-
SkeppingRedenering uit die Skrif
-
-
Is alle fisiese dinge êrens gedurende die afgelope 6 000 tot 10 000 jaar in net ses dae geskape?
Die feite strook nie met so ’n gevolgtrekking nie: (1) Lig vanaf die Andromeda-newel kan op ’n helder aand in die noordelike halfrond gesien word. Dit duur sowat 2 000 000 jaar vir daardie lig om die aarde te bereik, ’n feit wat daarop dui dat die heelal ten minste miljoene jare oud moet wees. (2) Die eindprodukte van radio-aktiewe verval in rotse in die aarde getuig dat sommige rotsformasies al duisendmiljoene jare lank ongesteurd lê.
Genesis 1:3-31 bespreek nie die oorspronklike skepping van materie of van die hemelliggame nie. Dit beskryf die voorbereiding van ’n aarde wat reeds bestaan het vir bewoning deur mense. Dit het die skepping van die basiese soorte plante, seediere, vlieënde skepsele, landdiere en die eerste mensepaar ingesluit. Dit het volgens die verslag oor ’n tydperk van ses “dae” plaasgevind. Maar die Hebreeuse woord wat met “dag” vertaal word, het ’n verskeidenheid betekenisse, onder meer ‘’n lang tyd; die tydsduur van ’n buitengewone gebeurtenis’ (Old Testament Word Studies, Grand Rapids, Mich.; 1978, W. Wilson, bl. 109). Die woord wat gebruik word, sluit nie die moontlikheid uit dat elke “dag” duisende jare lank kon wees nie.
-
-
SondeRedenering uit die Skrif
-
-
Sonde
Definisie: Volgens die Hebreeuse en Griekse Bybeltekste beteken dit letterlik ‘te kort skiet’. God self stel die standaard wat sy intelligente skepsele moet bereik. As daar te kort geskiet word, is dit sonde, wat ook ongeregtigheid of wetteloosheid is (Rom. 3:23; 1 Joh. 5:17; 3:4). Sonde is enigiets wat nie in harmonie is met God se persoonlikheid, standaarde, weë en wil nie, alles dinge wat heilig is. Dit kan verkeerde gedrag wees, die versuim om te doen wat gedoen moet word, goddelose woorde, onrein gedagtes, of selfsugtige begeertes of beweegredes. Die Bybel tref ’n onderskeid tussen oorgeërfde sonde en moedswillige sonde, tussen ’n sondige daad waaroor ’n persoon berou het en die beoefening van sonde.
-