-
DoodRedenering uit die Skrif
-
-
verband met u kinders toepas. U waarsku hulle teen dinge wat die dood tot gevolg kan hê. Jehovah doen vandag dieselfde vir die hele mensdom.’ (3) ‘Jehovah weet wat die toekoms inhou. Deur middel van die Bybel deel hy ons mee hoe ons ’n veel langer lewe kan geniet as die mense wat ignoreer wat hy sê (Joh. 17:3; Spr. 12:28).’ (Kyk ook onder “Noodlot”.)
-
-
DoopRedenering uit die Skrif
-
-
Doop
Definisie: Die woord “doop” vertaal die Griekse woord ba·ptiʹzein, wat beteken “indompel, onderdompel” (A Greek-English Lexicon, deur Liddell en Scott). Christelike waterdoop is ’n uiterlike simbool dat die dopeling hom volkome, onvoorwaardelik en sonder voorbehoud deur Jesus Christus toegewy het om die wil van Jehovah God te doen. Die Skrif praat onder meer ook van die doop van Johannes, doop met die heilige gees en doop met vuur.
Huiwer mense wat werklik God se Woord glo om hulle te laat doop?
Matt. 28:19: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”
Hand. 2:41: “Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop.”
Hand. 8:12: “Toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.”
Hand. 8:36-38: “Terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die [Ethiopiese] hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? . . . En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en . . . Filippus . . . het hom gedoop.”
Christelike waterdoop—deur besprinkeling of algehele onderdompeling?
Mark. 1:9, 10: “Jesus . . . is deur Johannes in die Jordaan [rivier] gedoop [“ondergedompel”, ED, Ro]. En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur.”
Hand. 8:38: “Hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop [“ondergedompel”, ED, Ro].”
Het die eerste-eeuse Christene babas gedoop?
Matt. 28:19: “Gaan dan heen, maak dissipels . . . en doop hulle.”
Hand. 8:12: “Toe hulle Filippus geglo het, . . . is hulle gedoop, manne sowel as vroue.”
Maar later het Origenes (185-254 G.J.) geskryf: “Dit is die gebruik van die kerk om selfs babas te doop” (Selections From the Commentaries and Homilies of Origen, Madras, Indië; 1929, bl. 211). Die gebruik is deur die Derde Konsilie van Carthago (253 G.J.) bekragtig.
Godsdiensgeskiedskrywer Augustus Neander het geskryf: “Geloof en doop is altyd met mekaar verbind; en daarom is dit hoogs waarskynlik . . . dat die gebruik om kinders te doop in hierdie tydperk [in die eerste eeu] onbekend was. . . . Die feit dat dit eers in die loop van die derde eeu as ’n apostoliese tradisie erken is, is eerder bewys teen as vir die erkenning van die apostoliese oorsprong daarvan.”—History of the Planting and Training of the Christian Church by the Apostles (New York, 1864), bl. 162.
Het Christelike waterdoop vergifnis van sondes tot gevolg?
1 Joh. 1:7: “Die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.” (Dit is dus nie die doopwater nie, maar die bloed van Jesus wat ons van sonde reinig.)
Matt. 3:11: “Ek [Johannes die Doper] doop julle wel met water tot bekering; maar Hy [Jesus Christus] wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie.” (Vers 5 en 6, asook Handelinge 13:24, toon dat Johannes se doop nie vir alle mense bedoel was nie, maar vir die Jode alleen. Waarom? Vanweë die Jode se sondes teen die Wetsverbond en om hulle vir Christus voor te berei.)
-