Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Dwelms
    Redenering uit die Skrif
    • Dit is belangrik om oortuig te wees van die erns van hierdie gebruike en om ware haat daarvoor te kweek (Ps. 97:10). Dit kan gedoen word deur die feite in hierdie deel van die boek te hersien en na te dink, nie oor die tydelike genot wat die gebruike nou kan verskaf nie, maar oor wat God behaag en hoe walglik die gevolge van die slegte gebruike is.

      Bid ernstig tot God om hulp as jy ’n sterk begeerte kry om te rook of om een van die ander dwelms te gebruik. (Luk. 11:9, 13; vergelyk Filippense 4:13, NW.) Doen dit dadelik. Neem ook jou Bybel en lees hardop daaruit of tree in verbinding met ’n ryp Christen. Vertel vir hom wat gebeur en vra hom om hulp.

  • Evolusie
    Redenering uit die Skrif
    • Evolusie

      Definisie: Organiese evolusie is die teorie dat die eerste lewende organisme uit lewelose materie ontwikkel het. Toe, namate dit voortgeplant het, het dit glo in verskillende soorte lewende dinge verander totdat dit eindelik alle vorme van plante- en dierelewe wat al ooit op hierdie aarde bestaan het, voortgebring het. Daar word gesê dat dit alles plaasgevind het sonder die bonatuurlike tussenkoms van ’n Skepper. Sommige mense probeer om geloof in God met evolusie te versoen deur te sê dat God deur middel van evolusie geskep het, dat hy die eerste primitiewe lewensvorme gemaak het en dat hoër lewensvorme, die mens inkluis, deur middel van evolusie voortgebring is. Nie ’n Bybelleerstelling nie.

      Is evolusie werklik wetenskaplik?

      Die “wetenskaplike metode” is soos volg: Neem waar wat gebeur; vorm op grond van hierdie waarnemings ’n teorie oor wat moontlik waar is; beproef die teorie deur verdere waarnemings en deur eksperimente; en kyk of die voorspellings wat op die teorie gebaseer is, bewaarheid word. Is dit die metode wat gevolg word deur diegene wat aan evolusie glo en dit verkondig?

      Sterrekundige Robert Jastrow sê: “Tot hulle ergernis het [wetenskaplikes] geen duidelike antwoord nie, want chemici het nog nooit daarin geslaag om die natuur se eksperimente

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel