-
SielRedenering uit die Skrif
-
-
vernietig kon word onder die oë gesien. Die dood was ’n oorgang na ’n ander soort lewe.”—The Religion of Babylonia and Assyria (Boston, 1898), M. Jastrow jr., bl. 556.
Kyk ook bladsye 86-88, onder “Dood”.
-
-
SkeppingRedenering uit die Skrif
-
-
Skepping
Definisie: Die skepping, soos dit in die Bybel verduidelik word, beteken dat die almagtige God die heelal, met inbegrip van ander geespersone en al die basiese lewensvorme op die aarde, ontwerp en in aansyn geroep het.
Is dit in hierdie moderne wetenskaplike wêreld redelik om aan die skepping te glo?
“Die natuurwette van die heelal is so presies dat dit vir ons geen probleem is om ’n ruimteskip te bou en maan toe te stuur en om die tydsberekening van die vlug sekuur tot ’n breukdeel van ’n sekonde te bepaal nie. Iemand moes hierdie wette daargestel het.”—Die woorde van Wernher von Braun, wat baie gehelp het om Amerikaanse ruimtevaarders na die maan te stuur.
Die fisiese heelal: Gestel jy het op ’n presisie-uurwerk afgekom. Sou jy dan die gevolgtrekking maak dat dit gevorm is toe ’n klomp stofdeeltjies toevallig bymekaar gewaai is? Dit is klaarblyklik deur iemand met intelligensie gemaak. Daar is ’n selfs wonderliker “uurwerk”. Die planete in ons sonnestelsel, asook die sterre in die heelal, beweeg met groter presisie as die meeste horlosies wat deur die mens ontwerp en gemaak is. Die melkweg waarin ons sonnestelsel geleë is, sluit meer as 100 miljard sterre in, en sterrekundiges skat dat daar 100 miljard sulke melkweë in die heelal is. As ’n horlosie bewys van intelligente ontwerp is, hoeveel te meer dan nie die oneindig groter en ingewikkelder heelal nie! Die Bybel beskryf die Ontwerper daarvan as “God, die HERE, wat die hemele geskape en hulle uitgesprei het”.—Jes. 42:5; 40:26; Ps. 19:2.
Die planeet Aarde: Sou jy, indien jy tydens ’n reis deur
-