Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Is jy bekwaam om te dien?
    Die Wagtoring – 1990 | September 1
    • 16. (a) Wat is nodig om matig in gewoontes te wees? (b) Hoe kan ’n ouere man selfbeheersing behou?

      16 Matig in gewoontes; wat homself beheers (1 Timotheüs 3:2, NW; Titus 1:8). ’n Ouere man moet gematig wees, nie verslaaf aan slegte gewoontes nie. Wanneer hy voor beproewinge te staan kom, sal God hom help om ’n balans te handhaaf as hy bid soos die psalmis gebid het: “Die benoudhede van my hart is wyd uitgestrek; lei my uit die angste” (Psalm 25:17). ’n Ouere man moet ook om God se gees bid en die vrug daarvan, waaronder selfbeheersing, aan die dag lê (Lukas 11:13; Galasiërs 5:22). As ’n ouere man sy gedagtes, woorde en dade in toom hou, kan hy uiterstes vermy terwyl hy aan die gemeente geestelike leiding gee.

  • Is jy bekwaam om te dien?
    Die Wagtoring – 1990 | September 1
    • 19. Wat doen ’n ouere man omdat hy gasvry is?

      19 Gasvry (1 Timotheüs 3:2; Titus 1:8). ’n Ouere man ‘bewandel die weg van gasvryheid’ (Romeine 12:13, NW; Hebreërs 13:2). Die Griekse woord vir “gasvry” beteken letterlik “lief vir vreemdelinge”. Die gasvrye ouere man verwelkom dus nuwelinge by Christenvergaderinge en toon dieselfde belangstelling in die armes as in dié wat materieel welgesteld is. Hy is gasvry teenoor dié wat in die belang van die Christelike godsdiens reis en help hulle op ’n “voor God waardige wyse” voort (3 Johannes 5-8). Ja, ’n ouere man betoon veral teenoor medegelowiges gasvryheid ooreenkomstig hulle behoeftes en sy eie omstandighede.—Jakobus 2:14-17.

  • Is jy bekwaam om te dien?
    Die Wagtoring – 1990 | September 1
    • 23. (a) Hoe sal jy “een wat die goeie liefhet” definieer? (b) Wat beteken dit om regverdig te wees?

      23 Een wat die goeie liefhet; regverdig (Titus 1:8). ’n Man moet die goeie liefhê en regverdig wees om as ’n ouere man te kwalifiseer. Iemand wat die goeie liefhet, het die dinge lief wat goed is in Jehovah se oë, verrig vriendelike en behulpsame dade en toon waardering vir die goeie in ander. (Lukas 6:35; vergelyk Handelinge 9:36, 39; 1 Timotheüs 5:9, 10.) Om regverdig te wees, beteken dat ’n persoon hom na God se wette en standaarde skik. So ’n man is onder andere onpartydig en hou regverdige, rein en goeie dinge in gedagte (Lukas 1:6; Filippense 4:8, 9; Jakobus 2:1-9). Aangesien goedheid van regverdigheid verskil in die sin dat dit selfs verder gaan as wat geregtigheid vereis, doen iemand wat die goeie liefhet meer vir ander as wat van hom verwag word.—Mattheüs 20:4, 13-15; Romeine 5:7.

      24. Wat verg dit om lojaal te wees?

      24 Lojaal (Titus 1:8, NW). ’n Man wat bekwaam is om ’n ouere man te wees, handhaaf onverbreekbare toegewydheid aan God en bly by die goddelike wet, ongeag hoe sy onkreukbaarheid op die proef gestel word. Hy doen wat Jehovah van hom verwag en dit sluit in dat hy as ’n getroue Koninkryksverkondiger dien.—Mattheüs 24:14; Lukas 1:74, 75; Handelinge 5:29; 1 Thessalonicense 2:10.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel