Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • sn lied 65
  • “Dit is die weg”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Dit is die weg”
  • Sing vir Jehovah
  • Soortgelyke materiaal
  • “Dit is die weg”
    ‘Sing met vreugde’ vir Jehovah
  • Uiteindelik, die ewige lewe!
    Sing lofliedere voor Jehovah
  • Ewige lewe is beloof
    Sing lofliedere voor Jehovah
  • Luister na die nuus van die Koninkryk
    Sing lofliedere voor Jehovah
Sien nog
Sing vir Jehovah
sn lied 65

Lied 65

“Dit is die weg”

Gedrukte weergawe

(Jesaja 30:20, 21)

1. Daar is ’n weg, die weg

van vrede ongekend.

Ons kan die weg net vind

deur ons tot God te wend.

Dit is die weg wat ook aan

God se Seun behoort.

Dit is die vredesweg

wat ons vind in Gods Woord.

(REFREIN)

Dit is die weg wat tot die lewe lei.

O, wyk nie af, dié weg sal jou bevry!

Hoor God se roepstem: ‘Dit is die weg;

ja, kyk nooit t’rug, onthou: dit is die weg.’

2. Daar is ’n weg, die weg

van liefde ongeveins.

Dit bring ons na aan God

as ons dit bly bepeins.

Gods liefde is opreg,

so ruim en onverdiend.

Dit is die liefdesweg;

so word ons God se vriend.

(REFREIN)

Dit is die weg wat tot die lewe lei.

O, wyk nie af, dié weg sal jou bevry!

Hoor God se roepstem: ‘Dit is die weg;

ja, kyk nooit t’rug, onthou: dit is die weg.’

3. Daar is ’n weg, die weg

wat tot die lewe lei.

Dit is die beste weg,

want dis deur God berei.

Op hierdie weg wil ons

bly wandel lewenslank.

Dit is die weg van God;

aan hom gaan al die dank.

(REFREIN)

Dit is die weg wat tot die lewe lei.

O, wyk nie af, dié weg sal jou bevry!

Hoor God se roepstem: ‘Dit is die weg;

ja, kyk nooit t’rug, onthou: dit is die weg.’

(Sien ook Ps. 32:8; 139:24; Spr. 6:23.)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel