Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lff les 47 punte 1-7
  • Is jy gereed om gedoop te word?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is jy gereed om gedoop te word?
  • Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • SOEK DIEPER
  • WAT ONS GELEER HET
  • LEER MEER
  • Doop – ’n Wonderlike doelwit!
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Is jy reg om gedoop te word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Moet ek my lewe aan God toewy en gedoop word?
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Doop — ’n Vereiste vir Christene
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
Sien nog
Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
lff les 47 punte 1-7
Les 47. ’n Bybelstudent dink daaraan om gedoop te word terwyl hy kyk hoe ’n ander man by ’n byeenkoms gedoop word.

LES 47

Is jy gereed om gedoop te word?

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

Jy het baie dinge oor Jehovah geleer deur jou studie van die Bybel. Jy het heel moontlik ’n paar veranderinge gemaak om toe te pas wat jy geleer het. Maar daar is dalk iets wat keer dat jy jou aan Jehovah toewy en gedoop word. Hierdie les sal ’n paar algemene dinge bespreek wat kan keer dat jy gedoop word en hoe jy dit kan oorkom.

1. Hoe baie moet jy weet voordat jy gedoop word?

Om gedoop te word, moet jy “akkurate kennis van die waarheid” hê (1 Timoteus 2:4). Dit beteken nie dat jy die antwoord op elke Bybelvraag moet ken voordat jy gedoop word nie. Selfs Christene wat al lank gedoop is, hou aan leer (Kolossense 1:9, 10). Maar jy moet die basiese leringe in die Bybel verstaan. Ouermanne in die gemeente sal jou help om uit te vind of jy genoeg kennis het.

2. Wat is ’n paar dinge wat jy moet doen voordat jy gedoop kan word?

Voordat jy gedoop kan word, moet jy “berou [toon] en [omdraai]”. (Lees Handelinge 3:19.) Dit beteken dat jy baie jammer voel oor enige verkeerde dinge wat jy in die verlede gedoen het en dat jy Jehovah vra om jou te vergewe. Jy is ook heeltemal vasbeslote om nie verkeerde dinge te doen nie en om op ’n manier te lewe wat God gelukkig maak. En jy begin vergaderinge bywoon en saam met die gemeente preek.

3. Hoekom moet jy nie bang wees om jou te laat doop nie?

Party is bang dat hulle nie sal kan doen wat hulle Jehovah belowe het nie. Dit is so dat jy soms foute sal maak, net soos lojale mans en vrouens wat in die Bybel genoem word. Maar Jehovah verwag nie dat sy aanbidders volmaak moet wees nie. (Lees Psalm 103:13, 14.) Dit maak hom gelukkig wanneer jy jou bes doen! Hy sal jou help. Om die waarheid te sê, Jehovah verseker ons dat niks “ons sal kan skei van [sy] liefde” nie. – Lees Romeine 8:38, 39.

SOEK DIEPER

Kyk hoe jy enige iets wat jou keer om gedoop te word, kan oorkom as jy Jehovah beter leer ken en sy hulp aanvaar.

Collage: ’n Jong vrou oorkom dinge wat keer dat sy gedoop word. Tonele word herhaal in hierdie les.

4. Leer ken Jehovah beter

Die vrou studeer die Bybel met een van Jehovah se Getuies.

Hoe goed moet jy Jehovah ken voordat jy gedoop word? Jy moet hom goed genoeg ken sodat jy hom kan liefhê en hom gelukkig wil maak. Speel die VIDEO om te sien hoe Bybelstudente regoor die wêreld dit gedoen het. Bespreek dan die volgende vraag.

VIDEO: Die pad na toewyding en doop (3:56)

  • Wat het party mense in die video gehelp om gereed te wees om gedoop te word?

Lees Romeine 12:2, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Is daar enige iets in die Bybel waaroor jy twyfel, of twyfel jy dalk of Jehovah se Getuies die waarheid leer?

  • As dit so is, wat kan jy daaroor doen?

5. Oorkom dinge wat kan keer dat jy gedoop word

Die vrou sit ’n Bybel in haar sak terwyl haar ma haar skel.

Wanneer ons besluit om onsself aan Jehovah toe te wy en gedoop te word, sal daar dinge wees wat dit vir ons moeilik maak. Om ’n voorbeeld te sien, speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

VIDEO: Liefde vir Jehovah kan alles oorwin (5:22)

  • Watter dinge moes Narangerel oorkom om Jehovah te dien?

  • Hoe het liefde vir Jehovah haar gehelp om dit te doen?

Lees Spreuke 29:25 en 2 Timoteus 1:7, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wat gee ons die moed om moeilike dinge te oorkom?

6. Vertrou dat Jehovah jou sal help

Die vrou preek vir ’n ouer vrou. Haar Bybelstudiehouer doen saam met haar velddiens.

Jehovah sal jou help om dinge te doen wat hom gelukkig maak. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vrae.

VIDEO: Jehovah God sal jou help (2:50)

  • Wat het die Bybelstudent in die video gekeer om hom te laat doop?

  • Wat het hy geleer wat hom gehelp het om meer op Jehovah te vertrou?

Lees Jesaja 41:10, 13, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoekom kan jy seker wees dat jy die belofte kan nakom wat jy by jou toewyding maak?

7. Kry meer waardering vir Jehovah se liefde

Die vrou bid alleen.

Hoe meer jy dink aan hoe lief Jehovah vir jou is, hoe dankbaarder sal jy wees en hoe meer sal jy hom vir ewig wil dien. Lees Psalm 40:5, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Watter seëninge van Jehovah waardeer jy die meeste?

Die profeet Jeremia was lief vir Jehovah en sy Woord, en hy was baie dankbaar vir die eer om Jehovah se naam te dra. Hy het gesê: “U woord het vir my die vreugde en die blydskap van my hart geword, want u naam is oor my uitgeroep, o Jehovah, God” (Jeremia 15:16). Beantwoord hierdie vrae:

  • Hoekom is dit ’n spesiale voorreg om een van Jehovah se Getuies te wees?

  • Wil jy as een van Jehovah se Getuies gedoop word?

  • Is daar enige iets wat keer dat jy dit doen?

  • Wat dink jy moet jy doen om die doelwit te bereik om gedoop te word?

Die vrou word gedoop.

PARTY MENSE SÊ: “Ek is bang dat ek nie alles sal kan doen wat ek by my doop sal belowe om te doen nie.”

  • Is dit hoe jy voel?

WAT ONS GELEER HET

Met Jehovah se hulp kan jy enige iets oorkom wat jou keer om gedoop te word.

Hersiening

  • Hoeveel Bybelkennis het jy nodig om gedoop te word?

  • Watter veranderinge sal jy dalk moet maak voordat jy gedoop kan word?

  • Hoekom moet jy nie bang wees om jou te laat doop nie?

Doelwit

LEER MEER

Kyk wat die rede moet wees hoekom jy gedoop wil word.

“Is jy reg om gedoop te word?” (Die Wagtoring, Maart 2020)

Leer hoe om spesifieke dinge te oorkom wat kan keer dat jy gedoop word.

“Wat keer my om gedoop te word?” (Die Wagtoring, Maart 2019)

Kyk hoe een man dit reggekry het om groot veranderinge te maak sodat hy gedoop kan word.

‘Hoekom wag jy om gedoop te word?’ (1:10)

’n Man met die naam Ataa wou eers nie gedoop word nie. Kyk wat hom oortuig het om hierdie belangrike stap te neem.

Verdien ek dit regtig? (7:21)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel