Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 6/1 bl. 3-4
  • Pas op vir spotters!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Pas op vir spotters!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Is alles nog dieselfde?
  • Hou Jehovah se dag goed in gedagte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • “Die groot dag van Jehovah is naby”
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Wag geduldig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Die Laaste dae—Waarvan?
    Ontwaak!—2008
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 6/1 bl. 3-4

Pas op vir spotters!

Vandag is voorspellings volop, en die futurologiese bedryf floreer. “Namate die jaar 2000 nader kom”, sê The Daily Telegraph van Londen, “is iets eienaardigs en tog nie heeltemal onverwags nie besig om te gebeur. Duisende mense regoor die wêreld het vreemde en dikwels skrikwekkende toekomsbeelde.” Vir baie waarnemers is hierdie lewendige belangstelling in die toekoms bloot ’n herhaling van vorige onvervulde verwagtinge op verandering.

NAMATE die aantal perderytuie in die 19de eeu toegeneem het, het ’n man voorspel dat Europese stede uiteindelik vol perdemis sou wees. Sy voorspelling was natuurlik vals. Toe The Times van Londen dus die aandag gevestig het op hoe voorspellings dikwels nie bewaarheid word nie, het dit gesê: “Die toekoms is net ’n hoop perdemis.”

Ander bespot diegene wat gevaar voorspel. ’n Professor in die handel aan ’n Amerikaanse universiteit het diegene wat waarsku teen omgewingsverval uitgedaag om te wed dat die neiging sal vererger. Soos die tydskrif New Scientist berig het, beweer hy dat “ons lewensgehalte aan die verbeter is en tot in onbepaalde tyd so sal voortgaan”.

Te midde van die verwarring van bewerings en teenbewerings glo baie dat alles basies onveranderd sal bly. Deur met enige gedagte te spot dat God in menseaangeleenthede sal ingryp, openbaar hulle ’n soortgelyke gesindheid as die spotters van die eerste eeu G.J.

Is alles nog dieselfde?

Die tweede geïnspireerde brief van die Christenapostel Petrus, wat in ongeveer 64 G.J. geskryf is, het gewaarsku: “In die laaste dae [sal] spotters . . . kom met hulle spotterny, wat ooreenkomstig hulle eie begeertes handel.”—2 Petrus 3:3.

Spotters probeer om die voorwerp van hulle spotterny belaglik te laat voorkom. Die persoon wat voor spotterny swig, val moontlik in die strik van selfsug omdat die spotter dikwels wil hê dat diegene wat na hom luister sake op sy manier moet beskou. Miskien was party van die spotters teen wie Petrus gewaarsku het sulke mense, “wat ooreenkomstig hulle eie begeertes handel”. Die apostel gebruik ’n nadruksvorm in sy waarskuwing aan sy lesers. Hy waarsku teen die koms van ‘spotters met hulle spotterny’.

Daardie eerste-eeuse spotters het die werklikheid van Christus se “beloofde teenwoordigheid” in twyfel getrek en gesê: “Waar is sy beloofde teenwoordigheid dan? Van die dag af dat ons voorvaders ontslaap het, bly alles dan presies soos van die begin van die skepping af” (2 Petrus 3:4). Dit is hoe dit vir hulle gelyk het. Maar alreeds in die jaar 33 G.J. het Jesus rampspoed vir die stad Jerusalem voorspel. “Die dae sal oor jou kom”, het hy gesê, “wanneer jou vyande ’n verskansing met spits pale rondom jou sal bou en jou sal omsingel en jou van alle kante in benoudheid sal bring, en hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter, en hulle sal in jou nie ’n klip op ’n klip laat nie.” Hoe verkeerd was diegene tog wat die spot met daardie waarskuwing gedryf het! In 70 G.J. het die Romeinse leërs Jerusalem beleër en die stad vernietig, wat tot die dood van baie van die inwoners daarvan gelei het. Waarom was die meeste van die stad se inwoners nie voorbereid op hierdie ramp nie? Omdat hulle nie onderskei het dat God hulle deur sy Seun, Jesus, geïnspekteer het nie.—Lukas 19:43, 44.

Die apostel Petrus verwys na ’n toekomstige ingryping deur God die Almagtige. “Jehovah se dag [sal] soos ’n dief kom”, waarsku Petrus (2 Petrus 3:10). Dan sal God die goddeloses van die hele aardbol af verwyder en diegene red wat as regverdig geoordeel word. Soos hierdie tydskrif al dikwels verduidelik het, het Christus Jesus se “teenwoordigheid” in 1914 begin. Maar hy sal eers in die toekoms as God se Skerpregter optree om goddeloosheid uit die weg te ruim. Die apostel se waarskuwing om op te pas vir spotters is dus nou selfs dringender.

Dalk wag jy al lank dat God moet ingryp in die mens se aangeleenthede. Wat sal jou help om geduldig te bly wag sonder om die slagoffer van spotters te word? Lees asseblief verder.

[Lokteks op bladsy 4]

“Die dae sal oor jou kom wanneer jou vyande . . . jou sal omsingel en jou van alle kante in benoudheid sal bring, . . . en hulle sal in jou nie ’n klip op ’n klip laat nie.” Dit was nie ’n waarskuwing waarmee die spot gedryf moes word nie. Die Romeinse leër het Jerusalem vernietig, wat tot die dood van baie gelei het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel