-
AborsieRedenering uit die Skrif
-
-
Is ’n aborsie geregverdig omdat ’n dokter meen dat dit vir die moeder nadelig sal wees as haar swangerskap die volle termyn duur?
Doktersopinies is soms verkeerd. Sou dit reg wees om iemand om die lewe te bring omdat hy miskien sy medemens sal benadeel? As daar ten tye van die geboorte tussen die lewe van die moeder en dié van die kind gekies moet word, berus die keuse by die betrokke individue. Maar vooruitgang in mediese prosedures in baie lande het hierdie situasie baie seldsaam gemaak.
As iemand sê—
‘Maar ek het die reg om te besluit oor sake wat my eie liggaam raak’
Jy kan antwoord: ‘Ek kan begryp hoe u voel. Vandag word ons regte so dikwels deur ander vertrap; baie gee glad nie om wat met ander gebeur nie. Maar die Bybel voorsien riglyne wat ons kan beskerm. Om die voordele te ontvang, moet ons egter ook die verantwoordelikhede aanvaar.’ Dan kan jy byvoeg: (1) ‘Baie moeders word verstoot deur die manne wat hulle kinders verwek het. Maar in ’n huis waar die man sowel as die vrou volgens Bybelstandaarde lewe, sal die man werklik sy vrou en kinders liefhê en lojaal by hulle bly en vir hulle sorg (1 Tim. 5:8; Ef. 5:28-31).’ (2) ‘As ons egter self daardie soort liefde en eerbied wil ontvang, moet ons ook Bybelstandaarde in ons gesindheid teenoor die lede van ons gesin toepas. Hoe sê die Bybel moet ons die kinders beskou waaraan ons die lewe skenk? (Ps. 127:3; vergelyk Jesaja 49:15.)’
-
-
Adam en EvaRedenering uit die Skrif
-
-
Adam en Eva
Definisie: Adam was die eerste menseskepsel. Die Hebreeuse woord ’a·damʹ word tereg ook met “man”, “aardse mens” en “mensdom” vertaal. Eva, die eerste vrou, was Adam se eggenote.
Was Adam en Eva bloot sinnebeeldige (denkbeeldige) persone?
Is dit onredelik om te glo dat ons almal van dieselfde oorspronklike ouers af kom?
“Die wetenskap bevestig nou wat die meeste groot gelowe al lank verkondig: Menslike wesens van alle rasse . . . stam van dieselfde eerste man af.”—Heredity in Humans (Philadelphia en New York, 1972), Amram Scheinfeld, bl. 238.
“Die Bybelverhaal van Adam en Eva, vader en moeder van die hele menslike geslag, het eeue gelede dieselfde waarheid vertel wat die wetenskap vandag aandui: dat al die volke van die aarde een enkele familie is en ’n gemeenskaplike oorsprong het.”—The Races of Mankind (New York, 1978), Ruth Benedict en Gene Weltfish, bl. 3.
Hand. 17:26, NAV: “Uit een mens het [God] al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon.”
Stel die Bybel Adam bloot voor as ’n sinnebeeldige persoon wat al die lede van die vroeë mensdom afbeeld?
Jud. 14: “Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer.” (Henog was nie die sewende van al die lede van die vroeë mensdom af nie.)
Luk. 3:23-38: “Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was . . . die seun van Dawid . . . die seun van Abraham . . . die seun van Adam.” (Dawid en Abraham is alombekende geskiedkundige persone. Is dit dus nie redelik om die gevolgtrekking te maak dat Adam ’n werklike persoon was nie?)
Gen. 5:3: “Toe Adam honderd-en-dertig jaar oud was, het hy ’n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.” (Set is beslis nie deur alle vroeë manne verwek nie, en ook nie alle vroeë manne het op die ouderdom van 130 jaar seuns verwek nie.)
Moet die verhaal sinnebeeldig wees omdat dit sê dat ’n slang met Eva gepraat het?
Gen. 3:1-4: “Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? En die vrou antwoord die slang: . . . God [het] gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe. Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie.”
Joh. 8:44, NAV: “[Jesus het gesê:] Die duiwel . . . is ’n leuenaar en die vader van die leuen.” (Die eerste leuen, wat in Eden vertel is, het dus by die Duiwel ontstaan. Hy het die slang as ’n sigbare spreekbuis gebruik. Die Genesisverslag gebruik nie denkbeeldige skepsele om ’n les te leer nie. Kyk ook Openbaring 12:9.)
Ter toeligting: Dit is nie buitengewoon vir ’n buikspreker om dit te laat klink of sy stem uit ’n ander bron kom nie. Vergelyk Numeri 22:26-31, wat vertel hoedat Jehovah Bileam se eselin laat praat het.
Gestel “die eerste mens, Adam” was bloot sinnebeeldig. Wat dan van “die laaste Adam”, Jesus Christus?
1 Kor. 15:45, 47: “So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ’n lewende siel geword; die laaste Adam ’n lewendmakende Gees. . . . Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.” (As iemand dus ontken dat Adam ’n werklike persoon was wat teen God gesondig het, twyfel hy eintlik aan die bestaan van Jesus Christus. Sodanige ontkenning lei tot die verwerping van die rede waarom dit vir Jesus nodig was om sy lewe vir die mensdom af te lê. As ’n mens dit verwerp, verloën jy die Christelike geloof.)
Hoe het Jesus self die Genesisverslag beskou?
Matt. 19:4, 5: “[Jesus] sê: Het julle nie [in Genesis 1:27; 2:24] gelees dat Hy wat hulle [Adam en Eva] gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees . . . ?” (Jesus het geglo dat die Genesisverslag feitlik is. Moet ons dit dan nie ook glo nie?)
As iemand sê—
‘Adam se sonde was God se wil, God se plan’
Jy kan antwoord: ‘Baie mense dink so. Maar sal u my
-