Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eunice en Loïs-voorbeeldige opvoeders
    Die Wagtoring – 1998 | Mei 15
    • Eunice het egter nie alleen gestaan wat haar opvattings betref nie. Dit wil voorkom of Timoteus sy onderrigting in “die heilige geskrifte” van sy moeder sowel as van sy ouma aan moederskant, Loïs, ontvang het.a Die apostel Paulus het Timoteus aangespoor: “Bly . . . in die dinge wat jy geleer het en oortuig is om te glo, aangesien jy weet by watter persone jy dit geleer het en dat jy van kleintyd af die heilige geskrifte geken het, wat jou wys kan maak tot redding deur die geloof in verband met Christus Jesus.”—2 Timoteus 3:14, 15.

  • Eunice en Loïs-voorbeeldige opvoeders
    Die Wagtoring – 1998 | Mei 15
    • Timoteus is “oortuig” om skriftuurlike waarhede te glo. Volgens een Griekse leksikon beteken die woord wat Paulus hier gebruik het “om vas oortuig te word van; om verseker te word van” iets. Dit het ongetwyfeld baie tyd en moeite geverg om so ’n sterk oortuiging in Timoteus se hart te laat posvat en om hom te help om oor God se Woord te redeneer en geloof daarin te beoefen. Dit is dus duidelik dat beide Eunice en Loïs hard gewerk het om Timoteus in die Skrif te onderrig. En watter beloning het daardie godvrugtige vroue tog ontvang! Paulus kon van Timoteus skryf: “Ek herinner my die geloof wat sonder enige huigelary in jou is, en wat eers in jou grootmoeder Loïs en jou moeder Eunice gewoon het, maar waarvan ek die vaste vertroue het dat dit ook in jou is.”—2 Timoteus 1:5.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel