Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/85 bl. 8
  • Die Teokratiese Bedieningskool vir 1986

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Teokratiese Bedieningskool vir 1986
  • Ons Koninkryksbediening—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Vind meer baat by die Teokratiese Bedieningskool
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • ’n Skool wat ons toerus vir wat die heel belangrikste is
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Hoe ons by die Teokratiese Bedieningskool baat vind
    Ons Koninkryksbediening—2004
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1985
km 12/85 bl. 8

Die Teokratiese Bedieningskool vir 1986

1 Die progressiewe opleiding wat die afgelope 42 jaar in die Teokratiese Bedieningskool aangebied is, het grootliks bygedra tot die sukses van die wêreldwye getuienis aangaande Jehovah se Koninkryk. As jy kwalifiseer maar nog nie ingeskryf het nie, spoor ons jou aan om dit nou te doen. Die Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1986 het saam met Ons Koninkryksbediening vir Oktober verskyn. Elkeen in die gemeente moet die instruksies noukeurig lees en besluit om hierdie uitstekende organisatoriese voorsiening ten volle te benut.

2 Nuwelinge en ander wat hulp nodig het in die voorbereiding van hulle toewysings moenie huiwer om die Teokratiese Bedieningskool-opsiener te nader en hom van hulle behoefte bewus te maak nie. Hy sal hulle graag self help of hy sal reël dat ’n ander bekwame broer dit doen. Maar dit is belangrik dat elke student inisiatief, vasbeslotenheid en gewilligheid toon om hom in te span in die voorbereiding van sy toewysings. As jy die vergadering gereeld bywoon en elke toewysing ernstig opneem en nakom, sal jy in jou bediening vorder. Sulke deelname sal ander in die gemeente ook tot voordeel strek.

3 Die Teokratiese Bedieningskool-opsiener, ander ouere manne en bekwame bedieningsknegte kry Toewysing nr. 1 en glanspunte van die Skrifgedeelte. Toewysing nr. 1 is ’n instruksietoespraak van tien minute wat gevolg word deur ’n hersiening van vyf minute met behulp van vrae en antwoorde in die boek “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial”. Glanspunte uit die Skrifgedeelte sal die gehoor help om te sien waarom en hoe ons by die toegewese materiaal baat kan vind. Hoewel die gehoor soms betrek sal word, sal die spreker die inligting wat hy sorgvuldig nagevors en voorberei het hoofsaaklik self aanbied. Die broers wat hierdie dele behartig, moet nie net goeie sprekers wees nie maar ook bekwame onderrigters.​—1 Tim. 3:2; Tit. 1:9.

4 Ons bid vir Jehovah se volgehoue seën op hierdie uitstekende reëling om ons toe te rus en op te lei vir getroue Koninkryksdiens.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel