Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w00 3/15 bl. 29
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om woede—joune en ander s’n—die hoof te bied
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Wat sê die Bybel oor woede?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • God se dag van wraak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • ‘Wees vreedsaam teenoor alle mense’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
w00 3/15 bl. 29

Vrae van lesers

Het die apostel Paulus in Romeine 12:9 getoon dat Christene nie toornig moet word nie, toe hy gesê het: “Moet julle nie wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die gramskap”?

Streng gesproke, nee. Die apostel Paulus het hier na God se gramskap verwys. Dit beteken natuurlik nie dat dit nie saak maak of Christene kwaad word of nie. Die Bybel vermaan ons beslis om nie toornig te word nie. Kyk byvoorbeeld na die volgende raad van God af.

“Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig” (Psalm 37:8). “Elkeen wat toornig bly op sy broer [sal] aan die geregshof rekenskap . . . moet gee” (Matteus 5:22). “Die werke van die vlees is openbaar, en hulle is hoerery, onreinheid, losbandige gedrag, afgodery, die beoefening van spiritisme, vyandskappe, twis, jaloesie, vlae van toorn” (Galasiërs 5:19, 20). “Laat alle kwaadwillige bitterheid en toorn en gramskap en geskreeu en smadende taal van julle af weggeneem word” (Efesiërs 4:31). “Elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig ten opsigte van gramskap” (Jakobus 1:19). Daarbenewens waarsku die boek Spreuke ons herhaaldelik daarteen om toornig te word of geneig te wees om kwaad te raak oor geringe oortredings en menslike tekortkominge.—Spreuke 12:16; 14:17, 29; 15:1; 16:32; 17:14; 19:11, 19; 22:24; 25:28; 29:22.

Die konteks van Romeine 12:19 stem ooreen met hierdie raad. Paulus het gesê dat ons liefde sonder huigelary moet wees, dat ons diegene moet seën wat ons vervolg, dat ons moet probeer om goed te dink van ander, dat ons nie kwaad vir kwaad moet vergeld nie en dat ons daarna moet streef om vreedsaam teenoor almal te wees. Hy het ons vervolgens aangespoor: “Moet julle nie wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die gramskap; want daar staan geskrywe: ‘Die wraak is myne; ek sal vergeld, sê Jehovah.’”—Romeine 12:9, 14, 16-19.

Ja, ons moet nie toelaat dat woede ons beweeg om wraak te neem nie. Ons kennis van situasies en ons regsgevoel is onvolmaak. As ons toelaat dat woede ons beweeg om wraak te neem, sal ons dikwels sondig. Dit sal die oogmerke van God se Teenstander, die Duiwel, bevorder. Paulus het op ’n ander plek geskryf: “Wees toornig, en moet nogtans nie sondig nie; laat die son nie ondergaan terwyl julle in ’n ergerlike gemoedstemming is nie, en moet ook nie plek toelaat vir die Duiwel nie.”—Efesiërs 4:26, 27.

Dit is beter, en verstandiger, om dit aan God oor te laat om te besluit wanneer en op wie wraak geneem moet word. Hy kan dit doen met kennis van al die feite, en enige vergelding wat hy bring, sal sy volmaakte geregtigheid weerspieël. Ons kan sien dat dit die punt is wat Paulus in Romeine 12:19 maak wanneer ons daarop let dat hy na Deuteronomium 32:35, 41 verwys het, wat hierdie woorde insluit: “My kom die wraak toe en die vergelding.” (Vergelyk Hebreërs 10:30.) Al verskyn die woorde “van God” nie in die Griekse teks nie, het talle hedendaagse vertalers dit in Romeine 12:19 ingevoeg. Dit lei tot vertalings soos “laat God wraak neem” (The Contemporary English Version); “gee plek vir die gramskap van God” (American Standard Version); “laat God straf as hy wil” (The New Testament in Modern English); “laat plek vir Goddelike vergelding”.—The New English Bible.

Selfs al word ons deur vyande van die waarheid mishandel of vervolg, kan ons vertroue openbaar in die beskrywing van Jehovah God wat Moses gehoor het: “HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie.”—Exodus 34:6, 7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel