Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ”Julle verlossing kom nader”!
    Die Wagtoring — 2015 | Julie 15
    • 14, 15. Watter insamelingswerk begin ná die aanval deur Gog van Magog, en hoe sal dit plaasvind?

      14 Wat sal gebeur wanneer Gog van Magog God se volk aanval? Volgens die Bybel sal die Seun van die mens “die engele uitstuur en sy uitverkorenes bymekaarmaak uit die vier windstreke, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel” (Markus 13:27; Matteus 24:31). Hierdie insamelingswerk verwys nie na die tyd wanneer gesalfde Christene aanvanklik gekies word nie. En dit verwys ook nie na die finale verseëling van die gesalfdes wat nog op die aarde is nie (Matteus 13:37, 38). Hierdie verseëling vind plaas net voordat die groot verdrukking begin (Openbaring 7:1-4). Waarna verwys hierdie insamelingswerk dan? Dit verwys na die tyd wanneer die gesalfdes wat nog op die aarde is, hulle hemelse beloning sal ontvang (1 Tessalonisense 4:15-17; Openbaring 14:1). Dit sal plaasvind die een of ander tyd nadat Gog van Magog se aanval begin het (Esegiël 38:11). Dan sal “die regverdiges so helder soos die son skyn in die koninkryk van hulle Vader”, net soos Jesus gesê het.—Matteus 13:43.b (Sien voetnoot.)

      15 Beteken dit dat daar ’n “wegraping” van die gesalfdes sal wees? Baie mense in die Christendom glo dat Christene hemel toe geneem sal word in ’n menseliggaam. Hulle dink ook dat Jesus se wederkoms vir menseoë sigbaar sal wees. Maar die Bybel toon duidelik dat Jesus se koms onsigbaar sal wees. Dit sê dat “die teken van die Seun van die mens in die hemel [sal] verskyn” en dat Jesus “op die wolke van die hemel” sal kom (Matteus 24:30). Die Bybel sê ook dat “vlees en bloed God se koninkryk nie kan beërf nie”. Diegene wat hemel toe geneem word, sal dus eers “verander [moet] word, in ’n oomblik, in ’n oogwink, gedurende die laaste trompet”.c (Sien voetnoot.) (Lees 1 Korintiërs 15:50-53.) Ons gebruik nie die woord “wegraping” om hierdie gebeurtenis te beskryf nie omdat dit verband hou met ’n valse leerstelling van die Christendom. Maar die getroue gesalfdes wat nog op die aarde is, sal oombliklik ingesamel, of bymekaargemaak, word.

  • ”Julle verlossing kom nader”!
    Die Wagtoring — 2015 | Julie 15
    • c Die vleeslike liggame van die gesalfdes wat dan nog op die aarde is, sal nie hemel toe geneem word nie (1 Korintiërs 15:48, 49). Hulle vleeslike liggame sal waarskynlik op dieselfde manier verwyder word as wat Jesus se liggaam verwyder is.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel