Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Redding
    Redenering uit die Skrif
    • ‘Julle sê dat slegs 144 000 gered gaan word’

      Jy kan antwoord: ‘Ek is bly dat u daardie saak geopper het, want ek wil graag vir u vertel wat ons werklik glo. Almal wat ware geloof toon in die voorsiening wat God deur Jesus gemaak het, sal gered word. Maar die Bybel sê dat slegs 144 000 hemel toe sal gaan om by Christus te wees. Het u dit al ooit in die Bybel gesien? . . . Dit is hier in Openbaring 14:1, 3.’ Dan kan jy byvoeg: (1) ‘Wat gaan hulle in die hemel doen? (Openb. 20:6).’ (2) ‘Dit is duidelik dat hulle oor iemand gaan regeer. Oor wie? . . . (Matt. 5:5; 6:10).’

  • Regering
    Redenering uit die Skrif
    • Regering

      Definisie: Die reëling vir wetgewing en wetstoepassing. Regerings word dikwels geklassifiseer volgens die bron en omvang van hulle gesag. Jehovah God is die Universele Soewerein wat gesag aan ander gee in ooreenstemming met sy wil en voorneme. Maar Satan die Duiwel, die aartsrebel teen Jehovah se soewereiniteit, is “die owerste van hierdie wêreld”—met God se toelating vir ’n beperkte tyd. Die Bybel beeld die wêreldwye stelsel van politieke heerskappy as ’n dier uit en sê: “Die draak [Satan die Duiwel] het hom [die dier] sy krag gegee en sy troon en groot mag”.—Joh. 14:30; Openb. 13:2; 1 Joh. 5:19.

      Is dit vir mense moontlik om ’n regering op te rig wat werklik blywende geluk sal bring?

      Wat toon die mensegeskiedenis?

      Pred. 8:9: “Die een mens heers oor die ander tot sy ongeluk.” (Dit is waar selfs al het sommige regerings en heersers met hoë ideale begin.)

      “Elke beskawing wat nog ooit bestaan het, het uiteindelik ineengestort. Die geskiedenis is die verhaal van pogings wat misluk het, van begeertes wat nie verwesenlik is nie. . . . As ’n geskiedkundige moet ’n mens dus lewe met ’n gevoel dat tragedie onvermydelik is.”—Henry Kissinger, politoloog en professor in die staatsleer, soos aangehaal in The New York Times, 13 Oktober 1974, bl. 30B.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel