Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hou aan wandel in Jehovah se weg
    Die Wagtoring – 1999 | Mei 15
    • 6, 7. By watter geleenthede het die Israeliete afgedwaal hoewel hulle aanbidders van Jehovah God was, en waarom?

      6 Dit het inderdaad met eertydse Israel gebeur, soos Paulus getoon het. Hy het geskryf: “Hierdie dinge het voorbeelde vir ons geword, dat ons nie mense moet wees wat skadelike dinge begeer, net soos hulle dit begeer het nie. Moet ook nie, soos party van hulle, afgodedienaars word nie; net soos daar geskrywe staan: ‘Die volk het gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om ’n vrolike tyd te hê.’ Laat ons ook nie hoerery beoefen, soos party van hulle hoerery gepleeg het nie, sodat hulle geval het, drie-en-twintigduisend van hulle op een dag.”—1 Korintiërs 10:6-8.

      7 Paulus verwys eerstens na die keer toe Israel aan die voet van die berg Sinai ’n goue kalf aanbid het (Exodus 32:5, 6). Dit was lynreg in stryd met ’n opdrag van God wat hulle net ’n paar weke tevore gesê het hulle sal gehoorsaam (Exodus 20:4-6; 24:3). Daarna verwys Paulus na die keer toe Israel saam met die dogters van Moab voor Baäl neergebuig het (Numeri 25:1-9). Kalfaanbidding is deur oordrewe selfbevrediging gekenmerk, “om ’n vrolike tyd te hê”.a Baälaanbidding het met skaamtelose geslagsonsedelikheid gepaardgegaan (Openbaring 2:14). Waarom het die Israeliete hierdie sondes gepleeg? Omdat hulle toegelaat het dat hulle hart “skadelike dinge begeer”—hetsy dit die afgodediens of die losbandige gebruike was wat daarmee gepaardgegaan het.

      8. Wat kan ons uit Israel se ondervindinge leer?

      8 Paulus het getoon dat ons uit hierdie gebeure moet leer. Wat moet ons leer? Dit is hoogs onwaarskynlik dat ’n Christen voor ’n goue kalf of ’n Moabitiese god van die ou tyd sal buig. Maar wat van onsedelikheid of onbeheerste selfbevrediging? Hierdie dinge is vandag algemeen, en as ons toelaat dat ’n begeerte hierna in ons hart ontwikkel, sal dit tussen ons en Jehovah kom. Die gevolg sal dieselfde wees soos om afgodediens te beoefen—vervreemding van God. (Vergelyk Kolossense 3:5; Filippense 3:19.) Trouens, Paulus sluit sy bespreking van hierdie gebeure af deur sy medegelowiges te vermaan: “Vlug vir die afgodery.”—1 Korintiërs 10:14.

  • Hou aan wandel in Jehovah se weg
    Die Wagtoring – 1999 | Mei 15
    • a Met verwysing na die Griekse woord wat hier met ‘’n vrolike tyd hê’ vertaal word, sê ’n kommentator dat dit na die danse verwys wat deel van heidense feeste was, en hy voeg by: “Baie van hierdie danse, soos algemeen bekend is, was juis bedoel om die mees onbeteuelde drange op te wek.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel