-
Hoe Koninkryksbedrywighede gefinansier wordGod se Koninkryk regeer!
-
-
10 Eerstens, ons gee vrywillige bydraes omdat ons Jehovah liefhet en wil doen “wat in sy oë welbehaaglik is” (1 Joh. 3:22). ’n Aanbidder wat vryelik uit die hart gee, behaag Jehovah beslis. Kom ons ondersoek die apostel Paulus se woorde oor hoe Christene moet gee. (Lees 2 Korintiërs 9:7.) ’n Ware Christen is nie ’n teësinnige of gedwonge gewer nie. Hy gee eerder omdat hy hom “in sy hart voorgeneem het” om dit te doen.c Dit wil sê, hy gee nadat hy nagedink het oor ’n behoefte en hoe hy daarin kan voorsien. So ’n gewer lê Jehovah na aan die hart, want “God het ’n blymoedige gewer lief”. Nog ’n vertaling sê: “God is lief vir dié wat daarvan hou om te gee.”
-
-
Hoe Koninkryksbedrywighede gefinansier wordGod se Koninkryk regeer!
-
-
c Een geleerde sê dat die Griekse term wat met “voorgeneem” weergegee word, “die gedagte oordra van ’n besluit wat vooraf geneem is”. Hy voeg by: “Hoewel dit spontane vreugde meebring om te gee, moet dit nog steeds beplan en stelselmatig gedoen word.”—1 Kor. 16:2.
-