-
VoorouervereringRedenering uit die Skrif
-
-
gebod met ’n belofte—sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.” (Kinders wat in Bybelbeginsels onderrig is, toon sulke eer wat hulle ouers se harte verbly terwyl hulle ouers nog lewe.)
Spr. 23:22: “Luister na jou vader wat jou verwek het, en verag jou moeder nie as sy oud geword het nie.”
1 Tim. 5:4: “As ’n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle eers leer om teenoor hulle eie huis eerbied te betoon en vergelding te doen aan hulle ouers; want dit is goed en aangenaam voor God.”
Waar kom die boodskappe in werklikheid vandaan wanneer mediums beweer dat hulle boodskappe van die dode oordra?
Jes. 8:19: “As hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel—moet ’n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?” (Sou God ons teen so ’n gebruik waarsku as dit ons werklik met ons dierbares in aanraking gebring het?)
Hand. 16:16: “Terwyl ons op pad was na die bidplek, kom ’n slavin met ’n waarsêende gees [“demon”, NW] ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het.”
Kyk ook bladsye 387-389, onder “Spiritisme”.
Wie moet ons aanbid?
Luk. 4:8: “Jesus antwoord en sê vir hom: . . . Daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”
Joh. 4:23, 24: “Daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.”
Watter hoop bestaan daar dat gesinslede, die wat gesterf het inkluis, in die toekoms verenig sal word?
Joh. 5:28, 29: “Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ’n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.”
-
-
VroueRedenering uit die Skrif
-
-
Vroue
Definisie: Volwasse, vroulike mense. In Hebreeus is die woord vir vrou ’isj·sjaʹ, wat letterlik “’n mannin” beteken.
Verlaag die Bybel vroue of stel dit hulle as minderwaardige persone voor?
Gen. 2:18: “Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak wat by hom pas.” (God beskryf die man hier nie as ’n beter persoon as die vrou nie. God het eerder getoon dat die vrou eienskappe sou besit wat dié van die man in God se reëling sou aanvul. ’n Komplement is een van twee wedersyds aanvullende dele. As ’n groep munt vroue gevolglik in sekere hoedanighede en vermoëns uit; manne in ander. Vergelyk 1 Korinthiërs 11:11, 12.)
Gen. 3:16: “Aan die vrou het [God] gesê: . . . Na jou man sal jou begeerte wees, en hý sal oor jou heers.” (Hierdie deklarasie nadat Adam en Eva gesondig het, was nie ’n verklaring van wat mans moes doen nie, maar wat Jehovah geweet het hulle sou doen noudat selfsug ’n deel van die mens se lewe geword het. ’n Hele aantal Bybelverhale vertel daarna van die uiters ongelukkige situasies wat ontstaan het weens sulke selfsugtige oorheersing deur mans. Maar die Bybel sê nie dat God sulke gedrag goedgekeur het of dat dit ’n navolgenswaardige voorbeeld is nie.)
-