbidding?

[Prent op bladsy 190]

Gehoorsame mense sal die lewe op ’n aardwye paradys geniet

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel