-
GeloofRedenering uit die Skrif
-
-
Besoek die Koninkryksale van Jehovah se Getuies en woon hulle byeenkomste by, en jy sal self die getuienis sien dat die toepassing van Bybelraad lewens verander, dat dit mense eerlik en moreel onkreukbaar kan maak, dat dit mense van alle rasse en nasionaliteite in staat kan stel om in ’n gees van ware broederskap saam te leef en te werk.
Is werke werklik nodig as ’n mens geloof het?
Jak. 2:17, 18, 21, 22, 26: “Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood. Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof [sonder] jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon. . . . Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie? Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke? . . . Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.”—Vgl. NW, NAV.
Ter toeligting: ’n Jongman maak dalk ’n jongmeisie die hof en sê vir haar dat hy haar liefhet. Maar toon hy werklik dat sy liefde eg is as hy haar nooit vra om met hom te trou nie? Werke is eweneens ’n manier om die egtheid van ons geloof en ons liefde te toon. As ons God nie gehoorsaam nie, het ons hom nie werklik lief nie en glo ons nie werklik in die korrektheid van sy weë nie (1 Joh. 5:3, 4). Maar dit maak nie saak watter werke ons doen nie, ons kan nooit redding verdien nie. Die ewige lewe is ’n gawe van God deur Jesus Christus, nie die loon vir ons werke nie.—Ef. 2:8, 9.
-
-
GenesingRedenering uit die Skrif
-
-
Genesing
Definisie: Die proses waardeur ’n persoon wat liggaamlik, verstandelik of geestelik siek was gesond gemaak word. Sommige van die voorchristelike Hebreeuse profete asook Jesus Christus en sekere lede van die vroeë Christengemeente is deur God se gees in staat gestel om mense wonderdadig te genees.
-