-
Onderrigting tydens herbesoekeKoninkryksbediening — 1985 | April
-
-
STUDIES
5 Uitlokvrae is ’n uitstekende manier om die denkvermoë van ons studente te ontwikkel. Christus Jesus het dit by talle geleenthede gebruik (Matt. 22:41-46). Uitlokvrae help studente om tot die regte slotsom te kom deur middel van die Skriftuurlike waarhede wat hulle geleer het.
6 As ons ’n kort hersiening aan die einde van ons herbesoek of Bybelstudie hou, sal ons die nuwe dinge wat die student geleer het op sy verstand inprent. Sodoende sal ons ’n begeerte na meer Bybelwaarhede by hom wek.—1 Pet. 2:2.
-
-
Nuwe Hoogtepunt in Januarie!Koninkryksbediening — 1985 | April
-
-
Nuwe Hoogtepunt in Januarie!
Hoe dankbaar kan ons teenoor Jehovah wees vir sy ryke seën (Jes. 60:22). Soos julle in die rapport sien, het ons 35,956 verkondigers gehad, 1,319 meer as ons vorige hoogtepunt in Oktober 1984! Dit is ’n vermeerdering van 9 persent! Ons het ook 1,850 gewone pioniers gehad, wat ook ’n hoogtepunt is, 88 meer as ons vorige hoogtepunt. Mag elkeen van ons voortgaan om ons ‘bediening te vervul’.—2 Tim. 4:5.
-
-
Bied die Goeie Nuus Aan—In gevaarlike gebiedeKoninkryksbediening — 1985 | April
-
-
Bied die Goeie Nuus Aan—In gevaarlike gebiede
1 Misdadigheid en geweld neem verontrustend toe. Dit is ’n vervulling van Paulus se woorde in 2 Timotheüs 3:1: “Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.” In party plekke is dit onveilig om dit alleen op straat te waag, selfs helder oordag. Ten einde ’n volle aandeel in die predikings- en dissipelmaakwerk in gevaarlike gebiede te hê, moet broers versigtig wees en goeie oordeel aan die dag lê (Matt. 10:16). Ons moet “praktiese wysheid” en ‘’n gesonde verstand’ gebruik.—Spr. 3:21, NW; 1 Pet. 4:7, NW.
VERMY PROBLEME WAAR MOONTLIK
2 Wanneer ons velddiens doen, moet ons altyd probeer om verdagte situasies te vermy. Die Bybel sê: “Die skrandere let op sy voetstappe” (Spr. 14:15). Dit maan ook: “Laat die twis vaar voordat dit losbreek” (Spr. 17: 14). As jy skrander op jou voetstappe let, beteken dit dat jy plekke sal vermy wat moontlik gevaar inhou. Wanneer jy byvoorbeeld in die aand werk, is dit beter om goed verligte, besige strate as donker, stil strate te gebruik. Vermy ook groepe jongmense wat op straathoeke rondstaan; steek liewer die straat oor voordat jy by hulle kom. Dit is nie skrander om in gevaarlike gebied klere of juwele te dra wat duur lyk nie.
3 Wanneer jy velddiens doen in ’n omgewing waar dit nie verstandig is om alleen te wees nie, is dit raadsaam om te reël dat ’n ander verkondiger jou vergesel (omAF bl. 104). Wanneer getuieniswerk in woonstelgeboue gedoen Word, sal dit miskien voordelig wees as verskeie verkondigers op dieselfde verdieping werk, met broers wat die leiding neem waar moontlik. Lê goeie oordeel aan die dag voordat jy uitnodigings aanvaar om by huise of woonstelle in te gaan.
AS JY GEKONFRONTEER WORD
4 Hoe moet jy optree as jy gekonfronteer word? Moenie paniekbevange raak nie. Stel jouself dadelik as een van Jehovah se Getuies bekend en
probeer kalm bly. Wees vriendelik en bid tot Jehovah om leiding en beskerming (Spr. 15:1; Gal. 5:22). ’n Ander Bybelbeginsel om in so ’n geval te onthou, is, soos Jesus Christus gese het, dat ’n mens se ‘lewe nie bestaan uit die oorvloed van sy besittings nie’ (Luk. 12:15). Met die styging in misdadigheid bestaan daar ’n immer toenemende moontlikheid dat iemand jou met ’n mes of vuurwapen kan voorkeer en jou geld eis. Sal jy baklei om jou geld te red? Jou lewe is baie waardevoller as materiële besittings.
5 ’n Broer is een aand deur ’n groep jong manne voorgekeer. Hy het dadelik vir hulle sy beursie en horlosie gegee. Hulle wou ook sy goue ketting hê. Die broer het kalm geantwoord dat hy nie ’n goue ketting of geluksteentjie dra nie omdat hy een van Jehovah se Getuies is. Toe die mans dit hoor, het hulle dadelik al sy goed teruggegee en hom om vergifnis gevra. Hoe waar is die woorde van Spreuke 18:10 tog: “Die naam van [Jehovah] is ’n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.”
6 Daar is nog baie opregte mense wat geregtigheid liefhet en na die waarheid soek. Party van hierdie persone woon in gevaarlike gebiede. Hulle moet in die bediening gevind en na Jehovah se organisasie gerig word. As ons gevaarlike buurte in ons gebied het, wil ons ’n doelgerigte poging aanwend om die opregte mense te bereik wat daar woon, terwyl ons ook goeie oordeel aan die dag lê en op Jehovah vertrou vir leiding en beskerming.
-
-
.AankondigingsKoninkryksbediening — 1985 | April
-
-
.Aankondigings
• Lektuuraanbod vir April: Een van die ouer sakformaatboeke teen ’n bydrae van R1.40. (Kyk Maart se km vir titels.) Hierdie aanbod geld slegs vir April en nie vir April en Mei soos in Ons Koninkryksbediening vir Maart aangekondig is nie. Mei en Junie: Paradys op aarde-boek teen ’n bydrae van R3.50. Julie en Augustus: Oorlewing-boek teen ’n bydrae van Rl,40. Enigeen van die brosjures, maar veral Jy kan vir ewig op die aarde lewe! of “Laat u Naam geheilig word”—Watter naam?, kan gebruik word as ’n alternatiewe aanbod. Brosjures word teen ’n bydrae van 40c versprei.
• Nuwe publikasies beskikbaar:
Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe—Klein uitgawe (gemeente en publiek: R1,75; pioniers: 90c)—Spaans
• Nuwe kassetopnames beskikbaar:
Psalms (stel van vyf; gemeente en publiek: R10,00; pioniers: R8,50)—Duits
The First of Samuel (stel van twee; gemeente en publiek: R4,50; pioniers: R3,75)—Engels
The Second of Samuel (stel van twee; gemeente en publiek: R4,50; pioniers: R3,75)—Engels
• Ons ontvang deesdae bestellings van gemeentes wat lektuur in die verkeerde taalkolomme bestel. Broers bestel byvoorbeeld Engelse lektuur maar skryf die bestelling onder die Italiaanse of Portugese gedeeltes. Gemeentes word dus gevra om, wanneer hulle lektuur op die lektuurbestelvorm (S-14) bestel, die bestelling onder die regte taal te skryf.
• Let asseblief daarop dat die volgende prysverhoging vanaf 1 April 1985 in werking tree:
Publikasie Pio. Gem. en publiek
Emphatic Diaglott R2,10 R4,20
Jerusalem Bible R20,60 R30,50
New English Bible R12,10 R18,00
Strong’s Concordance R22,00 R37,50
The Two Babylons R6,90 R10.40
Die Wagtoring en Ontwaak!-omslae R4,20 R4,20
Presiderende opsieners word daaraan herinner dat hulle moet sorg dat al die Cost Lists in hulle gemeente dienooreenkomstig gewysig word.
• Gemeentes kan dadelik bestellings vir die 1984-bundels van The Watchtower en Awake! plaas. Dit sal beskikbaar wees in Duits, Engels, Frans, Hollands, Italiaans, Portugees en Spaans. Bundeis kos R7,00 elk. Daar is geen pioniertarief nie. MOENIE GELD SAAM MET DIE BESTELLING STUUR indien julle gemeente ’n lektuurrekening by die Genootskap het nie. Ons sal die gemeente se lektuurrekening met die bedrag debiteer. Gemeentes met ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening moet geld saam met hulle bestellings stuur. Hou asseblief in gedagte dat dit ’n beheerde item is.
• Dit is ’n genoeë om julle mee te deel dat Ons Koninkryksbediening vanaf hierdie nommer, April 1985, gelyktydig met die in die Verenigde State verskyn en dat ons nou dieselfde aanbiedinge gebruik, waar moontlik.
-
-
Diensrapport vir JanuarieKoninkryksbediening — 1985 | April
-
-
Diensrapport vir Januarie
Aantal Hulp- Gew.
verk. pio. pio.
Botswana 419 9 21
Lesotho 755 15 51
St. Helena (Des.) 96 - -
SWA 321 4 7
Swaziland 736 22 25
Suid-Afrika 35,956 793 1,850
-