Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Ware vrede en veiligheid is ophande!
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
    • 3 ’n Interessante Bybelprofesie het gesê dat die tyd sou aanbreek wanneer wêreldleiers inderdaad “vrede en veiligheid” sal aankondig.a Trouens, toe die Verenigde Volke 1986 tot ’n “Internasionale Vredesjaar” verklaar het, het dit versoek dat organisasies oral van daardie jaar af ’n spesiale poging moet aanwend om die doel van “vrede, internasionale veiligheid en samewerking” te bevorder.1

      4. Watter probleme moet enige reëling vir vrede en veiligheid oplos om jou tot voordeel te strek?

      4 Maar sal dit ware “vrede en veiligheid” wees? Sal dit tot in jou buurt en tot in jou huis reik en die probleme oplos wat jou persoonlik raak? Sal dit die probleme in verband met toenemende misdadigheid en dwelmverslawing, stygende voedselkoste, swaar belasting, toenemende besoedeling en die gestadige verbrokkeling van gesinsbande oplos? Solank enige van hierdie toestande voortduur, bedreig hulle jou persoonlike vrede en veiligheid.

      5, 6. Glo jy, op grond van jou lewenservaring, dat die mens daardie probleme sal oplos?

      5 Mense hoop weliswaar dat hulle hierdie moeilikhede te bowe kan kom. Hulle sê dat hulle, bevry van die swaar finansiële oorlogslaste, al daardie rykdom, navorsing en mannekrag kan aanwend om sulke probleme op te los.

      6 Glo jy dit werklik? Is daar enige grondige bewys wat toon dat mense ooit blywende oplossings kan vind? Wat toon die geskiedenis? Trouens, wat sê jou eie lewenservaring vir jou?

  • Ware vrede en veiligheid is ophande!
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
    • 10 Dit is interessant dat die Bybel se profesie oor “vrede en veiligheid” wat vroeër gemeld is, die volgende aspekte insluit: “Wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ’n skielike verderf hulle” (1 Thessalonicense 5:3). Dit blyk dus dat enige vrede en veiligheid wat menseleiers aankondig baie kortstondig sal wees. Want die profesieë toon dat alle menseheerskappye onmiddellik daarna heeltemal verbrysel gaan word en deur een regering vir die hele aarde—God se Koninkryk—vervang gaan word.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel