-
‘Hou aan waak’Die Wagtoring – 2000 | Januarie 15
-
-
alle dinge het naby gekom. Wees dus gesond van verstand en wees waaksaam met die oog op gebede” (1 Petrus 4:7). Dit is duidelik dat vurige gebed deel van ons Christelike roetine moet wees. Trouens, ons moet Jehovah voortdurend smeek om ons te help om aan te hou waak.—Romeine 12:12; 1 Tessalonisense 5:17.
12. Wat is die verskil tussen bespiegeling en waaksaamheid?
12 Let op dat Petrus ook gesê het: “Die einde van alle dinge het naby gekom.” Hoe naby? Dit is onmoontlik vir mense om die presiese dag en uur te bepaal (Matteus 24:36). Maar daar is ’n verskil tussen voortdurende bespiegelings, wat die Bybel nie aanmoedig nie, en om in afwagting van die einde te bly, wat die Bybel wel aanmoedig. (Vergelyk 2 Timoteus 4:3, 4; Titus 3:9.) Wat is een manier waarop ons in afwagting van die einde kan bly? Dit is deur noukeurig te let op die bewyse dat die einde naby is. Kom ons hersien dus ses bewyse wat toon dat ons in die laaste dae van hierdie goddelose wêreld lewe.
Ses oortuigende bewyse
13. Hoe oortuig Paulus se profesie in 2 Timoteus hoofstuk 3 jou van die feit dat ons in “die laaste dae” lewe?
13 Eerstens sien ons die duidelike vervulling van die apostel Paulus se profesie oor “die laaste dae”. Paulus het geskryf: “In die laaste dae [sal daar] kritieke tye . . . wees wat moeilik is om deur te kom. Want mense sal liefhebbers van hulleself wees, liefhebbers van geld, aanmatigend, hoogmoedig, lasteraars, ongehoorsaam aan ouers, ondankbaar, dislojaal, sonder natuurlike geneentheid, nie bereid tot enige ooreenkoms nie, kwaadsprekers, sonder selfbeheersing, wreedaardig, sonder liefde vir goedheid, verraaiers, eiesinnig, opgeblase van trots, liefhebbers van genot eerder as liefhebbers van God, wat ’n vorm van godvrugtige toegewydheid het maar die krag daarvan verloën; en keer jou van hierdie mense af. Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, terwyl hulle mislei en mislei word” (2 Timoteus 3:1-5, 13). Sien ons nie hoe hierdie profesie in ons dag vervul word nie? Slegs diegene wat die feite ignoreer, kan dit ontken!b
14. Hoe word die woorde van Openbaring 12:9 omtrent die Duiwel vandag vervul, en wat gaan binnekort met hom gebeur?
14 Tweedens sien ons die uitwerking wat dit gehad het toe Satan en sy demone ter vervulling van Openbaring 12:9 uit die hemel gewerp is. Daar lees ons: “Die groot draak [is] neergeslinger, die oorspronklike slang, die een wat Duiwel en Satan genoem word, wat die hele bewoonde aarde mislei; hy is na die aarde neergeslinger, en sy engele is saam met hom neergeslinger.” Dit het groot weë vir die aarde tot gevolg gehad. Daar was inderdaad veral sedert 1914 baie weë vir die mensdom. Maar die profesie in Openbaring voeg by dat die Duiwel weet dat “hy ’n kort tydperk het” nadat hy na die aarde neergewerp is (Openbaring 12:12). Gedurende hierdie tydperk voer Satan oorlog teen die gesalfde volgelinge van Christus (Openbaring 12:17). Ons ondervind beslis die gevolge van sy aanval in ons tyd.c Maar Satan gaan binnekort in die afgrond opgesluit word sodat “hy die nasies nie meer [sal] mislei” nie.—Openbaring 20:1-3.
15. Hoe voorsien Openbaring 17:9-11 bewyse dat ons in die tyd van die einde lewe?
15 Derdens lewe ons in die tyd van die agtste en laaste “koning” wat in die profesie in Openbaring 17:9-11 gemeld word. Hier praat die apostel Johannes van sewe konings, wat sewe wêreldmoondhede verteenwoordig—Egipte, Assirië, Babilon, Medo-Persië, Griekeland, Rome en die Anglo-Amerikaanse tweeledige wêreldmoondheid. Hy sien ook “’n agtste koning” wat ‘uit die sewe voortspruit’. Hierdie agtste koning—die laaste een wat Johannes in sy visioen sien—verteenwoordig nou die Verenigde Nasies. Johannes sê dat hierdie agtste koning ‘in die vernietiging weggaan’, waarna geen verdere aardse konings genoem word nie.d
16. Hoe toon die vervulling van die fasette van die beeld in Nebukadnesar se droom dat ons in die laaste dae lewe?
16 Vierdens lewe ons in die tydperk wat deur die voete van die beeld in Nebukadnesar se droom voorgestel word. Die profeet Daniël het die uitlegging gegee van hierdie raaiselagtige droom van ’n reusebeeld in die vorm van ’n mens (Daniël 2:36-43). Die vier metaaldele van die beeld stel verskillende wêreldmoondhede voor, wat begin by die kop (die Babiloniese Ryk) en strek tot by die voete en tone (die regerings wat vandag heers). Al die wêreldmoondhede wat deur hierdie beeld voorgestel is, het al verskyn. Ons lewe in die tydperk wat deur die voete van die beeld voorgestel word. Daar word geen melding gemaak van ander moondhede wat nog sal kom nie.e
17. Hoe is ons Koninkrykspredikingswerk ’n verdere bewys dat ons in die tyd van die einde lewe?
17 ’n Vyfde bewys is die feit dat ons sien hoe ’n wêreldwye predikingswerk gedoen word, wat Jesus gesê het net voor die einde van hierdie stelsel sou plaasvind. Jesus het gesê: “Hierdie goeie nuus van die koninkryk sal in die hele bewoonde aarde verkondig word tot ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom” (Matteus 24:14). Vandag word hierdie profesie vervul soos nog nooit tevore nie. Daar is weliswaar nog gebiede waar daar nooit getuig is nie, en dit is moontlik dat ’n groot deur wat tot groter bedrywigheid lei op Jehovah se bestemde tyd sal oopgaan (1 Korintiërs 16:9). Maar die Bybel sê nie dat Jehovah sal wag totdat elke individu op aarde ’n persoonlike getuienis ontvang het nie. Die goeie nuus moet eerder verkondig word tot Jehovah tevrede is. Dan sal die einde kom.—Vergelyk Matteus 10:23.
18. Wat sal blykbaar die geval wees met party van die gesalfdes wanneer die groot verdrukking begin, en hoe kan dit bepaal word?
18 Die sesde bewys is dat die aantal ware gesalfde dissipels van Christus al hoe minder raak, hoewel party klaarblyklik nog op die aarde sal wees wanneer die groot verdrukking begin. Die meeste van die oorblyfsel is taamlik bejaard, en deur die jare heen het die persone wat waarlik gesalf is al hoe minder geword. En tog het Jesus met verwysing na die groot verdrukking gesê: “As daardie dae nie verkort is nie, sou geen vlees gered word nie; maar weens die uitverkorenes sal daardie dae verkort word” (Matteus 24:21, 22). Party van Christus se “uitverkorenes” sal dus blykbaar nog op die aarde wees wanneer die groot verdrukking begin.f
Wat lê voor?
19, 20. Waarom is dit nou vir ons dringender as ooit om wakker te bly en aan te hou waak?
