Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 10/1 bl. 8-10
  • Voorspellings oor ons nabye toekoms

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Voorspellings oor ons nabye toekoms
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Seëninge in die nuwe wêreld
  • Voorspellings oor ’n wonderlike toekoms
  • Die ewige lewe op ’n Paradysaarde
    Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind?
  • Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld
    Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld
  • Die nuwe wêreld—Sal jy daar wees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Koninkryk
    Redenering uit die Skrif
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 10/1 bl. 8-10

Voorspellings oor ons nabye toekoms

TOE die apostel Petrus die toekoms van die mens en die aarde bespreek het, het hy geskryf: “Daar is nuwe hemele en ’n nuwe aarde wat ons volgens [God se] belofte verwag, en daarin sal regverdigheid woon” (2 Petrus 3:13). ’n Belofte van “nuwe hemele en ’n nuwe aarde” is oorspronklik deur middel van die profeet Jesaja bekend gemaak (Jesaja 65:17; 66:22). Deur hierdie profesie aan te haal, het Petrus getoon dat dit in sy tyd nog nie heeltemal vervul is nie.

Later, omstreeks die jaar 96 G.J., het die Openbaring wat deur middel van die apostel Johannes gegee is, daardie “nuwe aarde” met seëninge onder God se Koninkryk verbind (Openbaring 21:1-4). Jesus se woorde sowel as dié van die apostel Paulus oor wêreldtoestande wat kort voor die koms van God se Koninkryk sou heers, word nou vervul. Ons kan dus verwag dat daardie Koninkryk binnekort die nuwe wêreld tot stand sal bring. Hoe sal toestande in daardie nuwe wêreld wees? Die Bybelboek Jesaja sê vir ons.

Seëninge in die nuwe wêreld

Wêreldwye vrede en verenigde aanbidding. “Hulle sal van hulle swaarde ploegskare moet smee en van hulle spiese snoeimesse. Nasie sal nie teen nasie die swaard ophef nie, en ook sal hulle nie meer leer om oorlog te voer nie.”—Jesaja 2:2-4.

Vrede tussen mense en diere. “Die wolf sal ’n ruk by die lam bly, en die luiperd sal by die boklam gaan lê, en die kalf en die jong maanhaarleeu en die vetgevoerde dier almal bymekaar; en ’n blote seuntjie sal hulle lei. En die koei en die berin sal wei; hulle kleintjies sal bymekaar lê. En selfs die leeu sal strooi eet net soos die bul. . . . Hulle sal geen kwaad doen of enige verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal beslis vol wees van die kennis van Jehovah soos die waters die see bedek.”—Jesaja 11:6-9.

Volop voedsel vir almal. “Jehovah van die leërs sal op hierdie berg beslis vir al die volke ’n feesmaal van olieryke geregte berei, ’n feesmaal van beleë wyn, van olieryke geregte vol murg, van gesuiwerde, beleë wyn.”—Jesaja 25:6.

Geen dood meer nie. “Hy [God] sal die dood vir ewig verswelg, en die Soewereine Heer Jehovah sal beslis die trane van alle gesigte afvee. En die smaad van sy volk sal hy van die hele aarde af wegneem, want Jehovah het dit gespreek.”—Jesaja 25:8.

Dooies word opgewek. “U dooies sal lewe. My lyke—hulle sal opstaan. Word wakker en roep met vreugde uit, julle wat in die stof woon! . . . Die aarde sal selfs dié wat magteloos is in die dood, voortbring soos by ’n geboorte.”—Jesaja 26:19.

Die Messias—’n regverdige Regter. “Hy sal nie oordeel net volgens wat sy oë sien nie, en ook nie teregwys net volgens wat sy ore hoor nie. En met regverdigheid sal hy die geringes oordeel, en met billikheid sal hy teregwysing gee ten behoewe van die sagmoediges van die aarde.”—Jesaja 11:3, 4.

Blindes en dowes word genees. “Die oë van die blindes [sal] geopen word, en die ore van die dowes sal ontsluit word.”—Jesaja 35:5.

Die wildernis word vrugbaar. “Die wildernis en die waterlose streek sal jubel, en die woestynvlakte sal bly wees en bloei soos die saffraan. Dit sal vir seker bloei, en dit sal werklik bly wees met blydskap en met vreugdegeroep.”—Jesaja 35:1, 2.

’n Nuwe aarde. “Ek skep nuwe hemele [’n nuwe hemelse regering] en ’n nuwe aarde [’n nuwe regverdige mensegemeenskap]; en die vorige dinge sal nie onthou word nie, en ook sal dit nie in die hart opkom nie. Maar verheug julle en wees vir ewig bly oor wat ek skep. . . . Hulle [inwoners van God se beloofde nuwe wêreld] sal beslis huise bou en dit bewoon; en hulle sal beslis wingerde plant en die vrug daarvan eet. Hulle sal nie bou sodat iemand anders dit bewoon nie; hulle sal nie plant sodat iemand anders dit eet nie. Want die dae van my volk sal wees soos die dae van ’n boom; en die werk van hulle eie hande sal my uitverkorenes ten volle benut. Hulle sal nie verniet swoeg nie, en ook sal hulle nie vir ontsteltenis geboorte gee nie; want hulle is die nageslag wat uit die geseëndes van Jehovah bestaan, en hulle nakomelinge saam met hulle. En voordat hulle roep, sal ek antwoord; terwyl hulle nog praat, sal ek hoor.” “‘Net soos die nuwe hemele en die nuwe aarde wat ek maak, voor my aangesig bestaan’, is die woord van Jehovah, ‘so sal julle nageslag en julle naam bly bestaan.’”—Jesaja 65:17-25; 66:22.

Voorspellings oor ’n wonderlike toekoms

Jesaja is nie die enigste Bybelboek wat seëninge vir die toekoms voorspel nie. Die Bybel bevat baie profesieë wat die wonderlike dinge beskryf wat God deur middel van sy Koninkryk onder Christus sal teweegbring.a Wil jy onder sulke paradystoestande lewe? Jy kan! Vind self uit wat die Bybel werklik omtrent God se goeie voornemens vir die toekoms leer en hoe jy ’n deel daarvan kan wees. Jehovah se Getuies sal jou met graagte help.

[Voetnoot]

a Vir verdere inligting oor God se Koninkryk en wat dit tot stand sal bring, sien bladsye 76-85 van die boek Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies.

[Prent op bladsy 8]

Mense sal in vrede met mekaar en met die diere lewe

[Prent op bladsy 9]

Die dooies sal weer lewe

[Prent op bladsy 10]

Die hele aarde sal ’n paradys wees

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel