Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Hoe die Christengemeente georganiseer word
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • Jehovah is ’n God van orde (1 Korintiërs 14:33). So ons sou verwag dat sy aanbidders georganiseerd moet wees. Hoe word die Christengemeente georganiseer? Hoe kan ons bydra tot die sukses van die gemeente?

      1. Wie is die leier van die gemeente?

      “Christus [is] die hoof [of leier] van die gemeente” (Efesiërs 5:23). Hy is, vanuit die hemel, in beheer van die aktiwiteite van Jehovah se aanbidders regoor die wêreld. Jesus het “die getroue en verstandige slaaf” aangestel – ’n klein groepie ervare ouermanne wat ook die Bestuursliggaam genoem word. (Lees Matteus 24:45-47.) Soos die apostels en ouermanne in die eerste eeu in Jerusalem, gee die Bestuursliggaam instruksies aan die gemeentes regoor die wêreld (Handelinge 15:2). Maar hierdie manne is nie die leiers van ons organisasie nie. Hulle lees die Bybel om uit te vind wat Jehovah wil hê hulle moet doen, en hulle volg Jesus se instruksies gewillig.

      2. Wie is die ouermanne en wat doen hulle?

      Ouermanne is ervare Christene. Hulle leer Jehovah se aanbidders uit die Bybel, en hulle help hulle en moedig hulle aan. Hulle word nie betaal vir hulle werk nie. Hulle dien eerder “gewillig, volgens God se wil, en . . . nie uit liefde vir oneerlike wins nie, maar gretig” (1 Petrus 5:1, 2). Ouermanne word gehelp deur bedieningsknegte, en bedieningsknegte kan later kwalifiseer om ook as ouermanne te dien.

      Die Bestuursliggaam stel party ouermanne aan om kringopsieners te wees. Hulle besoek verskillende gemeentes om die broers en susters te help en aan te moedig. Kringopsieners gebruik die vereistes in die Bybel om te besluit of hulle ’n broer as ’n bedieningskneg of ’n ouerman kan aanstel. – 1 Timoteus 3:1-10, 12; Titus 1:5-9.

      3. Wat is die rol van elke Getuie?

      Almal in die gemeente “[loof] die naam van Jehovah” deur deel te neem aan die vergaderinge en deur vir ander te preek wanneer hulle ook al kan. – Lees Psalm 148:12, 13.

      SOEK DIEPER

      Leer watter soort leier Jesus is, hoe ouermanne sy voorbeeld probeer navolg en hoe ons gehoorsaam aan Jesus kan wees en saam met die ouermanne kan werk.

      4. Jesus is ’n liefdevolle leier

      Jesus gee ons ’n wonderlike uitnodiging. Lees Matteus 11:28-30, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Watter soort leier is Jesus, en hoe wil hy ons laat voel?

      Hoe volg ouermanne Jesus se voorbeeld na? Speel die VIDEO.

      VIDEO: Ouermanne help ná ’n aardbewing in Nepal (4:56)

      Die Bybel wys duidelik hoe ouermanne hulle werk moet doen.

      Lees Jesaja 32:2 en 1 Petrus 5:1-3, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Hoe laat dit jou voel om te weet dat die ouermanne, net soos Jesus, ander op ’n liefdevolle manier probeer behandel?

      • Op watter ander maniere volg die ouermanne Jesus na?

      5. Ouermanne leer ander deur hulle voorbeeld

      Hoe wil Jesus hê moet ouermanne oor hulle werk voel? Speel die VIDEO.

      VIDEO: Ouer manne, neem die leiding! (7:39)

      Jesus het die voorbeeld gestel vir dié wat die leiding in die gemeente neem. Lees Matteus 23:8-12, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Wat beïndruk jou oor die verskil tussen die Bybel se standaard vir ouermanne en wat jy al onder godsdiensleiers gesien het?

      A. Collage: ’n Ouerman hou sy verhouding met Jehovah sterk, en hy help sy gesin om dieselfde te doen. 1. Hy bid voordat hy die Bybel studeer. 2. Hy en sy vrou leer hulle jonger dogter van die Bybel. B. Dieselfde ouerman en sy vrou besoek ’n suster in hulle gemeente wat siek is in die hospitaal. C. Dieselfde ouerman preek vir ’n man by sy huis. D. Collage: 1. Dieselfde ouerman gee ’n toespraak by ’n vergadering. 2. Hy was die vloer van ’n Koninkryksaal.
      1. Ouermanne hou hulle verhouding met Jehovah sterk, en hulle help hulle gesinne om dieselfde te doen

      2. Ouermanne gee om vir almal in die gemeente

      3. Ouermanne preek gereeld

      4. Ouermanne is onderrigters. Hulle help ook met skoonmaakwerk en ander dinge

      6. Ons kan saam met die ouermanne werk

      Die Bybel sê hoekom dit belangrik is dat ons saam met die ouermanne moet werk. Lees Hebreërs 13:17, en bespreek dan hierdie vrae:

      • Hoekom sê die Bybel dat ons gewillig gehoorsaam moet wees aan dié wat die leiding neem? Hoe voel jy daaroor?

      Lees Lukas 16:10, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Hoekom moet ons altyd gehoorsaam wees aan die ouermanne, selfs wanneer dit kom by dinge wat vir ons iets kleins is?

      PARTY MENSE SÊ: “Jy hoef nie aan ’n georganiseerde godsdiens te behoort nie.”

      • Hoekom dink jy dat dit goed is om deel van ’n gemeente te wees?

      WAT ONS GELEER HET

      Jesus is die leier van die gemeente. Ons werk gewillig saam met die ouermanne wat onder hom dien omdat hulle ons liefdevol behandel en ons deur hulle voorbeeld leer.

      Hersiening

      • Wie is die leier van die gemeente?

      • Hoe help die ouermanne die gemeente?

      • Wat is die rol van elke aanbidder van Jehovah?

      Doelwit

      LEER MEER

      Kyk hoe baie die Bestuursliggaam en ander ouermanne vandag vir Christene omgee.

      Die broers word versterk, al is die werk verbied (4:22)

      Leer meer oor die werk wat kringopsieners doen.

      Die lewe van ’n kringopsiener in afgesonderde gebiede (4:51)

      Lees oor die rol van vrouens in die gemeente.

      “Het Jehovah se Getuies vrouebedienaars?” (Die Wagtoring, 1 September 2012)

      Vind uit hoe ouermanne hard werk om hulle broers en susters aan te moedig.

      “Christen- ouer manne—‘Medewerkers vir ons vreugde’” (Die Wagtoring, 15 Januarie 2013)

  • Hoe kan jou gesin gelukkig wees? – Deel 1
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 1. Watter raad gee die Bybel vir mans?

      Jehovah het die man as die hoof van die gesin aangestel. (Lees Efesiërs 5:23.) Jehovah verwag van hom om besluite te maak wat goed sal wees vir die gesin. Die Bybel sê vir mans: “Hou aan om julle vrouens lief te hê” (Efesiërs 5:25). Wat beteken dit? ’n Goeie man behandel sy vrou liefdevol, wanneer hulle by die huis is en wanneer hulle by ander mense is. Hy probeer haar veilig en gelukkig hou, en hy doen sy bes om fisies en emosioneel vir haar te sorg (1 Timoteus 5:8). Maar die belangrikste van alles is, hy help haar om ’n sterk verhouding met Jehovah te hê (Matteus 4:4). Byvoorbeeld, hy kan saam met sy vrou bid en die Bybel saam met haar lees. Wanneer ’n man liefdevol vir sy vrou sorg, hou hy sy vriendskap met Jehovah sterk. – Lees 1 Petrus 3:7.

  • Die rol van “die getroue en verstandige slaaf”
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • Jesus is die Hoof van die Christengemeente (Efesiërs 5:23). Vanuit sy posisie in die hemel lei Jesus vandag sy volgelinge op die aarde deur middel van ’n “getroue en verstandige slaaf”. (Lees Matteus 24:45.) Jesus het die “slaaf” self aangestel en die slaaf ’n sekere mate van gesag gegee, maar die slaaf moet nog steeds gehoorsaam wees aan Christus en moet Christus se broers dien. Wie is daardie slaaf? Hoe sorg die slaaf vir ons?

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel