-
AfvalligheidRedenering uit die Skrif
-
-
jou hele bende is mense wat teen die HERE vergader; want Aäron, wat is hy, dat julle teen hom murmureer? . . . En Korag het die hele vergadering teen hulle bymekaar laat kom by die ingang van die tent van samekoms. Toe verskyn die heerlikheid van die HERE aan die hele vergadering. En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en gesê: Skei julle af van hierdie vergadering, en Ek sal hulle in ’n oomblik verteer.”
Hulle versaak nie alleen die ware geloof nie, maar hulle “slaan” dan hulle voormalige metgeselle deur openbare kritiek en ander metodes te gebruik om hulle werk te bemoeilik; die pogings van sulke afvalliges is daarop gemik om af te breek, nie om op te bou nie
Matt. 24:45-51: “Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee? . . . Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom—en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink, dan sal die heer van dié dienskneg kom op ’n dag dat hy dit nie verwag nie en op ’n uur dat hy dit nie weet nie; en sal hom pynig en hom ’n deelgenoot van die geveinsdes maak.”
2 Tim. 2:16-18: “Die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid, en hulle woord sal voortwoeker soos ’n kanker, onder wie daar Himeneüs en Filetus is, wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.”
Moet getroue Christene afvalliges in hulle teenwoordigheid verwelkom, hetsy persoonlik of deur hulle lektuur te lees?
2 Joh. 9, 10: “Elkeen wat ’n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. . . . As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.”
Rom. 16:17, 18: “Ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. . . . Hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.”
Sal dit ’n mens skaad as jy jou nuuskierigheid oor die denke van afvalliges bevredig?
Spr. 11:9: “Deur die mond stort die roekelose [“afvallige”, NW] sy naaste in die verderf.”
Jes. 32:6: “’n Dwaas spreek dwaasheid en sy hart bring onheil voort, deur goddeloosheid [“afvalligheid”, NW] te bedrywe en dwaling te spreek oor die HERE, deur die begeerte van die hongerige onvervuld te laat en die drank van die dorstige te laat ontbreek.” (Vergelyk Jesaja 65:13, 14.)
Hoe ernstig is afvalligheid?
2 Pet. 2:1: “Valse leraars sal . . . verderflike ketterye heimlik . . . invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ’n vinnige verderf oor hulleself bring.”
Job 13:16, NW: “Voor sy [God se] aangesig sal geen afvallige kom nie.”
Hebr. 6:4-6: “Dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.”
-
-
AntichrisRedenering uit die Skrif
-
-
Antichris
Definisie: Antichris beteken teen of in plaas van Christus. Die uitdrukking is van toepassing op almal wat loën wat die Bybel oor Jesus Christus sê, almal wat teen sy Koninkryk gekant is en almal wat sy volgelinge mishandel. Dit sluit ook individue, organisasies en nasies in wat valslik beweer dat hulle Christus
-