19 Wat hou die toekoms vir ons in? Daar lê nog opwindende tye voor. Paulus het gewaarsku dat “Jehovah se dag presies soos ’n dief in die nag kom”. Hy verwys na sogenaamde wêreldwyse manne en sê: “Wanneer hulle ook al sê: ‘Vrede en veiligheid!’ dan gaan skielike vernietiging oombliklik oor hulle kom.” Daarom spoor Paulus sy lesers aan: “Laat ons dan nie voortslaap soos die res nie, maar laat ons wakker en nugter van verstand bly” (1 Tessalonisense 5:2, 3, 6). Diegene wat op die instellings van mense vertrou om vrede en veiligheid te bring, ignoreer inderdaad die werklikheid. Sulke persone is vas aan die slaap!
20 Die vernietiging van hierdie stelsel van dinge sal baie skielik kom. Bly dus in afwagting van Jehovah se dag. God self het vir Habakuk gesê: “Dit sal nie laat wees nie”! Trouens, dit is nou vir ons dringender as ooit om aan te hou waak.
-
-
“Begeerlike dinge” vul Jehovah se huisDie Wagtoring – 2000 | Januarie 15
-
-
“Begeerlike dinge” vul Jehovah se huis
“Ek [Jehovah] sal al die nasies skud, en die begeerlike dinge van al die nasies moet inkom; en ek sal hierdie huis met heerlikheid vul.”—HAGGAI 2:7, NW.
1. Waarom dink ons eerste aan ons geliefdes in ’n noodsituasie?
WATTER begeerlike dinge vul jou huis? Het jy weelderige meubels, ’n gesofistikeerde rekenaar, ’n nuwe motor in jou garage? Al het jy al hierdie dinge, sal jy sekerlik saamstem dat die kosbaarste dinge in jou huis die mense—jou gesinslede—is, nie waar nie? Stel jou voor jy skrik een nag wakker en ruik rook. Jou huis brand, en jy het net ’n paar minute om uit te kom! Wat is vir jou van die grootste belang? Jou meubels? Jou rekenaar? Jou motor? Sal jy nie eerder aan jou geliefdes dink nie? Natuurlik sal jy, want mense is kosbaarder as dinge.
2. Wat is die omvang van Jehovah se skepping, en vir watter aspek daarvan het Jesus die grootste liefde?
2 Dink nou aan Jehovah God en sy Seun, Jesus Christus. Jehovah is “die Een wat die hemel en die aarde en die see en alles wat in hulle is, gemaak het” (Handelinge 4:24). Deur sy Seun, die “meesterwerker”, het Jehovah alle ander dinge gemaak (Spreuke 8:30, 31, NW; Johannes 1:3; Kolossense 1:15-17). Dit ly geen twyfel nie dat Jehovah sowel as Jesus alles wat hulle geskep het kosbaar ag. (Vergelyk Genesis 1:31.) Maar watter aspek van die skepping dink jy het vir hulle die grootste waarde—dinge of mense? In Jesus se rol as die verpersoonliking van wysheid sê hy: “Die dinge waarvoor ek lief was, was die mensekinders”, of soos die Nuwe Afrikaanse Vertaling dit stel: “Mense was vir my [Jesus] ’n vreugde.”
3. Watter profesie het Jehovah deur middel van Haggai uitgespreek?
3 Vir Jehovah is mense ongetwyfeld baie kosbaar. ’n Bewys hiervan kan in die profetiese woorde gevind word wat hy in die jaar 520 v.G.J. deur middel van sy profeet Haggai uitgespreek het. Jehovah het verklaar: “Ek sal al die nasies skud, en die begeerlike dinge van al die nasies moet inkom; en ek sal hierdie huis met heerlikheid vul. . . . Die heerlikheid van hierdie latere huis sal groter word as dié van die vroeëre.”—Haggai 2:7, 9, NW.
4, 5. (a) Waarom sou dit onredelik wees om te dink dat die uitdrukking “begeerlike dinge” na materiële prag verwys? (b) Hoe sou jy “begeerlike dinge” definieer, en waarom?
4 Watter “begeerlike dinge” sou Jehovah se huis vul en daaraan onvergelyklike heerlikheid
-