-
Gees van die wêreldRedenering uit die Skrif
-
-
om te aanbid in die verkeerde rigting stuur (2 Kor. 4:4). Sommige heersers word as gode bejeën (Hand. 12:21-23). Miljoene buig voor afgode neer. Nog miljoene verafgood verhoogkunstenaars en sporthelde. Vierings gee individuele mense dikwels te veel eer. Hierdie gees is so algemeen dat diegene wat Jehovah waarlik liefhet en uitsluitlike toewyding aan hom wil gee elke dag op hulle hoede moet wees teen die invloed daarvan.
-
-
GeloofRedenering uit die Skrif
-
-
Geloof
Definisie: “Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie” (Hebr. 11:1). Ware geloof is nie liggelowigheid nie, dit wil sê, die neiging om iets sonder gegronde getuienis te glo of net omdat ’n persoon dit so verkies nie. Opregte geloof verg basiese of fundamentele kennis, vertroudheid met getuienis, asook hartgrondige besef van wat daardie getuienis aandui. Hoewel dit dus onmoontlik is om ware geloof sonder juiste kennis te hê, sê die Bybel dat ’n mens “met die hart” glo.—Rom. 10:10.
Waarom het baie mense nie geloof nie?
Geloof is ’n vrug van God se gees, en God gee met graagte sy gees aan diegene wat daarna soek (Gal. 5:22, NW; Luk. 11:13). Persone sonder geloof soek dus nie daardie gees nie, of hulle doen dit om ’n verkeerde rede of hulle weerstaan die werking daarvan in hulle lewens. Baie dinge speel ’n rol:
Hulle het ’n gebrek aan juiste Bybelkennis: Die Bybel is ’n produk van God se gees, daar dit deur God geïnspireer is (2 Tim. 3:16, 17; 2 Sam. 23:2). As ’n mens in gebreke bly om dit te bestudeer, verhinder dit die ontwikkeling van ware geloof. Al het kerklidmate Bybels, sal hulle nie ware geloof in God en sy voorneme hê as hulle die idees van mense in plaas van die Woord van God geleer is nie. Hulle sal geneig wees om op hulle eie idees en die van ander mense staat te maak om lewensprobleme op te los.—Vergelyk Mattheüs 15:3-9.
Hulle is ontnugter deur godsdiens: Baie is ontnugter deur die geveinsdheid van die kerke van die Christendom, wat beweer dat hulle God se Woord verkondig maar nie lewe volgens wat dit sê nie. Ander was aanhangers van ’n nie-Christelike geloof, maar hulle het die slegte vrugte van die gebruike daarvan gesien of gevind dat hulle opvattings hulle nie werklik gehelp het om die lewensprobleme die hoof te bied nie. Omdat hulle nie juiste kennis van die ware God het nie, keer sulke persone hulle af van enigiets wat met godsdiens te doen het.—Vergelyk Romeine 3:3, 4; Mattheüs 7:21-23.
Hulle verstaan nie waarom God goddeloosheid toegelaat het nie: Die meeste mense verstaan nie waarom God goddeloosheid toegelaat het nie en beskuldig hom gevolglik van al die slegte dinge wat gebeur. Hulle besef nie dat die mens se neiging tot boosheid nie aan God se wil te wyte is nie, maar aan Adam se sonde (Rom. 5:12). Hulle is dalk nie bewus van die bestaan van Satan die Duiwel en sy invloed op wêreldaangeleenthede nie, en daarom skryf hulle die gemene dinge wat deur Satan gedoen word aan God toe (1 Joh. 5:19; Openb. 12:12). Indien hulle in ’n mate van hierdie dinge bewus is, meen hulle dalk dat God traag is om op te tree, omdat hulle nie die geskil oor universele soewereiniteit duidelik insien nie en nie begryp dat God se geduld tot vandag toe hulle ’n onverdiende geleentheid bied om gered te word nie (Rom. 2:4; 2 Pet. 3:9). Hulle besef ook nie ten volle dat God ’n vasgestelde tyd het wanneer hy al die boosdoeners vir ewig gaan vernietig nie.—Openb. 22:10-12; 11:18; Hab. 2:3.
Hulle lewens word deur vleeslike begeertes en beskouings oorheers: Persone met ’n gebrek aan ware geloof gaan in die reël op in die najaging van ander belange. Sommige sê dat hulle die Bybel glo, maar hulle het dit nog nooit behoorlik bestudeer of met waardering nagedink oor wat hulle gelees het, oor die redes daarvoor en hoe dit op die daaglikse lewe van toepassing is nie. (Vergelyk 1 Kronieke 28:9.) In sommige gevalle het hulle nie die geloof wat hulle wel gehad het, gevoed nie, maar eerder toegelaat dat ’n begeerte na onregverdige dinge hulle hart oorheers sodat hulle van God en sy weë afvallig geword het.—Hebr. 3:12.
Hoe kan ’n persoon geloof verkry?
Rom. 10:17: “Die geloof is dus uit die gehoor.” (Vergelyk
-