Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 5/1 bl. 16-17
  • Oor God se Koninkryk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Oor God se Koninkryk
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is God se Koninkryk?
  • Wie sal die heersers van God se Koninkryk wees?
  • Waar sal die regering gesetel wees?
  • Wat sal God se Koninkryk omtrent boosheid doen?
  • Wie sal op die aarde woon as onderdane van die Koninkryk?
  • Wat sal God se Koninkryk vir mense op die aarde doen?
  • Wat is God se Koninkryk?
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Wat is die Koninkryk van God?
    Wat vereis God van ons?
  • Wat is God se Koninkryk?
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Wat Jesus ander oor God se Koninkryk geleer het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 5/1 bl. 16-17

Wat ons by Jesus leer

Oor God se Koninkryk

Wat is God se Koninkryk?

God se Koninkryk is ’n regering wat oor die hele aarde sal heers. Jesus het gesê: “Julle moet dan só bid: . . . ‘Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde.’”—Matteus 6:9, 10; Daniël 2:44.

Wie sal die heersers van God se Koninkryk wees?

Jesus is gebore om die Heerser van God se Koninkryk te wees. ’n Engel het vir Jesus se moeder gesê: “Jehovah God sal hom die troon van sy vader Dawid gee, en hy sal . . . as koning [heers]” (Lukas 1:30-33). Verder het Jesus van sy volgelinge gekies om saam met hom te heers. Hy het vir sy apostels gesê: “Julle is . . . dié wat in my beproewinge altyddeur by my gebly het; en ek sluit ’n verbond met julle, net soos my Vader ’n verbond met my gesluit het, vir ’n koninkryk” (Lukas 22:28, 29; Daniël 7:27). Altesaam 144 000 van Jesus se volgelinge sal saam met hom heers.—Openbaring 5:9, 10; 14:1.

Waar sal die regering gesetel wees?

God se Koninkryk sal vanuit die hemel heers. Jesus het vir sy dissipels gesê: “As ek gaan en vir julle ’n plek [in die hemel] berei, kom ek weer en sal julle tuis ontvang by my, sodat julle ook kan wees waar ek is. . . . Ek gaan na die Vader toe.”—Johannes 14:2, 3, 12; Daniël 7:13, 14.

Wat sal God se Koninkryk omtrent boosheid doen?

Jesus sal die aarde van goddelose mense reinig. Jesus het gesê: “Wanneer die Seun van die mens [Jesus] in sy heerlikheid kom, en al die engele saam met hom, dan sal hy op sy glorieryke troon gaan sit. En al die nasies sal voor hom versamel word, en hy sal die mense van mekaar afskei . . . En hulle [die goddeloses] sal weggaan, die ewige vernietiging in, maar die regverdiges die ewige lewe in.”—Matteus 25:31-34, 46.

Wie sal op die aarde woon as onderdane van die Koninkryk?

Jesus het gesê: “Gelukkig is die saggeaardes, want hulle sal die aarde beërf” (Matteus 5:5; Psalm 37:29; 72:8). Die aarde sal gevul wees met mense wat nou al leer om mekaar lief te hê. Jesus het vir sy volgelinge gesê: “Ek gee julle ’n nuwe gebod, dat julle mekaar moet liefhê; net soos ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.”—Johannes 13:34, 35.

Wat sal God se Koninkryk vir mense op die aarde doen?

Jesus sal mense van siekte genees. Terwyl hy op die aarde was, het Jesus met die skare “oor die koninkryk van God [gepraat], en hy het dié wat genesing nodig gehad het, gesond gemaak” (Lukas 9:11). Nadat die apostel Johannes die verrese Jesus in ’n visioen gesien het, het hy gesê: “Ek het ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien . . . Ek [het] ’n harde stem van die troon af hoor sê: ‘Kyk! Die tent van God is by die mensdom . . . En hy sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie.’”—Openbaring 21:1-4.

God se Koninkryk sal die Paradys op aarde herstel. ’n Kwaaddoener wat saam met Jesus tereggestel is, het gesê: “Jesus, dink aan my wanneer u in u koninkryk kom.” En Jesus het vir hom gesê: “Voorwaar, ek sê vir jou vandag: Jy sal saam met my in die Paradys wees.”—Lukas 23:42, 43; Jesaja 11:4-9.

Vir meer inligting, sien hoofstuk 8 van die boek Wat leer die Bybel werklik?a

[Voetnoot]

a Uitgegee deur Jehovah se Getuies.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel