Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Adam en Eva
    Redenering uit die Skrif
    • veroordeel as ek iets doen wat u wou hê ek moes doen? . . . As dit God se wil was dat Adam moes sondig, waarom is Adam dan as ’n sondaar uit Eden verdryf? (Gen. 3:17-19, 23, 24).’

      Of jy kan sê: ‘Dit is ’n interessante gedagte, en die antwoord lê opgesluit in die soort persoon wat God is. Sou dit regverdig of liefdevol wees om ’n persoon te veroordeel omdat hy iets gedoen het wat jy beplan het hy moes doen?’ Dan kan jy byvoeg: (1) ‘Jehovah is ’n God van liefde (1 Joh. 4:8). Al sy weë is regverdig (Ps. 37:28; Deut. 32:4). Dit was nie God se wil dat Adam moes sondig nie; hy het Adam daarteen gewaarsku (Gen. 2:17).’ (2) ‘God het Adam wel toegelaat om te besluit wat hy wou doen, net soos hy ons toelaat om te besluit. Volmaaktheid het die mens nie die keuse ontneem om ongehoorsaam te wees nie. Adam het verkies om teen God in opstand te kom, ondanks die waarskuwing dat dit die dood tot gevolg sou hê.’ (Kyk ook bladsye 312, 313.)

  • Afvalligheid
    Redenering uit die Skrif
    • Afvalligheid

      Definisie: Afvalligheid is die versaking van die aanbidding en diens van God, in werklikheid ’n opstand teen Jehovah God. Sommige afvalliges bely dat hulle God ken en dien, maar verwerp leerstellings of vereistes wat in sy Woord uiteengesit word. Ander beweer dat hulle die Bybel glo, maar verwerp Jehovah se organisasie.

      Moet ons verwag dat afvalliges in die Christengemeente sal opstaan?

      1 Tim. 4:1: “Die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang.”

      2 Thess. 2:3: “Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers [voor die dag van Jehovah] moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf.”

      Enkele kenmerke van afvalliges—

      Hulle probeer om ander hulle volgelinge te maak en veroorsaak sodoende sektariese verdeeldheid

      Hand. 20:30: “Uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.”

      2 Pet. 2:1, 3: “Daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën . . . en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek.”

      Hulle bely moontlik dat hulle in Christus glo, maar hulle neem die predikings- en onderrigtingswerk wat hy aan sy volgelinge opgedra het ligtelik op

      Luk. 6:46: “Wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?”

      Matt. 28:19: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle . . . en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”

      Matt. 24:14: “Hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.”

      Hulle beweer moontlik dat hulle God dien, maar verwerp sy verteenwoordigers, sy sigbare organisasie

      Jud. 8, 11: “Tog besoedel ook hierdie mense net so in hulle dromerye die vlees en verag die heerskappy en laster die heerlike wesens. . . . Wee hulle, want hulle het . . . in die verset van Korag omgekom.”

      Num. 16:1-3, 11, 19-21: “Korag . . . het opgestaan . . . saam met tweehonderd-en-vyftig man uit die kinders van Israel, owerstes van die vergadering . . . En hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en aan hulle gesê: Dit is nou genoeg; want die hele vergadering, hulle almal, is heilig; en die HERE is in hulle midde! Waarom verhef julle jul dan oor die vergadering van die HERE? . . . [Moses het gesê:] Jy en jou hele bende is mense wat teen die HERE vergader; want Aäron, wat is hy, dat julle teen hom murmureer? . . . En Korag het die hele vergadering teen hulle bymekaar laat kom by die ingang van die tent van samekoms. Toe verskyn die heerlikheid van die HERE aan die hele vergadering. En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en gesê: Skei julle af van hierdie vergadering, en Ek sal hulle in ’n oomblik verteer.”

      Hulle versaak nie alleen die ware geloof nie, maar hulle “slaan” dan hulle voormalige metgeselle deur openbare kritiek en ander metodes te gebruik om hulle werk te bemoeilik; die pogings van sulke afvalliges is daarop gemik om af te breek, nie om op te bou nie

      Matt. 24:45-51: “Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee? . . . Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom—en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink, dan sal die heer van dié dienskneg kom op ’n dag dat hy dit nie verwag nie en op ’n uur dat hy dit nie weet nie; en sal hom pynig en hom ’n deelgenoot van die geveinsdes maak.”

      2 Tim. 2:16-18: “Die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid, en hulle woord sal voortwoeker soos ’n kanker, onder wie daar Himeneüs en Filetus is, wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.”

      Moet getroue Christene afvalliges in hulle teenwoordigheid verwelkom, hetsy persoonlik of deur hulle lektuur te lees?

      2 Joh. 9, 10: “Elkeen wat ’n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. . . . As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.”

      Rom. 16:17, 18: “Ek vermaan julle, broeders, hou hulle in

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel