Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 12/1 bl. 8
  • “Doen die werk van ’n evangelis”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Doen die werk van ’n evangelis”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • “Doen die werk van ’n evangeliedienaar”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Gryp elke geleentheid aan om te getuig—Deel 2
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Alle ware Christene moet evangeliste wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Vervul jou rol as ’n evangeliedienaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 12/1 bl. 8

Koninkryksverkondigers berig

“Doen die werk van ’n evangelis”

WAT beteken dit om ’n evangelis te wees? Die woord is ’n vertaling van die Griekse woord eu·ag·ge·li·stesʹ, wat nou verwant is aan die woord eu·ag·geʹli·on, wat “goeie nuus” beteken. ’n Evangelis is gevolglik ’n prediker, of boodskapper, van goeie nuus.

Alle ware Christene is evangeliste omdat hulle die goeie nuus oor God se Koninkryk verkondig. Die apostel Paulus het Timoteus dus gepas vermaan om ‘die werk van ’n evangelis te doen’. Timoteus moes hierdie werk ernstig opneem. Paulus het hom aangespoor om ‘in alles nugter van verstand te bly’ en om ‘sy bediening ten volle uit te voer’.—2 Timoteus 4:5.

As evangeliste neem ons ook ons bediening ernstig op en ‘bly ons nugter van verstand’, of wakker om die goeie nuus by elke geleentheid te verkondig. Baie het dus Jehovah en sy beloftes leer ken nadat Getuies van Jehovah in informele omstandighede met hulle gepraat het. Dit is wat met Seymore, ’n man in Barbados, gebeur het.

Seymore was ’n onderwyser in ’n staatskool. Charles, ’n deeltydse onderwyser in dieselfde skool en ’n Getuie van Jehovah, was ’n wakker evangelis. Hy was ’n voltydse bedienaar, of pionier, en het van elke geleentheid gebruik gemaak om ander van die goeie nuus te vertel. Dit was deur Charles se informele getuieniswerk wat Seymore die Koninkryksboodskap die eerste keer gehoor het.

Kort voor lank was Seymore ook vasbeslote om Bybelwaarhede aan soveel mense moontlik te vertel. Hy het dus informele gesprekke met mense by sy werk begin, veral met sy leerlinge. Hoewel godsdiens in party lande nie in staatskole geleer mag word nie, is hierdie man aangestel om onderrig in godsdiens- en sedelike waardes te gee. Maar Seymore se vorige beskouings oor hierdie sake was nou deur sy nuutgevonde Bybelkennis vervang. Hy het gedurende pouses met sy leerlinge oor God se belofte van ’n nuwe wêreld en die vooruitsig op die ewige lewe gepraat.

Hoe het die kinders hierop gereageer? Baie het opregte belangstelling in die goeie nuus van Jehovah se Koninkryk getoon. Seymore het mettertyd Bybelstudies met 13 van sy leerlinge begin hou. Hulle het soveel belangstelling getoon dat hulle gereël het om twee keer per week ’n Bybelstudie te hou. Die meeste van hulle het uiteindelik die Christelike vergaderinge by die plaaslike Koninkryksaal van Jehovah se Getuies begin bywoon. Tot dusver het nege van hulle toegewyde, gedoopte Getuies van Jehovah geword. Wat Seymore betref, hy voer nou sy bediening ten volle uit deur as ’n gewone pionier en ’n ouer man in een van die gemeentes van Jehovah se Getuies in Barbados te dien.

Dit is net een voorbeeld van hoe Jehovah se Getuies oor die wêreld ‘die werk van evangeliste doen’, onder andere deur aan informele getuieniswerk deel te neem. Hulle volg die Bybel se vermaning in Kolossense 4:5, 6 wat sê: “Gaan voort om in wysheid te wandel teenoor dié wat buite is, terwyl julle die geleë tyd vir julleself uitkoop. Laat julle woorde altyd aangenaam wees, smaaklik gemaak met sout, sodat julle kan weet hoe julle elkeen ’n antwoord behoort te gee.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel