Mooi so, broers!
Jehovah het ons 1985-diensjaar met ’n vermeerdering van 7% in die gemiddelde aantal verkondigers geseën. Ons het die jaar afgesluit met ’n hoogtepunt van 36 963 verkondigers en 2 027 pioniers in Augustus. Ons bediening is geseën met die doop van 2 156 nuwe dissipels! Tans word n gemiddelde van 29 000 tuisbybelstudies gehou met ’n goeie potensiaal vir verdere vermeerdering.
Ons tydskrifplasings het die afgelope jaar met 20 000 gedaal. Ons wil alle verkondigers derhalwe aanspoor om hierdie puik tydskrifte gereeld van huis tot huis en op straat te versprei. Het jy ingeteken op een of albei daarvan?
Ons waardeer die goeie werk wat julle doen. Laat ons met selfs groter ywer voortgaan gedurende hierdie huidige diensjaar terwyl ons op Jehovah wag vir verdere seën.—Ps. 3:9.