-
Inleidings vir gebruik in die veldbedieningRedenering uit die Skrif
-
-
van die toekoms met ons bure bespreek. Is dit hoe u probeer om die lewe te beskou? . . . Vind u dat sommige situasies dit moeilik maak om dit te doen? . . . Ek het gevind dat die Bybel op hierdie gebied baie nuttig is. Dit gee ’n realistiese beskrywing van die toestande wat in ons dag bestaan, maar dit verduidelik ook die betekenis daarvan en vertel vir ons wat die uitslag sal wees (Luk. 21:28, 31).’
● ‘Hallo. My naam is——. Wat is joune? . . . Ek spoor jongmense soos jy aan om ondersoek in te stel na die wonderlike toekoms wat die Bybel aan ons voorhou. (Lees ’n teks, soos Openbaring 21:3, 4.) Klink dit vir jou goed?’
TUISBYBELSTUDIE
● ‘Ek besoek u om u ’n gratis tuisbybelkursus aan te bied. As ek mag, wil ek net ’n paar minute gebruik om te demonstreer hoe mense in meer as 200 lande die Bybel tuis as gesinsgroepe bespreek. Ons kan enige van hierdie onderwerpe as grondslag vir ons bespreking gebruik. (Toon die inhoudsopgawe van die studieboek.) In watter een stel u veral belang?’
● ‘Ons wys hierdie Bybelstudiehulp vir ons bure. (Vertoon dit.) Het u dit al gesien? . . . As u net ’n paar minute het, sal ek graag vir u wil demonstreer hoe dit saam met u Bybel gebruik kan word.’
WERKGELEENTHEDE/BEHUISING
● ‘Ons het met u bure gesels oor wat gedoen kan word om te verseker dat almal werk en ’n dak oor hulle kop het. Glo u dat dit redelik is om te verwag dat menseregerings dit sal regkry? . . . Maar daar is iemand wat weet hoe om hierdie probleme op te los; dit is die mensdom se Skepper (Jes. 65:21-23).’
● ‘Ons bespreek ’n gedagte oor goeie regering met ons bure. Die meeste mense wil graag die soort regering hê wat vry van verdorwenheid is, een wat vir almal werk en goeie behuising voorsien. Watter soort regering meen u kan al daardie dinge doen? . . . (Ps. 97:1, 2; Jes. 65:21-23).’ (Kyk ook bladsye 348-352, onder “Regering”.)
WANNEER BAIE MENSE SÊ: ‘EK HET MY EIE GELOOF’
● ‘Goeiemôre. Ons besoek al die gesinne in hierdie blok (of, in hierdie gebied), en ons vind dat die meeste van hulle hulle eie geloof het. U het ongetwyfeld ook. . . . Maar ongeag ons geloof het ons met baie van dieselfde probleme te kampe—die lewensduurte, misdadigheid, siekte—nie waar nie? . . . Meen u dat daar werklik ’n oplossing vir hierdie dinge is? . . . (2 Pet. 3:13; ens.).’
WANNEER BAIE MENSE SÊ: ‘EK IS BESIG’
● ‘Hallo. Ons besoek almal in hierdie buurt met ’n belangrike boodskap. U is ongetwyfeld ’n besige persoon, en daarom sal ek my saak kortliks stel.’
● ‘Goeiendag. My naam is——. Die doel van my besoek is om die seëninge van God se Koninkryk met u te bespreek en vir u te toon hoe ons daarin kan deel. Maar ek kan sien dat u besig is (of, op pad uit is). Ek wil graag net kortliks vir u iets meld.’
IN GEBIED WAT DIKWELS GEDEK WORD
● ‘Ek is bly om u tuis te kry. Ons doen ons weeklikse besoek in die omgewing, en ons het nog iets wat ons met u wil bespreek oor die wonderlike dinge wat God se Koninkryk vir die mensdom gaan doen.’
● ‘Hallo. Dit is goed om u weer te sien. . . . Is die gesin gesond? . . . Ek het ingeloer om ’n gedagte oor . . . met u te bespreek.’
● ‘Goeiemôre. Hoe gaan dit? . . . Ek het uitgesien na nog ’n geleentheid om met u te kan gesels. (Meld dan die betrokke onderwerp wat jy wil bespreek.)’
-
-
Hoe jy kan reageer op potensiële gesprekdempersRedenering uit die Skrif
-
-
Hoe jy kan reageer op potensiële gesprekdempers
Kommentaar: Mense se lewensvooruitsigte hang af van hulle gesindheid teenoor Jehovah God en sy Koninkryk in die hande van Christus Jesus. Die boodskap oor God se Koninkryk is aangrypend, en dit wys op die enigste betroubare hoop vir die mensdom. Dit is ’n boodskap wat lewens verander. Ons wil hê dat almal dit moet hoor. Ons besef dat slegs ’n minderheid dit met waardering sal aanneem, maar ons weet dat mense dit ten minste moet hoor voordat hulle ’n oorwoë keuse sal kan doen. Nie almal is egter bereid om te luister nie, en ons probeer nie om hulle te dwing om te luister nie. Maar met goeie oordeel is dit dikwels moontlik om potensiële gesprekdempers te verander in geleenthede vir verdere bespreking. Hier is voorbeelde van wat sommige ervare Getuies sê in hulle poging om verdienstelike persone te vind (Matt. 10:11). Ons beveel nie aan dat jy enige van hierdie antwoorde uit die hoof leer nie, maar dat jy die gedagte snap, dit in jou eie woorde stel en op ’n manier oordra wat getuig van jou opregte
-