Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 11/1 bl. 10
  • ’n liefhebber van geregtigheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n liefhebber van geregtigheid
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is sonde?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Sal daar ooit geregtigheid wees?
    Nog onderwerpe
  • Hoe om swakheid, goddeloosheid en berou te onderskei
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Sal God ooit iets omtrent ongeregtigheid doen?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 11/1 bl. 10

Kom nader aan God

’n Liefhebber van geregtigheid

Hebreërs 10:26-31

WAS jy al ooit die slagoffer van onregverdige of wrede behandeling, dalk deur iemand wat lyk of hy daarmee gaan wegkom en geen berou toon nie? Daar is min dinge wat moeiliker is om te verwerk as sulke ernstige onregverdigheid, veral as die pyn veroorsaak is deur iemand wat jy verwag het jou lief sal hê en vir jou sal sorg. Jy wonder dalk: ‘Waarom laat God toe dat sulke dinge gebeur?’a Die feit is dat Jehovah God alle ongeregtigheid haat. Sy Woord, die Bybel, verseker ons dat hardvogtige sondaars nie goddelike vergelding sal vryspring nie. Kom ons kyk na die apostel Paulus se woorde wat in Hebreërs 10:26-31 opgeteken is.

Paulus skryf: “As ons moedswillig sonde beoefen nadat ons die juiste kennis van die waarheid ontvang het, is daar geen offerande vir sondes meer oor nie” (Vers 26). Opsetlike sondaars is uiters afkeurenswaardig. Waarom? Eerstens, hulle pleeg nie net ’n enkele sonde in ’n oomblik van swakheid nie—die soort fout wat ons almal soms maak omdat ons onvolmaak is. Hulle beoefen sonde. Tweedens, hulle sondes is opsetlik. Diepgewortelde slegtheid vul hulle hart. Derdens, hulle sondes is nie as gevolg van onkunde nie. Hulle het ’n “juiste kennis van die waarheid” oor God se wil en weë.

Hoe beskou God onberouvolle, kwaadwillige sondaars? “Daar [is] geen offerande vir sondes meer oor nie”, sê Paulus. Christus se offerande—God se gawe aan die mensdom—dek die sondes wat ons weens ons onvolmaaktheid pleeg (1 Johannes 2:1, 2). Maar diegene wat onberouvol sonde beoefen, toon dat hulle geen waardering vir hierdie kosbare gawe het nie. In God se oë het hulle “die Seun van God vertrap” en ‘die bloed van Jesus van gewone waarde geag’ (Vers 29). Deur hulle lewenswandel toon hulle dat hulle Jesus minag en sy bloed “as iets goedkoops” beskou, asof dit geensins meer waarde het as dié van enige onvolmaakte mens nie (Today’s English Version). Sulke ondankbare persone sal nie by Christus se offerande baat vind nie.

Wat kan die goddeloses te wagte wees? Die God van geregtigheid het belowe: “Die wraak is myne; ek sal vergeld” (Vers 30). Almal wat daarop uit is om ten koste van ander sonde te beoefen, moet oppas. Niemand kan God se regverdige wette verontagsaam en ongestraf bly nie. Hulle goddelose weë haal hulle dikwels in (Galasiërs 6:7). Hulle sál voor God staan, al is dit eers wanneer hy in die nabye toekoms kom om die aarde van alle ongeregtigheid te bevry (Spreuke 2:21, 22). Paulus waarsku: “Dit is iets vreesliks om in die hande van die lewende God te val.”— Vers 31.

Die wete dat Jehovah God opsetlike sonde nie vergoelik nie, is vertroostend sowel as gerusstellend, veral vir diegene wat al deur ’n verstokte oortreder seergemaak is. Ons kan met die volste vertroue die vergelding van onreg oorlaat aan God, wat alle ongeregtigheid haat.

[Voetnoot]

a Vir ’n bespreking oor waarom God lyding toelaat, sien bladsye 106-114 van die boek Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel