Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 10/8 bl. 26-27
  • Moet vroue hulle skoonheid verberg?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moet vroue hulle skoonheid verberg?
  • Ontwaak!—2005
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • God se beskouing
  • Christenvroue versier hulle
  • Die beweegrede is belangrik
  • Wat sê die Bybel oor grimering en juwele?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Vroue
    Redenering uit die Skrif
  • Jou kleredrag en persoonsversorging—Is dit vir God van belang?
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 10/8 bl. 26-27

Die Bybel se beskouing

Moet vroue hulle skoonheid verberg?

“VROUE is mal oor modes”, het George Simonton, ’n veteraanmodeontwerper en professor by New York se Mode-instituut vir Tegnologie gesê. Hy verduidelik: “Vroue hou daarvan om uiting te gee aan hulle individualiteit, om goed te lyk, om hulle voorkoms te verbeter . . . Ek dink dat ’n mens sodoende respek toon vir jouself en vir die mense wat saam met jou is.” Ja, versiering word al lank erken as ’n manier waarop vroue aan hulle vroulikheid uiting kan gee, hulle voorkoms kan verbeter en ’n mate van selfvertroue kan kry.

Maar in die naam van godsdiens het party mense vroulike versiering in ’n negatiewe lig gestel. “As heilige vroue . . . van nature pragtig is, . . . moet hulle nie hulle skoonheid verbeter nie, maar dit probeer onderdruk”, het Tertullianus in die derde eeu G.J. geskryf. Oor skoonheidsmiddels het hy verder gesê: “Vroue sondig teen God wanneer hulle hulle gesigte met room besmeer, hulle wange met rooisel bevlek of hulle wenkbroue verleng.” Hy het ook goue en silwer “artikels van versiering” as “instrumente van verleidelikheid” beskryf.

Vandag het baie nog steeds besliste menings oor vroulike versiering. Party godsdienste verbied selfs hulle lidmate om enige ornamentele juweliersware, grimering of kleurvolle klere te dra. Moet ’n Christenvrou haar skoonheid verberg, of mag sy haar voorkoms probeer verbeter?

God se beskouing

Die Bybel bevat nie ’n breedvoerige bespreking van die dra van juweliersware en die gebruik van skoonheidsmiddels nie. Daar is nogtans genoeg bewyse om te toon dat God nie hierdie of ander vorme van versiering veroordeel nie.

Toe God byvoorbeeld die manier beskryf het waarop hy Jerusalem geseën het, het hy van die stad gepraat asof dit ’n vrou is, en gesê: “Ek het jou met sierade versier . . . , en jy het baie, baie mooi geword” (Esegiël 16:11-13). Hierdie sierade, hoewel dit simbolies is, het armbande, ’n halsketting en oorringe ingesluit. Die Skrif tref ook ’n gunstige vergelyking tussen persoonlike sierade van goud en ’n “wyse teregwyser” wie se woorde deur ’n gewillige luisteraar ontvang word (Spreuke 25:1, 12). Aangesien die Skrif hierdie gunstige vergelykings maak, wil dit voorkom asof God nie gekant sou wees teen vroue wat pragtige voorwerpe gebruik om hulle voorkoms te verbeter nie.

Christenvroue versier hulle

Party Skrifgedeeltes praat spesifiek oor die onderwerp van vroulike versiering. Die apostel Paulus het geskryf: “Ek [wil] hê dat die vroue hulle met goed versorgde kleredrag moet versier.” Wanneer dit met “beskeidenheid en gesonde verstand” gedoen word, kan dit ’n vrou se eerbied vir God weerspieël (1 Timoteus 2:9, 10). Wanneer Christenvroue hulle skoonheid op so ’n beskeie manier vertoon, kan dit die leringe van God en die gemeente in ’n goeie lig stel.

Party voer aan dat versiering volgens dieselfde verse “nie met haarvlegtery en goud of pêrels of baie duur klere [moet wees] nie, maar soos dit vroue betaam wat bely dat hulle God vereer, naamlik deur goeie werke”. Beteken dit dat vroue nie hulle hare moet stileer of juweliersware moet dra nie?

Nee, glad nie; die Bybel praat gunstig oor versierings. Paulus het dus nie sekere versierings verbied nie, hy het vroue eerder aangemoedig om ’n gebalanseerde beskouing te hê en hulle hoofsaaklik daarop toe te spits om hulle met Christelike eienskappe en goeie werke te versier.

Die beweegrede is belangrik

Die apostel Paulus het geskryf: “Laat ons mekaar dus nie langer oordeel nie, maar neem liewer hierdie besluit: om ’n broer nie ’n struikelblok of iets wat hom kan laat val, in die weg te lê nie” (Romeine 14:13). Hoe is dit van toepassing op ons keuse van persoonlike versiering?

Eerstens sê Paulus dat ons ‘mekaar nie moet oordeel nie’. Ons moet versigtig wees dat ons ‘’n broer nie ’n struikelblok in die weg lê nie’. Standaarde van wat aanvaarbaar is, kan van land tot land en van kultuur tot kultuur verskil. Wat op een tyd en plek aanvaarbaar is, is moontlik op ’n ander tyd en plek onvanpas. Ons moenie ander laat struikel of aanstoot gee deur versierings te dra wat in ons kultuur met ’n afkeurenswaardige lewenstyl verbind word nie. Godvrugtige vroue kan hulle gerus afvra: Hoe beskou die gemeenskap my kleredrag? Is gemeentelede verleë, verward of skaam oor wat ek dra? Al het ’n Christenvrou die reg om ’n sekere styl te volg wat kleredrag en persoonsversorging betref, sal sy afsien van daardie reg as dit aanstoot gee.—1 Korintiërs 10:23, 24.

Te veel klem op ’n mens se voorkoms kan ook tot ’n skadelike gesindheid lei. In baie lande vestig party vroue vandag op ’n onbeskeie manier aandag op hulleself deur versierings op ’n verleidelike manier te gebruik. Maar Christenvroue vermy so ’n misbruik van versierings ten strengste en streef daarna om gesond van verstand en kuis te wees in hulle persoonlike sake, “sodat die woord van God nie gesmaad sal word nie”.—Titus 2:4, 5.

Godvrugtige vroue verstaan dat hulle ware skoonheid in “die geheime persoon van die hart” lê en dus in hulle gesindheid en gedrag weerspieël word, ongeag tot watter mate hulle ook al besluit om uiterlike versierings te gebruik (1 Petrus 3:3, 4). Die vrou wat verstandige keuses maak ten opsigte van haar kleredrag, haar gebruik van skoonheidsmiddels en haar juweliersware, verkry die respek van ander en vereer haar Skepper.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel