Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lff les 28 punte 1-5
  • Wys dat jy waardeer wat Jehovah en Jesus vir jou gedoen het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wys dat jy waardeer wat Jehovah en Jesus vir jou gedoen het
  • Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • SOEK DIEPER
  • WAT ONS GELEER HET
  • LEER MEER
  • Waarom ons die Here se Aandmaal herdenk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Waarom moet ons die Here se Aandmaal vier?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Wat ’n eenvoudige geleentheid ons oor ’n hemelse Koning leer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • Hoekom ons die Gedenkmaal bywoon
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
Sien nog
Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
lff les 28 punte 1-5
Les 28. Mense stuur ’n bord ongesuurde brood aan gedurende die Here se Aandmaal.

LES 28

Wys dat jy waardeer wat Jehovah en Jesus vir jou gedoen het

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

Hoe voel jy wanneer ’n vriend vir jou ’n pragtige geskenk gee? Dit maak jou heel moontlik baie gelukkig, en jy wil vir jou vriend wys dat jy daardie geskenk waardeer. Jehovah en Jesus het vir ons die grootste geskenk gegee wat ons ooit kon kry: die losprys. Hoe kan ons wys dat ons dit waardeer?

1. Wat is een manier waarop ons kan wys dat ons waardeer wat God en Christus vir ons gedoen het?

Die Bybel belowe dat “elkeen wat geloof in [Jesus] beoefen,” vir ewig kan lewe (Johannes 3:16). Wat beteken dit om geloof te beoefen? Dit beteken dat ons meer moet doen as om net in Jesus te glo. Ons moet ook wys dat ons geloof het deur die keuses wat ons maak en deur die dinge wat ons doen (Jakobus 2:17). Wanneer ons wys dat ons geloof het deur wat ons doen en deur wat ons sê, versterk ons ons vriendskap met Jesus en sy Vader, Jehovah. – Johannes 14:21.

2. Watter spesiale geleentheid help ons om te wys dat ons waardeer wat Jehovah en Jesus gedoen het?

Die aand voordat Jesus gesterf het, het hy vir sy volgelinge van nog ’n manier vertel hoe hulle kan wys dat hulle sy offerande waardeer. Hy het vir hulle gesê om bymekaar te kom vir ’n spesiale geleentheid wat die Bybel “die Here se Aandmaal” noem, en dit word ook die Herdenking van Christus se dood of die Gedenkmaal genoem (1 Korintiërs 11:20). Jesus wou hê dat sy apostels, en alle ware Christene ná hulle, moes onthou dat hy sy lewe vir ons gegee het. Daarom het Jesus vir hulle gesê: “Hou aan om dit te doen as ’n herinnering aan my” (Lukas 22:19). Wanneer jy die Gedenkmaal bywoon, wys jy dat jy dankbaar is vir die groot liefde wat Jehovah en Jesus vir ons het.

SOEK DIEPER

Kyk na nog maniere hoe jy kan wys dat jy dankbaar is vir die groot liefde wat Jehovah en Jesus gewys het. Leer hoekom die Herdenking van Christus se dood so belangrik is.

3. Wat kan ons doen om te wys dat ons dankbaar is?

Verbeel jou dat iemand jou lewe gered het. Sou jy net vergeet wat daardie persoon vir jou gedoen het? Of sou jy na maniere soek om vir hom te wys dat jy dankbaar is vir wat hy gedoen het?

Ons skuld Jehovah ons lewens. Lees 1 Johannes 4:8-10, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Hoekom is Jesus se offerande ’n spesiale geskenk?

  • Hoe voel jy oor wat Jehovah en Jesus vir jou gedoen het?

Hoe kan ons wys dat ons dankbaar is vir wat Jehovah en Jesus vir ons gedoen het? Lees 2 Korintiërs 5:15 en 1 Johannes 4:11; 5:3. Nadat elke vers gelees is, bespreek hierdie vraag:

  • Volgens hierdie vers, wat kan ons doen om te wys dat ons dankbaar is?

4. Volg Jesus na

Nog ’n manier om te wys dat ons dankbaar is, is deur Jesus na te volg. Lees 1 Petrus 2:21, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Op watter maniere kan jy Jesus se voetstappe noukeurig navolg?

Jesus lees God se Woord uit ’n boekrol. Jesus praat met ’n Samaritaanse vrou by ’n put. Jesus maak ’n siek man gesond.

Jesus was lief vir God se Woord, het vir ander van die goeie nuus vertel en het mense gehelp

5. Woon die Herdenking van Christus se dood by

Om te sien wat gebeur het die eerste keer toe die Here se Aandmaal gehou is, lees Lukas 22:14, 19, 20. Bespreek dan hierdie vrae:

  • Wat het by die Here se Aandmaal gebeur?

  • Wat stel die brood en die wyn voor? – Sien vers 19 en 20.

Jesus wou hê dat sy dissipels die Here se Aandmaal een keer ’n jaar moes hou op die datum waarop hy gesterf het. Daarom kom Jehovah se Getuies elke jaar bymekaar om Christus se dood te onthou op die manier wat hy gesê het ons moet. Om meer oor hierdie belangrike vergadering te leer, speel die VIDEO. Bespreek dan die volgende vraag.

VIDEO: Herdenk Jesus se dood (1:41)

’n Toneel uit die video ‘Herdenk Jesus se dood’. Jehovah se Getuies kom bymekaar om die Here se Aandmaal te hou.
  • Wat gebeur by die Gedenkmaal?

’n Bord ongesuurde brood en ’n glas wyn.

Die brood en die wyn stel verskillende dinge voor. Die brood stel Jesus se volmaakte menseliggaam voor wat hy vir ons opgeoffer het. Die wyn stel sy bloed voor

Wyn word by die Here se Aandmaal aangestuur.

PARTY MENSE SÊ: “Al wat jy moet doen om gered te word, is om in Jesus te glo.”

  • Hoe kan jy Johannes 3:16 en Jakobus 2:17 gebruik om te wys dat meer nodig is?

WAT ONS GELEER HET

Ons wys dat ons waardeer wat Jesus vir ons gedoen het deur geloof in hom te beoefen en deur die Herdenking van sy dood by te woon.

Hersiening

  • Wat beteken dit om geloof in Jesus te beoefen?

  • Hoe sal jy graag wil wys dat jy waardeer wat Jehovah en Jesus vir jou gedoen het?

  • Hoekom is dit so belangrik om die Herdenking van Christus se dood by te woon?

Doelwit

LEER MEER

Wat motiveer Christus se dood ons om te doen?

Hy het sy liggaam gebruik om Jehovah te eer (9:28)

Leer meer oor geloof en hoe ons dit kan beoefen.

“Beoefen geloof in Jehovah se beloftes” (Die Wagtoring, Oktober 2016)

Lees die lewensverhaal “Ek voel skoon, lewendig en heel” en kyk hoe ’n vrou se lewe verbeter het toe sy verstaan het wat Christus se offerande vir haar beteken.

“Die Bybel verander lewens” (Die Wagtoring, 1 Augustus 2011)

Kyk hoekom min mense by die Gedenkmaal van die brood eet en van die wyn drink.

“Waarom verskil die manier waarop Jehovah se Getuies die Here se Aandmaal herdenk, van hoe ander godsdienste dit doen?” (Web-artikel)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel