Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g20 nr. 3 bl. 6-7
  • Wys meegevoel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wys meegevoel
  • Ontwaak! – 2020
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die probleem
  • Bybelwaarheid
  • Hoe dit help om meegevoel te wys
  • Wat jy kan doen
  • Empatie—Die sleutel tot goedhartigheid en medelye
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Betoon meegevoel
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
  • Het God meegevoel met jou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2018
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met empatie
    Ons Koninkryksbediening—1986
Sien nog
Ontwaak! – 2020
g20 nr. 3 bl. 6-7
’n Kaukasiese man en ’n Sikh-man sit langs mekaar op ’n vliegtuig. Hulle gesels lekker met mekaar.

Wys meegevoel

Die probleem

As ons te veel fokus op hoe anders mense as ons is, kan ons begin dink dat sulke verskille foute of swakhede is. So dit sal maak dat ons neersien op mense wat anders as ons is. As ons hierdie negatiewe opinie van ander mense ontwikkel, word dit moeilik om meegevoel te wys. As ons nie meegevoel het nie, kan dit ’n simptoom wees van ’n groter probleem – diskriminasie.

Bybelwaarheid

“Wees bly saam met mense wat bly is. Huil saam met mense wat huil.” – ROMEINE 12:15.

Wat beteken dit? Hierdie waarheid kan in twee woorde opgesom word – wys meegevoel. Meegevoel is die vermoë om jouself in iemand anders se skoene te sit en te voel wat hy voel.

Hoe dit help om meegevoel te wys

Wanneer ons meegevoel met iemand het, besef ons dat ons eintlik baie dieselfde is. Ons kom dalk agter dat die persoon dieselfde as ons voel en reageer. Meegevoel help ons om te sien dat alle mense, maak nie saak wat hulle agtergrond is nie, dieselfde is. Hoe meer ons fokus op wat ons met ander in gemeen het, hoe minder sal ons geneig wees om ’n negatiewe opinie van hulle te hê.

Meegevoel sal ons ook help om ander te respekteer. Anne-Marie, van Senegal, het neergesien op ’n groep mense wat deur ander as minderwaardig beskou word. Sy verduidelik hoe meegevoel haar gehelp het: “Toe ek sien hoe baie daardie mense swaarkry, het ek gedink oor hoe ek sou voel as ek in hulle skoene was. As gevolg hiervan het ek besef dat ek nie beter as daardie mense is nie. Ek het niks gedoen wat my beter as hulle gemaak het nie.” So as ons probeer om ander se probleme te verstaan, sal ons meer geneig wees om meegevoel met hulle te hê eerder as om hulle te kritiseer.

Wat jy kan doen

As jy ’n negatiewe opinie van ’n groep mense het, probeer eerder verstaan op watter maniere julle dieselfde is. Byvoorbeeld, stel jou voor hoe hulle voel wanneer hulle

Meegevoel help ons om te sien dat alle mense dieselfde is

  • ’n ete saam met hulle gesin geniet

  • heel dag hard gewerk het

  • tyd met vriende spandeer

  • na hulle gunsteling musiek luister

Volgende, probeer jouself in hulle posisie sit. Vra jou af:

  • ‘Hoe sou ek reageer as iemand my waardeloos laat voel?’

  • ‘Hoe sou ek voel as ander my oordeel nog voordat hulle my leer ken het?’

  • ‘Hoe sou ek deur ander behandel wou word as ek deel was van daardie groep?’

Dieselfde Kaukasiese man en Sikh-man wys vir mekaar foto’s van dinge wat hulle in gemeen het, soos familie, sport wat hulle speel en werk.

Werklike voorbeeld: Robert (Singapoer)

“In die verlede het ek gedink dat dowe mense vreemd is, nie slim is nie en oorsensitief is. Daarom het ek hulle vermy. Maar ek het nie gedink dat ek teen hulle diskrimineer nie omdat dit nie gelyk het asof dit iemand seermaak nie.

“Om meegevoel vir dowe mense te hê, het my gehelp om nie teen hulle te diskrimineer nie. Byvoorbeeld, ek was onder die indruk dat dowe mense nie baie intelligent is nie, want wanneer ek met hulle gepraat het, het hulle net vir my gestaar. So ek het my probeer indink hoe ek sou voel as ek nie kon hoor wanneer iemand met my praat nie. Natuurlik sou ek net vir hulle gestaar het! Selfs al het ek ’n gehoorstuk gehad, sou my gesigsuitdrukking dalk gewys het dat ek sukkel om te verstaan wanneer ek eintlik sukkel om te hoor.

“Wanneer ek myself in ’n dowe persoon se skoene sit, verdwyn my diskriminasie soos mis voor die son.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel