-
Die noodlenigingsbedieningGod se Koninkryk regeer!
-
-
6. (a) Waarom is noodlenigingswerk deel van ons aanbidding, soos Paulus verduidelik het? (b) Beskryf hoe ons noodlenigingswerk vandag regoor die wêreld verrig word. (Sien die venster “Wanneer ’n ramp plaasvind!”, bladsy 214.)
6 Paulus het die Korintiërs help besef waarom noodlenigingswerk deel van hulle bediening en aanbidding van Jehovah is. Let op sy redenasie: Christene wat noodleniging voorsien, doen dit omdat hulle “onderdanig is aan die goeie nuus oor die Christus” (2 Kor. 9:13). Hulle begeerte om Christus se leringe toe te pas, beweeg Christene dus om medegelowiges te help. Hulle liefdevolle dade ten behoewe van hulle broers is volgens Paulus niks minders nie as bewyse van “die allesoortreffende onverdiende goedhartigheid van God” (2 Kor. 9:14; 1 Pet. 4:10). Aangaande diens wat ons vir ons broers in nood verrig, insluitende noodleniging, het Die Wagtoring van 15 Februarie 1976 dus tereg gesê: “Ons moet nooit daaraan twyfel dat Jehovah God en sy Seun Jesus Christus hierdie soort diens as werklik belangrik beskou nie.” Ja, noodlenigingswerk is ’n waardevolle vorm van heilige diens.—Rom. 12:1, 7; 2 Kor. 8:7; Heb. 13:16.
-
-
Die noodlenigingsbedieningGod se Koninkryk regeer!
-
-
7, 8. Wat is die eerste oogmerk van ons noodlenigingsbediening? Verduidelik.
7 Wat is die oogmerke van ons noodlenigingsbediening? Paulus het hierdie vraag in sy tweede brief aan die Korintiërs beantwoord. (Lees 2 Korintiërs 9:11-15.) In hierdie verse beklemtoon Paulus drie vername oogmerke, of doelwitte, wat ons bereik deur deel te neem aan “die bediening van hierdie openbare diens”, dit wil sê noodlenigingswerk. Kom ons bespreek hulle een vir een.
8 Eerstens, ons noodlenigingsbediening verheerlik Jehovah. Let op hoe dikwels Paulus in die vyf verse hierbo sy broers se aandag op Jehovah God vestig. Die apostel herinner hulle aan “’n dankbetuiging aan God” en “baie dankbetuigings aan God” (verse 11, 12). Hy meld hoe Christene deur noodlenigingspogings ‘God verheerlik’ en “die allesoortreffende onverdiende goedhartigheid van God” loof (verse 13, 14). En Paulus sluit sy bespreking van die noodlenigingsbediening af met die woorde: “Ons dank God.”—Vers 15; 1 Pet. 4:11.
9. Hoe kan noodlenigingswerk mense se beskouings verander? Gee ’n voorbeeld.
9 Soos Paulus, beskou God se hedendaagse knegte noodlenigingspogings as geleenthede om Jehovah te verheerlik en sy leringe te versier (1 Kor. 10:31; Tit. 2:10). Trouens, noodlenigingswerk speel dikwels ’n belangrike rol daarin om die negatiewe beskouings wat party mense van Jehovah en sy Getuies het, te verander. Ter toeligting: ’n Vrou wat in ’n gebied gewoon het wat deur ’n orkaan getref is, het ’n teken op haar deur gehad wat gesê het: “Jehovah se Getuies—Moenie besoek nie.” Toe het sy eendag gesien hoe noodlenigingswerkers ’n beskadigde huis oorkant die straat herstel. Nadat sy die vriendelike werkers dae lank dopgehou het, het sy oor die straat gestap om uit te vind wie hulle is. Toe sy uitvind dat die vrywilligers Jehovah se Getuies is, was sy beïndruk en het sy gesê: “Ek het ’n verkeerde beskouing van julle gehad.” Die gevolg? Sy het die teken op haar deur verwyder.
-