Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 2/15 bl. 3-4
  • Het God reeds ons lot bepaal?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het God reeds ons lot bepaal?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Voorbeskikking—Wat die woord beteken
  • Augustinus, die vader van voorbeskikking
  • Augustinus se opvolgers
  • Voorbeskikking of wilsvryheid?
  • Kan voorbeskikking met God se liefde versoen word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Is ons toekoms vooraf bepaal?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Is jou lewe voorbeskik?
    Ontwaak!—2007
  • Is dit werklik “net die noodlot”?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 2/15 bl. 3-4

Het God reeds ons lot bepaal?

“SOVEEL denkbeeldige probleme sal verhoed word as die term voorbeskikking, wat dikwels verkeerd verstaan word, glad nie gebruik word nie.” Jy wonder dalk waarom, as jy die woord “voorbeskikking” al gebruik of gehoor het.

Volgens die nuwe Franse Katolieke ensiklopedie Théo is dit goed as ons nie die woord “voorbeskikking” gebruik nie. ’n Ander boek sê: “Vandag is voorbeskikking nie meer die middelpunt van teologiese debatte nie, blykbaar nie eers vir die meeste Protestante nie.”

Tog het die kwessie van voorbeskikking baie mense deur die geskiedenis heen gekwel. Dit was die middelpunt van die geskil wat tot die Hervorming gelei het, en selfs binne die Katolieke Kerk was die onderwerp eeue lank ’n geskilpunt. Hoewel dit vandag nie meer so ’n groot geskilpunt is nie, bly dit steeds ’n probleem. Wie sal nie wil weet of sy lot vooraf bepaal is nie?

Voorbeskikking—Wat die woord beteken

Wat beteken die woord “voorbeskikking” in die kerke? Volgens die Dictionnaire de théologie catholique is dit “die Goddelike besluit om sekeres, wat by name genoem word, na die ewige lewe te lei”. Die algemene mening is dat die uitverkorenes, “wat by name genoem word”, dié is na wie die apostel Paulus as volg in sy brief aan die Romeine verwys: “Ons weet dat God al sy werke ten goede laat saamwerk vir dié wat God liefhet, dié wat volgens sy voorneme die geroepenes is; want dié wat hy eerste erken het, het hy ook voorbestem om na die beeld van sy Seun gevorm te word . . . Daarbenewens is dié wat hy voorbestem het diegene wat hy ook geroep het; en dié wat hy geroep het, is diegene wat hy ook as regverdig verklaar het. Laastens is dié wat hy regverdig verklaar het diegene wat hy ook verheerlik het.”—Romeine 8:28-30, NW.

Party mense is glo selfs voor hulle geboorte deur God uitverkies met die doel om aan Christus se heerlikheid in die hemele deel te hê. Dit laat die vraag ontstaan wat al lank ’n geskilpunt is: Kies God na willekeur wie hy wil red, of het die mens wilsvryheid en ’n aandeel daaraan om God se guns te verkry en te behou?

Augustinus, die vader van voorbeskikking

Hoewel ander Kerkvaders vroeër oor voorbeskikking geskryf het, word Augustinus (354-430 G.J.) oor die algemeen beskou as die een wat die grondslag van die leerstelling vir Katolieke sowel as Protestantse kerke gelê het. Volgens Augustinus is die regverdiges van ewigheid af deur God voorbestem om ewige seëninge te ontvang. Daarenteen sal die onregverdiges, hoewel hulle nie in die volle sin van die woord deur God voorbestem is nie, die welverdiende straf vir hulle sondes, naamlik veroordeling, ontvang. Augustinus se verduideliking het nie juis vir wilsvryheid voorsiening gemaak nie en het dus die deur vir baie geskille geopen.

Augustinus se opvolgers

Die geskil oor voorbeskikking en wilsvryheid het gedurende die Middeleeue gereeld opgeduik en het gedurende die Hervorming ’n kritieke punt bereik. Luther het individuele voorbeskikking gesien as God se vrye keuse, sonder dat Hy die toekomstige verdienste of goeie werke van die uitverkorenes vooruitsien. Calvyn het tot ’n radikaler slotsom gekom met sy idee van tweevoudige voorbeskikking: Party word tot ewige redding voorbeskik en ander tot ewige veroordeling. Calvyn het God se keuse egter ook as willekeurig, selfs onverstaanbaar, beskou.

Die kwessie van voorbeskikking en die nou verwante saak van “genade”—’n woord wat die kerke gebruik om die handeling aan te dui waardeur God mense red en regverdig verklaar—het sulke afmetings aangeneem dat die Katolieke Heilige Stoel in 1611 beveel het dat niks sonder sy toestemming oor die onderwerp gepubliseer mag word nie. Binne die Katolieke Kerk het die Franse Janseniste van die 17de en 18de eeu Augustinus se leer kragtig gesteun. Hulle het ’n baie streng en verhewe vorm van die Christelike godsdiens voorgestaan en het selfs onder die adel volgelinge gehad. Maar die saak was steeds ’n groot geskilpunt. Koning Lodewyk XIV het beveel dat die klooster van Port-Royal, die bakermat van Jansenistiese denke, vernietig word.

Binne die Protestantse Hervormde kerke was dit nog lank nie die einde van die bespreking nie. Soos ander het die Remonstrante, wat volgelinge van Jacobus Arminius was, geglo dat die mens ’n rol in sy eie redding speel. Die Protestantse Dordtse Sinode (1618-19) het die geskil tydelik bygelê toe dit ’n eng vorm van Calvinistiese regsinnigheid aangeneem het. Volgens die boek L’Aventure de la Réforme—Le monde de Jean Calvin het hierdie onenigheid oor voorbeskikking en wilsvryheid in Duitsland ’n lang tydperk van “tevergeefse pogings tot versoening sowel as beledigings, inhegtenisnemings en die afsetting van teoloë” tot gevolg gehad.

Voorbeskikking of wilsvryheid?

Van die begin af het hierdie twee heeltemal teenstellende idees, voorbeskikking en wilsvryheid, talle hewige konflikte laat ontstaan. Augustinus self kon nie hierdie onversoenlikheid verklaar nie. Calvyn het dit ook as ’n blyk van God se soewereine wil en derhalwe as onverklaarbaar beskou.

Maar help die Bybel se openbaring van God se eienskappe en persoonlikheid ons om hierdie sake beter te verstaan? Die volgende artikel sal hierdie gedagtes breedvoerig bespreek.

[Prente op bladsy 4]

Calvyn

Luther

Jansen

[Erkenning]

Pictures: Bibliothèque Nationale, Paris

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel