-
ArmageddonRedenering uit die Skrif
-
-
Wie se invloed dryf die nasies na die wêreldsituasie wat op oorlog teen God gaan uitloop?
Openb. 16:13, 14: “Ek het uit die bek van die draak [Satan die Duiwel; Openb. 12:9] en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom. Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.”
Vergelyk Lukas 4:5, 6; 1 Johannes 5:19; ook Handelinge 5:38, 39; 2 Kronieke 32:1, 16, 17.
-
-
Babilon die GroteRedenering uit die Skrif
-
-
Babilon die Grote
Definisie: Die wêreldryk van valse godsdiens, wat alle gelowe insluit waarvan die leerstellings en gebruike nie strook met die ware aanbidding van Jehovah, die enigste ware God, nie. Na die Vloed van Noag se dag het valse godsdiens sy ontstaan by Babel (later bekend as Babilon) gehad (Gen. 10:8-10; 11:4-9). Mettertyd het Babiloniese godsdiensopvattings en -gebruike na baie lande versprei. Babilon die Grote het dus ’n gepaste naam geword vir valse godsdiens in sy geheel.
Watter getuienis dui op die identiteit van Babilon die Grote, soos in Openbaring vermeld?
Dit kon nie die antieke stad Babilon wees nie. Openbaring is aan die einde van die eerste eeu G.J. geskryf en beskryf gebeure tot in ons dag. The Encyclopedia Americana sê: “Die stad [Babilon] is in 539 v.C. deur die Perse onder Kores die Grote verower. Later het Alexander die Grote beplan om Babilon die hoofstad van sy oostelike ryk te maak, maar na sy dood het Babilon geleidelik sy belangrikheid verloor” (1956, Dl. III, bl. 7). Vandag is die stad ’n verlate puinhoop.
In die simboliek van Openbaring word Babilon die Grote ’n “groot stad”, ’n koninkryk wat oor ander konings heerskappy voer, genoem (Openb. 17:18). Net soos ’n stad sou dit
-