-
Jehovah se voorneme behaal glorieryke suksesAanbid die enigste ware God
-
-
Wonderlike vryheid lê voor
11. Watter wonderlike vryheid sal oorlewendes van die groot verdrukking geniet?
11 Nadat die groot verdrukking, met sy klimaks by Armageddon, die aarde van goddeloosheid gereinig het, sal Satan die Duiwel nie meer “die god van hierdie stelsel van dinge” wees nie. Aanbidders van Jehovah sal nie meer teen Satan se bose invloed hoef te stry nie (2 Korintiërs 4:4; Openbaring 20:1, 2). Valse godsdiens sal Jehovah nie meer verkeerd voorstel en ’n verdelende invloed op die mensegemeenskap hê nie. Knegte van die ware God sal nie meer onregte ondervind en deur menseowerhede uitgebuit word nie. Watter wonderlike vryheid tog!
12. Hoe sal almal van sonde en die gevolge daarvan bevry word?
12 As “die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem”, sal Jesus die waarde van sy offerande aanwend om die sondes van die mensdom uit te wis (Johannes 1:29). Wanneer Jesus iemand se sondes vergewe het toe hy op die aarde was, het hy die een wat vergewe is, genees as bewys daarvan (Matteus 9:1-7; 15:30, 31). Net so sal Christus Jesus, as hemelse Koning van God se Koninkryk, die blindes, die stommes, die dowes, die verminktes en dié met ’n geestesiekte of enige ander kwaal wonderdadig genees (Openbaring 21:3, 4). “Die wet van die sonde” sal vir alle gehoorsame mense nietig verklaar word sodat hulle gedagtes en dade vir hulleself sowel as vir God welgevallig sal wees (Romeine 7:21-23). Hulle sal teen die einde van die Millennium tot menslike volmaaktheid gebring wees, na die ‘beeld en gelykenis’ van die enigste ware God.—Genesis 1:26.
13. Wat sal Christus aan die einde van die Duisendjarige Heerskappy doen, en met watter gevolg?
13 Wanneer Christus die mensdom tot volmaaktheid gebring het, sal hy die gesag wat hy ontvang het om hierdie werk te doen, aan die Vader teruggee: “Hy [sal] die koninkryk aan sy God en Vader oorgee, wanneer hy alle regering en alle gesag en mag tot niet gemaak het. Want hy moet as koning heers totdat God alle vyande onder sy voete gestel het” (1 Korintiërs 15:24, 25). Die Duisendjarige Heerskappy van die Koninkryk sal sy doel ten volle bereik het; hierdie sekondêre regering sal dus nie langer tussen Jehovah en die mens nodig wees nie. En aangesien sonde en die dood heeltemal verwyder en die mensdom losgekoop sal wees, sal dit nie meer vir Jesus nodig wees om as Verlosser op te tree nie. Die Bybel verduidelik: “Dan sal die Seun self hom ook onderwerp aan die Een wat alles aan hom onderwerp het, sodat God alles vir elkeen kan wees.”—1 Korintiërs 15:28.
14. Waaraan sal alle volmaakte mense onderwerp word, en waarom?
14 Hierna sal die volmaakte mensdom die geleentheid gegee word om te toon dat dit hulle keuse is om die enigste ware God vir ewig te dien. Gevolglik sal Jehovah, voordat hy al daardie volmaakte mense in die volste sin as sy kinders aanneem, hulle aan ’n finale toets onderwerp. Satan en sy demone sal uit die afgrond vrygelaat word. Dit sal diegene wat Jehovah waarlik liefhet, geen blywende skade berokken nie. Maar almal wat dislojaal is en toelaat dat hulle oorgehaal word om ongehoorsaam aan Jehovah te wees, sal vir ewig vernietig word, saam met die oorspronklike rebel en sy demone.—Openbaring 20:7-10.
15. Watter situasie sal weer eens onder al Jehovah se intelligente skepsele bestaan?
15 Jehovah sal dan al die volmaakte mense wat God se soewereiniteit gedurende daardie finale toets ondersteun het, as sy kinders aanneem. Van daardie tyd af sal hulle as deel van God se universele gesin die glorieryke vryheid van die kinders van God ten volle geniet. Alle intelligente skepsele in die hemel en op aarde sal weer eens verenig wees in die aanbidding van hom as die enigste ware God. Jehovah se voorneme sal glorieryke sukses behaal het! Wil jy ’n deel wees van daardie gelukkige, ewige, universele gesin? Indien wel, spoor ons jou aan om ter harte te neem wat die Bybel in 1 Johannes 2:17 sê: “Die wêreld gaan verby en so ook sy begeerte, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.”