Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/86 bl. 3
  • Nuwe publikasies rus ons toe om God se wil te doen

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nuwe publikasies rus ons toe om God se wil te doen
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • Raak vertroud met nuwe byeenkomsvrystellings
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Hoe om die brosjure Goeie nuus wat van God kom! te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Bekwame gebruik van die Uitvoering van God se wil- brosjure
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • ’n Nuwe instrument om mense te help om te leer wat God se vereistes is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1986
km 11/86 bl. 3

Nuwe publikasies rus ons toe om God se wil te doen

1 Die apostel Paulus het die begeerte uitgespreek dat die “God wat vrede gee” sy knegte moet toerus ‘met alles wat goed is, sodat hulle sy wil kan doen’ (Hebr. 13:20, 21, NAV). Dit is die begeerte van “die getroue en verstandige dienskneg” vandag en dit beweeg hulle om te voorsien wat nodig is (Matt. 24:45). Was dit nie duidelik by die “Goddelike Vrede”-Streekbyeenkoms nie, veral as ons dink aan die nuwe publikasies wat ons ontvang het? Ons moenie huiwer om al hierdie dinge “wat goed is” te gebruik nie. Dit word voorsien om ons te versterk en toe te rus om ons Godgegewe werk te doen.

2 Ons was bly om op die eerste dag van die byeenkoms ’n brosjure met 32 bladsye, “Kyk, Ek maak alles nuut”, te ontvang. Die nuwe brosjure is in groot, maklik leesbare druk en bevat talle leersame illustrasies. As ons die “Kyk”-brosjure gebruik om nuwe tuisbybelstudies te begin, sal ons ongetwyfeld talle help om die weg van die lewe te betree.

3 Die tweede publikasie wat by die byeenkoms uitgereik is, is nog ’n brosjure in tydskrifgrootte en in kleur met die titel Jehovah se Getuies —Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd.

4 Ons was verheug om na ’n meevoerende toespraak oor die vervulling en hedendaagse toepassing van die profesieë in Jesaja hoofstukke 7 tot 9 die nuwe sakformaatboek met die titel Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors” te ontvang. Hierdie publikasie is spesiaal voorberei om Jehovah se knegte te bemoedig. Ons wil jou aanspoor om dit sorgvuldig deur te lees as jy dit nog nie gedoen het nie. Dit sal jou deeglik loon. Jou waardering vir Jehovah se diens sal vermeerder as jy die hedendaagse vervulling van twee van Jesus se gelykenisse in Mattheüs 25:1-30 lees. Terwyl jy van die ontsaglike werk en voorregte in Jehovah se nuwe stelsel lees, sal dit jou afwagting vergroot vir die dinge wat vir oorlewendes van Armageddon voorlê. Die verduideliking van hoe Christus Jesus ’n “Ewige Vader” vir vrygekoopte lede van die mensdom word, sal jou nader aan Jehovah God en sy “Vredevors” bring (Jes. 9:5). Die beskrywings van Jehovah se naderende oorlog teen die nasies is opwindend. Talle geestelike skatte wag om ontdek te word in die bladsye van ons nuwe Wêreldwye veiligheid-boek. Soek jy daarna?

5 Ons was bly om Sondagoggend ’n uittrekstel te hoor van die nuwe kassetopname Koninkryksmelodieë nr. 7. Talle geniet reeds die verkwikkende musiekverwerkings daarop.

6 Wat ’n aangename verrassing was dit tog toe ons aan die einde van die “Goddelike Vrede”-Streekbyeenkoms hoor dat die Genootskap ’n Watch Tower Publications Index vir 1930-1985 in een band voorberei het. Dit sal gewis ’n groot hulp in navorsing en ’n aansporing tot persoonlike studie wees!

7 Hierdie waardevolle gawes deur Jehovah se organisasie toon weer eens dat Jehovah weet wat ons nodig het om sy wil te doen (Matt. 6:8). Deur die getroue dienskneg het hy ons volkome toegerus vir die werk wat voorlê. Mag ons ons ondersteuning en diepe waardering toon deur hierdie uitstekende hulpmiddele goed te benut.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel