Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Sien die verskil in mense
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2018 | Januarie
    • 3. Op wie is die lys van slegte eienskappe in 2 Timoteus 3:2-5 van toepassing?

      3 Die apostel Paulus het gesê “dat daar in die laaste dae kritieke tye sal wees wat moeilik is om deur te kom”. Toe het hy 19 slegte eienskappe genoem wat algemeen sal wees in die tyd waarin ons lewe. Hierdie lys is amper dieselfde soos die een in Romeine 1:29-31. Maar die lys in Paulus se brief aan Timoteus gebruik terme wat nêrens anders in die Christelike Griekse Geskrifte gebruik word nie. Paulus het hierdie lys van slegte eienskappe begin deur te sê: “Want mense sal . . . ” Maar nie almal sal hierdie eienskappe hê nie. Christene het ander eienskappe. — Lees Maleagi 3:18.

  • Sien die verskil in mense
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2018 | Januarie
    • 4. Hoe sal jy mense beskryf wat trots is?

      4 Nadat Paulus gesê het dat mense geld sal liefhê, het hy geskryf dat mense hoogmoedig, opgeblase van trots en aanmatigend sal wees, of dat hulle sal spog met wat hulle het. Mense met sulke eienskappe dink dat hulle beter as ander is omdat hulle sekere dinge kan doen, meer geld het, een of ander posisie in die lewe het en omdat hulle dink dat hulle beter as ander lyk. Hulle wil baie graag hê dat mense van hulle moet hou en hulle moet bewonder. Een geleerde het die volgende oor sulke persone gesê: “In sy hart is ’n klein altaar en hy buig voor homself neer.” Party het al gesê dat sulke trots baie lelik is en dat selfs trotse mense nie daarvan hou om dit in ander mense te sien nie.

  • Sien die verskil in mense
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2018 | Januarie
    • 8. (a) Hoe voel party mense vandag oor ongehoorsaamheid aan ouers? (b) Wat sê die Bybel moet kinders doen?

      8 Paulus het beskryf hoe mense mekaar in die laaste dae sal behandel. Hy het geskryf dat kinders in die laaste dae ongehoorsaam aan hulle ouers sal wees. Vandag se boeke, flieks en televisieprogramme laat dit lyk of dit normaal is vir kinders om ongehoorsaam aan hulle ouers te wees. Maar die waarheid is dat ongehoorsaamheid die gesin verswak en ’n slegte uitwerking op die gemeenskap het. Mense weet dit al lank. Byvoorbeeld, lank gelede in Griekeland, as ’n man sy ouers geslaan het, het hy al sy burgerlike regte verloor. Volgens die Romeinse wet, was dit so ernstig soos moord as ’n man sy pa geslaan het. Die Hebreeuse Geskrifte en die Christelike Griekse Geskrifte sê dat kinders hulle ouers moet respekteer. — Eks. 20:12; Ef. 6:1-3.

  • Sien die verskil in mense
    Die Wagtoring (Studie-uitgawe) — 2018 | Januarie
    • 10, 11. (a) Watter slegte eienskappe wys dat mense nie lief is vir mekaar nie? (b) Hoe lief is ware Christene vir ander mense?

      10 Paulus het ook ander negatiewe eienskappe genoem wat wys dat mense nie vir mekaar lief is nie. Na “ongehoorsaam aan ouers” noem hy ondankbaar. Dit maak sin, want ondankbare mense waardeer nie die goeie dinge wat ander mense vir hulle doen nie. Mense sal ook dislojaal wees. Hulle is nie bereid tot enige ooreenkoms nie, wat beteken dat hulle nie vrede met ander wil maak nie. Hulle sal lasteraars en verraaiers wees, wat slegte dinge van mense en selfs van God sê. En daar sal kwaadsprekers wees, mense wat leuens vertel om ander se goeie reputasie te verwoes.a

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel